Afkondigings 6 – 13 Julie 2024

Sondag 6 Julie 2025 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Danie Goosen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit 2 Konings 5:1-14 (2020-vertaling).
  • Die tema van die prediking is: Na wie luister ons?
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.

Woensdag 9 Julie 2025 :

  • GEEN Kooroefening gedurende die skoolvakansie nie. Oefening hervat weer op 23 Julie.

Sondag 13 Julie 2025 :

  • Erediens om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale offer vir Sendelinge wat deur die gemeente ondersteun word by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Julie 2025 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar. 

Bybelblokraai :

Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 25, asook die antwoorde vir nommer 24, is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Verjaarsdae 28
Verjaarsdae 28

Bedieninge

Roomysbakke
Roomysbakke

Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood

  • Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die derde kwartaal is 9 & 23 Julie, 6 & 20 Augustus, 3 & 17 September.
    • Dankie aan almal wat ekstra sop gebring het tydens die 2 maande wat een van ons groot verskaffers uitstedig was. Ons het groot waardering vir u hulp en wil u aanmoedig om steeds sop te bring soos u kan. Daar is ‘n groot behoefte daarvoor.

Resep
100g sopmengsel,
100g rys,
100g lensies,
150g soja,
1 blokkie aftreksel,
1 pakkie sop.
Om gaar te maak roer 3,5 liter water by mengsel en kook tot gaar.

U kan dit skenk in die volgende twee formate:
1. Droë bestanddele in ‘n glas koffiebottel of
2. Gekook en gevries in 2 liter roomysbak.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

  • Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïek projekte) inkleurkryte en -potlode. Dankie by voorbaat vir u deelname.

Ondersteuningsgroep :

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.

Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:

  • Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
  • Hulp met inkopies.
  • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
  • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.

Vir meer inligting kontak:

Riana Briers –  081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

Kategese :

Daar is geen Kategese tydens die skoolvakansie nie. Kategese begin weer 27 Julie en vind plaas tydens die erediens (10:00-11:00). Die kinders kom in die kerksaal bymekaar. Vir meer inligting kontak die kerkkantoor.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. 

Die leraars besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.

Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.

“Met my hele hart wil ek U prys, Here, wil ek van u magtige reddingsdade vertel” (Ps. 9:2 Afr83).

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Soedan

Prys God dat FEBA Soedan se fasiliteite suksesvol opgerig is! Deur Sy genade is die radiostasie, personeelverblyf en ‘n 90-meter hoë toring in slegs drie maande voltooi. FEBA Soedan het ’n potensiële gehoor van sowat 4 miljoen – weens die aantal vlugtelinge in die gebied – maar die span benodig steeds toegewyde en kundige personeel om uitsendings te vervaardig.

Ons gebed vir die week: Bid dat die regte mense by FEBA Soedan sal aansluit en vra vir God se leiding waar hulle nou moet begin inhoud skep om Christus aan hul luisteraars te bring.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za) 6 Julie 2025

1.  Erediensbediening:

Die skakel na die YouTube Erediens van 6 Julie, gelei deur ds Danie Goosen, is beskikbaar.

  • Bybelstudiereeks:
  •  Die ‘Skep asem vir vandag is elke dag beskikbaar, moet dit nie mis nie.
  •  Vind die Weeklikse: Stof tot nadenke: Beproewings”.
  • Gemeentenuus:
  • Die Gebedsgids vir Julie 2025 is beskikbaar op die webtuiste.
  • Die Afkondigings is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.

Leraars:

Danie Goosen
Charné Viljoen

Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525  ‘
044 620 2205

 e-pos: Kontak Ons             

Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier