Sondag 27 Julie 2025 :
- Baie welkom by die erediens gelei deur ds Danie Goosen.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Genesis 18:20-32.
- Die tema van die prediking is: Hoor die geroep?
- Kategese.
- Sinodale offer vir Gemeentebediening by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.

Woensdag 30 Julie 2025 :
- Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida-082 471 0751. Alle belangstellendes is welkom.
Sondag 3 Augustus 2025 :
- Erediens om 10:00 – Ds Danie Goosen.
- Nagmaal.
- GEEN Kategese, maar Kleuterkerk gaan voort.
- Spesiale offer vir Plaaslike Omgeebediening by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 – Dr Gerrie van Deventer (Nagmaal).
Kategese :

Kleuterkerk/Kategese begin weer vandag en vind Sondae tydens die erediens (10:00-11:00) plaas. Kinders 2-5 jaar kom in die konsistorie bymekaar. Kinders Gr R – Gr 11 kom in die kerksaal bymekaar. Vir meer inligting kontak die kerkkantoor.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Augustus 2025 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Bybelblokraai :
Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 26, asook die antwoorde vir nommer 25, is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.



Bedieninge
Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood
Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die derde kwartaal is 6 & 20 Augustus en 3 & 17 September.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïek projekte) inkleurkryte en -potlode. Dankie by voorbaat vir u deelname.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.
Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:
- Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
- Hulp met inkopies.
- Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
- Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.
Vir meer inligting kontak:
Riana Briers – Kontak Ons / Riëtte Jansen van Rensburg – Kontak Ons
Omgeebediening :
- Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
- Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
- Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – Kontak Ons

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA se Leierskap Akademie
Dapper leierskap is noodsaaklik tot effektiewe evangelisasie. FEBA belê in sy toekomstige leiers deur middel van die Leierskap Akademie, wat hulle toerus om spanne te lei met die uitsending van die Goeie Nuus in verskillende kontekste, elkeen met sy eie uitdagings en geleenthede. Hierdie week vergader FEBA-direkteure en opkomende leiers in Kambodja vir opleiding.
Ons gebed vir die week: Bid dat deelnemers veilig sal arriveer en dat hierdie jaar se Leierskap Akademie dapper leiers na vore sal bring om FEBA se missie die toekoms in te dra.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
1. Erediensbediening:
Die skakel na die YouTube Erediens van 27 Julie, gelei deur Ds Danie Goosen, is beskikbaar.
Getuienisbediening:
FEBA se nuutste nusbrief is op die webtuiste.
- Bybelstudiereeks:
- Die ‘Skep asem vir vandag’ is beskikbaar, moet dit nie mis nie.
- Vind die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Betrokkenheid!”
- Gemeentenuus:
- Die gebedsgids vir Augustus is beskikbaar.
- Die blokraai en woordsoek No. 26 is beskikbaar op die webtuiste.
- Die Afkondigings is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here
Leraars:
Danie Goosen
Charné Viljoen
Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525 ‘
044 620 2205
e-pos: Kontak Ons
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



