Afkondigings 18-25 Mei 2025

Sondag 18 Mei 2025 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Danie Goosen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Handelinge 11: 1-18
  • Die tema van die prediking is: Die Rooi Tapyt
  • Kategese.
  • Sinodale offer vir Arbeidsbediening by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.

Dinsdag 20 Mei 2025 :

  • Die Kerkraad vergader in die kerksaal onder voorsitterskap van Willem du Preez. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.

Woensdag 21 Mei 2025 :

  • Blokbyeenkoms om 16:00 in Blok: 9C (Tergniethoogte & Groenkloof Rheebok) in Groenkloof Rheebok se eetsaal. Kontak Heloïse van der Merwe – 082 924 9883.
  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751. Alle belangstellendes is welkom.

Donderdag 22 Mei 2025 : Bloedskenk

Bloedskenk 22 Mei 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 25 Mei 2025 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
  • Kategese.
  • Sinodale offer vir Buitelandse Sending (Zimbabwe/Malawi/Mosambiek) by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
Verjaarsdae Week 21 v 2025

20 Junie 2025 Magda Louw – (K)Letterkunde

20 Junie 2025 Magda Louw Kletterkunde
20 Junie 2025 Magda Louw Kletterkunde
Eredienstye vir Junie Julie en Augustus
Eredienstye vir Junie Julie en Augustus

 Bedieninge

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Omgeebediening Kos pakkies
Omgeebediening Kos pakkies

Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood

  • Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die tweede kwartaal is 21 Mei en 4 & 18 Junie.
    • Ons grootste sopverskaffer is vir 2 maande uitstedig, ons nooi meer mense uit om asseblief te help met sopvoorsiening vir die volgende 2 maande.

Resep – 100g sopmengsel, 100g rys, 100g lensies,150g soja, 1 blokkie aftreksel, 1 pakkie sop.Om gaar te maak roer 3,5 liter water by mengsel en kook tot gaar.

U kan dit skenk in die volgende twee formate:
1. Droë bestanddele in ‘n glas koffiebottel of
2. Gekook en gevries in 2 liter roomysbak

Behoeftes vir Getuienisprojekte

  • Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïek projekte) inkleurkryte en -potlode. Dankie by voorbaat vir u deelname.

Ondersteuningsgroep :

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.

Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:

  • Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
  • Hulp met inkopies.
  • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
  • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.

Vir meer inligting kontak:

Riana Briers –  081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Japan

Hoewel minder as 1% van Japan se bevolking Christene is, hou die kerk aan om God se liefde te deel met ’n land wat dit desperaat nodig het. FEBA Japan ondersoek voortdurend verskillende rigtings om sy bediening in uit te brei, veral onder jongmense, sodat hy die evangelie se lig in die duisternis van verswakkende geestesgesondheid en toenemende wanhoop kan skyn.

Ons gebed vir die week: Bid dat God deure vir FEBA Japan sal oopmaak sodat hulle Sy Woord kan verkondig totdat almal in Japan dit gehoor het.

Caritas Gholfdag

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)

  1. Mei 2025

1.  Erediensbediening:

Die skakel na die YouTube Erediens van 18 Mei, gelei deur ds Danie Goosen, is beskikbaar.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars:

Danie Goosen
Charné Viljoen

Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525  ‘
044 620 2205

 e-pos: Kontak Ons             

Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier