Sondag 17 Augustus 2025 :
- Baie welkom by die erediens gelei deur ds Danie Goosen.
- ‘n Spesiale verwelkoming aan sendeling, wat vandag by ons kuier.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Lukas 12:32-40.
- Die tema van die prediking is: Gebalde vuiste en oop hande…
- Kategese (kerksaal) & Kleuterkerk (konsistorie).
- Spesiale offer vir Groenewaldfonds by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
Dinsdag 19 Augustus 2025 :
- Die Kerkraad vergader om 18:00 in die kerksaal onder voorsitterskap van Willem du Preez. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.
Woensdag 20 Augustus 2025 :
- Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – Kontak Ons Alle belangstellendes is welkom.
Vrydag 22 Augustus 2025 :
- “Praise & Worship” om 18:00 vir 18:30 in die kerk.

Sondag 24 Augustus 2025 :
- Erediens om 10:00 – Ds Danie Goosen.
- Kategese (kerksaal) & Kleuterkerk (konsistorie).
- Spesiale offer vir Persone met Gestremdhede (NCPD) by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.



Bedieninge
18-24 Jariges

Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood
Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die derde kwartaal is 20 Augustus en 3 & 17 September.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïek projekte) inkleurkryte en -potlode. Dankie by voorbaat vir u deelname.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.
Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:
- Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
- Hulp met inkopies.
- Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
- Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.
Vir meer inligting kontak:
Riana Briers – Kontak Ons / Riëtte Jansen van Rensburg –Kontak Ons
Omgeebediening :
- Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
- Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
- Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – Kontak Ons
“Toe sê Hy vir sy dissipels: ‘Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid daarom die Here van die oes dat Hy arbeiders uitstuur om sy oes in te samel’” (Matt. 9:37-38 Afr20).
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA se bediening aan Moslems
Die Lausanne-beweging beweer dat daar slegs een Christen-sendeling vir elke 400 000 onbereikte Moslems in die wêreld is. Baie onbereikte Moslems woon in lande met beperkte toegang tot die evangelie, maar radio en digitale media kan hulle nog steeds bereik. FEBA se bediening en uitsendings na Moslem-meerderheid lande soos Pakistan en Niger, sowel as na groot Moslembevolkings in lande soos Rusland en die Filippyne, dra vrug. Ons gebed vir die week: Bid dat FEBA toegelaat sal word om aan te hou uitsaai na Moslems en ’n groot oes vir die Here sal inbring.
24 Oktober 2025: SS- Gemeentekonsert!
Dit beloof om, soos in die verlede, ‘n aand vol pret, stories en lekker lag te wees. Indien jy belangstel om deel te neem, kan jy die kerkkantoor kontak. Sien jou daar.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
1. Erediensbediening:
Die skakel na die YouTube Erediens van 17 Augustus, gelei deur Ds Danie Goosen, is beskikbaar.
Getuienisbediening:
Missie Japan se advertensie vir ‘n geroepe, getroude paar, as voltydse sendelinge vir Japan, kan op die webtuiste gevind word.
Bybelstudiereeks:
- Die ‘Skep asem vir vandag’ is ‘n wonderlike begin vir elke dag.
- Vind die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Vergifnis”.
Gemeentenuus
- Die weeklikse Afkondigings is op die webtuiste, indien u wil seker maak van enigiets.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars:
Danie Goosen
Charné Viljoen
Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525 ‘
044 620 2205
e-pos: Kontak Ons
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



