Afkondigings 4 – 11 Mei 2025

Sondag 4 Mei 2025 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Danie Goosen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Psalm 30.
  • Die tema van die prediking is: Die Pad saam met God…
  • Arbeidsondag.
  • GEEN Kategese.
  • Sinodale offer vir Gemeenteondersteuning by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • Paul Smuts besoek – terugvoer oor Die Gideons

Woensdag 7 Mei 2025 :

  • GEEN Blokbyeenkoms.
  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751. Alle belangstellendes is welkom.

Sondag 11 Mei 2025 :

  • Erediens om 09:00 – Dr Gerrie van Deventer.
  • Moedersdag.
  • Kategese.
  • Spesiale offer vir Ramot by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Dr Gerrie van Deventer.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Mei 2025 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar. 

Bybelblokraai :

Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 23, asook die antwoorde vir nommer 22, is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Verjaarsdae Mei 2025
Verjaarsdae Mei 2025

Bedieninge

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood

  • Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die tweede kwartaal is 7 & 21 Mei en 4 & 18 Junie.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

  • Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïek projekte) inkleurkryte en -potlode. Dankie by voorbaat vir u deelname.

Ondersteuningsgroep :

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.

Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:

  • Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
  • Hulp met inkopies.
  • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
  • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.

Vir meer inligting kontak:

Riana Briers –  081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Tsjad

Soos in baie Afrikalande, is armoede en ongeletterdheid groot uitdagings in Tsjad. Dit maak radio die ideale medium om die evangelie te verkondig. FEBA Tsjad se nuwe stasie, RACE FM, saai ’n verskeidenheid godsdienstige programme in N’Djamena se omgewing uit, insluitend ’n gebedsprogram en Bybelonderrig. Die stasie loop soms deur onder sabotasie, vandalisme, en ander pogings om FEBA se werk te ontmoedig.

Ons gebed vir die week: Bid dat God die stasie sal bewaar en FEBA Tsjad se span sal lei om inhoud te skep wat luisteraars na Hom toe trek.

Magda Louw 20 Junie 2025
Magda Louw 20 Junie 2025

Die webwerf (nggrootbrak.co.za) Mei 2025

  Erediensbediening:

  1. Die skakel na die YouTube Erediens van 4 Mei, gelei deur Ds Danie Goosen, is beskikbaar.

 Getuienisbediening:

Bybelstudiereeks:

  • Die Mei ‘Skep asem vir vandag is vroegoggend elke dag se padkos.
    • Vind die Weeklikse: “Stof tot nadenke: “Wat laat ons groei?”

Gemeentenuus:

  • ‘n Kort oorsig, toegelig met fotos, van die Gemeentefees van 3 Mei, kan gevind word op die webtuiste.
    • Die Gebedsgids vir Mei is beskikbaar op die webtuiste.
  •  Die Afkondigings is op die webwerf geplaas.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars:

Danie Goosen
Charné Viljoen

Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525  ‘
044 620 2205

 e-pos: Kontak Ons             

Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier
SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier