Sondag 25 Mei 2025 :
- Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Openbaring 21:10&22–22:5 (2020-vertaling).
- Die tema van die prediking is: Die Nuwe Jerusalem.
- Kategese.
- Sinodale offer vir Buitelandse Sending (Zimbabwe/Malawi/Mosambiek) by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
Woensdag 28 Mei 2025 :
- Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 10A (Tergniet-Oos) & 10B (Tergniet-Sentraal & Wes) by Maja Wagener, Luckhoffstraat 2 – 083 476 6147.
- Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751. Alle belangstellendes is welkom.

Donderdag 29 Mei 2025 :
- Hemelvaart Aanddiens om 18:00
- Ds Charné Viljoen.
Sondag 1 Junie 2025 :
- Erediens om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
- Biddag vir Ekologie.
- Kategese.
- Deuroffer tydens Pinkster vir Bybelgenootskap.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na
- afloop van die erediens. Almal welkom.
- Groenkloof preek om 10:00
- Ds Nelis Janse van Rensburg.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Junie 2025 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Verjaarsdae

Dankies Bloedskenking
Die bloedskenking op 22 Mei 2025 het 77 volpinte bloed opgelewer.
Baie dankie vir die 85 mense wat opgedaag het om te skenk, u skenkings kan lewens red. Ons sal u in kennis stel wanneer die volgende geleentheid plaasvind.
Dankies
Dankie aan Isabella Wolmarans en Amos wat saam so hard werk om ons tuine en nissie area mooi te maak. Gaan loer gerus na die nuwe beelde by ons nissie area.

Bedieninge
Omgeebediening :
- Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
- Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters
- 082 327 9527.
Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood
- Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die tweede kwartaal is 4 & 18 Junie.
- Ons grootste sopverskaffer is vir 2 maande uitstedig, ons nooi meer mense uit om asseblief te help met sopvoorsiening vir die volgende 2 maande.
Resep –
100g sopmengsel,
100g rys,
100g lensies,
150g soja,
1 blokkie aftreksel,
1 pakkie sop.
Om gaar te maak roer 3,5 liter water by mengsel en kook tot gaar.
U kan dit skenk in die volgende twee formate:
- Droë bestanddele in ‘n glas koffiebottel of
- Gekook en gevries in 2 liter roomysbak
Behoeftes vir Getuienisprojekte
- Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïek projekte) inkleurkryte en -potlode. Dankie by voorbaat vir u deelname.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.
Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:
- Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
- Hulp met inkopies.
- Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
- Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.
Vir meer inligting kontak:
Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

| BEPERKTE SITPLEKKE! Kaartjies te koop by die kerkkantoor en na kerk by die saal by Johan Smit. |
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Filippyne
Anders-bekwame gelowiges sukkel gereeld om geestelike samesyn te geniet, omdat dit fisies te moeilik is om kerk by te woon. Uitdagings van die alledaagse lewe kan ook uitputtend wees vir hulle en hul geliefdes. Daarom werk FEBA Filippyne saam met die God is Able Foundation – hulle saai programme uit vir diegene wat deur gestremdhede geraak word en kweek daardeur samesyn en ’n begrypende gemeenskap.
Ons gebed vir die week: Bid dat FEBA Filippyne se programme anders-bekwame luisteraars en hul geliefdes sal help om krag en kameraadskap in Christus te vind.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
Mei 2025
- Erediensbediening:
- Die skakel na die YouTube Erediens van 25 Mei, gelei deur ds Charné Viljoen, is beskikbaar.
- Bybelstudiereeks:
- Die Mei ‘Skep asem vir vandag’ is vroegoggend elke dag se padkos.
- Vind die Weeklikse: “Stof tot nadenke: “Oorvloed.”
- Gemeentenuus:
- Die Hemelvaart diens van 29 Mei 2025 om 18:00 se skakel sal deurgestuur word.
- Al die datums en tye vir Pinkster in die kerkgebou en by Groenkloof is op die webtuiste.
- Die Afkondigings is op die webwerf geplaas.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars:
Danie Goosen
Charné Viljoen
Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525 ‘
044 620 2205
e-pos: Kontak Ons
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



