Sondag 15 Junie 2025 :
- Baie welkom by die erediens gelei deur ds Danie Goosen.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Lukas 7:36-8:3.
- Die tema van die prediking is: Aanvaarding!!
- Vadersdag.
- Nasionale Biddag vir Blindes.
- GEEN Kategese.
- Spesiale offer vir Innovation for the Blind by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
Maandag 16 Junie 2025 :
- Jeugdag – kerkkantoor gesluit.
Woensdag 18 Junie 2025 :
- GEEN Blokbyeenkoms.
- (Blokbyeenkoms van Blok: 12A & 12B (Reebok tot Mosselbaai) vind Sondag 22 Junie direk na die erediens plaas in lokaal 6).
- Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751. Alle belangstellendes is welkom.
Vrydag 20 Junie 2025 :


Sondag 22 Junie 2025 :
- Erediens om 10:00 – Ds Danie Goosen.
- Kategese.
- Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
Sterftes 2025:
7 Junie – Anita du Toit: Wyk 13C
10 Junie – Marie Snyman: Wyk 10A
Ons innige meegevoel aan hul familie & vriende.

Bedieninge
Omgeebediening :
- Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
- Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
- Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood
- Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die volgende uitreikdatum vir die tweede kwartaal is 18 Junie.
- Ons grootste sopverskaffer is vir 2 maande uitstedig, ons nooi meer mense uit om asseblief te help met sopvoorsiening vir die volgende 2 maande.
Resep –
- 100g sopmengsel,
- 100g rys,
- 100g lensies,
- 150g soja,
- 1 blokkie aftreksel,
- 1 pakkie sop.
Om gaar te maak roer 3,5 liter water by mengsel en kook tot gaar.
U kan dit skenk in die volgende twee formate:
- Droë bestanddele in ‘n glas koffiebottel of
- Gekook en gevries in 2 liter roomysbak.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
- Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïek projekte) inkleurkryte en -potlode. Dankie by voorbaat vir u deelname.
Jeugkerk (Kinderkrans van ouds) by die AGS Gemeenskapsaal:
Elke Vrydagmiddag vanaf 14:30 tot 16:00 word die kinders met die Woord bedien, hulle sing en dan verdeel hulle in groepies waar die les van die dag behandel word. Hulle neem ook deel aan verskillende aktiwiteite en ontvang daarna ‘n koeldrankie en ‘n pakkie met iets lekker in. Ons beplan om ‘n rooster op te stel sodat dit nie nodig is vir elke “mentor” om elke week te gaan nie, maar tans is daar te min mentors.
Indien die Heilige Gees dit op u hart lê om hier betrokke te raak kan u vir Adriaan Kamper – 0828011332 of Karen Kamper – 0845042785 kontak vir meer inligting.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.
Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:
- Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
- Hulp met inkopies.
- Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
- Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.
Vir meer inligting kontak:
Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Moldowa
Alkoholmisbruik is ’n reuse probleem in Moldowa en kinders ly dikwels die meeste onder hul ouers se verslawing. Daarom ploeg FEBA Moldowa so baie energie in hul jeugprogramme in. Of dit ’n program is om kleintjies van Jesus se liefde te leer, of Bybelstudies en byeenkomste vir tieners… FEBA gebruik elke beskikbare wyse om Moldowa se jeug met Christus te verbind.
Ons gebed vir die week: Bid dat FEBA se programme Moldowa se jeug sal help om God te ontmoet en in Sy weë te wandel.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za) 15 Junie 2025
Erediensbediening:
Die skakel na die YouTube Erediens van 15 Junie, gelei deur ds Danie Goosen, is beskikbaar.
Bybelstudiereeks:
- Die Junie ‘Skep asem vir vandag’ is elke dag beskikbaar.
- Vind die Weeklikse: Stof tot nadenke: “Die Koninkryk van die hemele”.
Die Afkondigings is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.
Leraars:
Danie Goosen
Charné Viljoen
Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525 ‘
044 620 2205
e-pos: Kontak Ons
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



