Afkondigings 13 – 20 Julie 2025

Sondag 13 Julie 2025 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Lukas 10:25-37.
  • Die tema van die prediking is: Gaan doen jy dit ook!
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale offer vir Sendelinge wat deur die gemeente ondersteun word by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.

Woensdag 16 Julie 2025 :

  • GEEN Kooroefening gedurende die skoolvakansie nie. Oefening hervat weer op 30 Julie.

Sondag 20 Julie 2025 :

  • Erediens om 10:00 – ds Charné Viljoen.
  • GEEN Kategese.
  • Sinodale offer vir Studentebearbeiding by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Danie Goosen.

Sterftes 2025:

5 Julie – Manie de Lange: Wyk 12B
9 Julie – Sue Conradie: Wyk 5 Hersham
Ons innige meegevoel aan hul familie & vriende.

Bedieninge

Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood

  • Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die derde kwartaal is 23 Julie, 6 & 20 Augustus, 3 & 17 September.
    • Dankie aan almal wat ekstra sop gebring het tydens die 2 maande wat een van ons groot verskaffers uitstedig was. Ons het groot waardering vir u hulp en wil u aanmoedig om steeds sop te bring soos u kan. Daar is ‘n groot behoefte daarvoor.

Resep – 100g sopmengsel, 100g rys, 100g lensies, 150g soja, 1 blokkie aftreksel, 1 pakkie sop. Om gaar te maak roer 3,5 liter water by mengsel en kook tot gaar.

U kan dit skenk in die volgende twee formate:
1. Droë bestanddele in ‘n glas koffiebottel of
2. Gekook en gevries in 2 liter roomysbak.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

  • Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïek projekte) inkleurkryte en -potlode. Dankie by voorbaat vir u deelname.

Ondersteuningsgroep :

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.

Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:

  • Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
  • Hulp met inkopies.
  • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
  • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.

Vir meer inligting kontak: Riana Briers – : Kontak Ons   / Riëtte Jansen van Rensburg – : Kontak Ons  

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – : Kontak Ons  .

Kategese :

Daar is geen Kleuterkerk/Kategese tydens die skoolvakansie nie. Ons begin weer 27 Julie tydens die erediens (10:00-11:00). Kinders 2-5 jaar kom in die konsistorie bymekaar. Kinders Gr R – Gr 11 kom in die kerksaal bymekaar. Vir meer inligting kontak die kerkkantoor.

“Kom ondervind en sien self dat die Here goed is! Dit gaan goed met die mens wat by Hom skuil” (Ps. 34:9 Afr83).

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA ELSEA

Die Mien is ’n etniese minderheidsgroep wat verspreid in die berge van Suidoos-Asië woon. Hulle beoefen sjamanisme en elke dorp het ’n sjamaan wat as brug tussen die menslike- en geesteswêrelde dien. Wanneer dié sjamane Christus aanneem, word hulle en hul gesinne deur hul gemeenskappe verstoot. FEBA ELSEA (Ethnic Languages of Southeast Asia) reis gereeld om sulke luisteraars te besoek vir gebed en bemoediging.

Ons gebed vir die week: Bid dat elke Mien-sjamaan die Goeie Nuus deur FEBA ELSEA se uitsendings sal hoor en dit met hul gemeenskap sal deel.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)

1.  Erediensbediening:
Die skakel na die YouTube Erediens van 13 Julie, gelei deur ds Charné Viljoen, is beskikbaar.

  • Bybelstudiereeks:
  •  Die ‘Skep asem vir vandag’ is elke dag beskikbaar, moet dit nie mis nie.
  •  Vind die Weeklikse: Stof tot nadenke: “Vreugde”.
  • Gemeentenuus:
  • Klub50 se Bingo wenners.
  • Omgeebediening & “Seeds of Hope” se 60+ funksie.
  • Die Afkondigings is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here

Leraars:

Danie Goosen
Charné Viljoen

Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525  ‘
044 620 2205

 e-pos: Kontak Ons             

Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier