Sondag 20 Julie 2025 :
- Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Lukas 10:38-42.
- Die tema van die prediking is: Wees waar jy is.
- GEEN Kategese.
- Sinodale offer vir Studentebearbeiding by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 – Ds Danie Goosen.
Dinsdag 22 Julie 2025 :
- Skole open.
Woensdag 23 Julie 2025 :
- GEEN Kooroefening die week nie. Oefening hervat weer op 30 Julie.
Donderdag 24 Julie 2025 : Bloedskenk



Sondag 27 Julie 2025 :
- Erediens om 10:00 – Ds Danie Goosen.
- Kategese.
- Sinodale offer vir Gemeentebediening by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.

Sterftes 2025:
11 Julie – Heila Steyn: Wyk 9B
Ons innige meegevoel aan haar familie & vriende.


Bedieninge
Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood
- Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die derde kwartaal is 23 Julie, 6 & 20 Augustus, 3 & 17 September.
- Dankie aan almal wat ekstra sop gebring het tydens die 2 maande wat een van ons groot verskaffers uitstedig was. Ons het groot waardering vir u hulp en wil u aanmoedig om steeds sop te bring soos u kan. Daar is ‘n groot behoefte daarvoor.
Resep – 100g sopmengsel, 100g rys, 100g lensies, 150g soja, 1 blokkie aftreksel, 1 pakkie sop. Om gaar te maak roer 3,5 liter water by mengsel en kook tot gaar.
U kan dit skenk in die volgende twee formate:
- 1. Droë bestanddele in ‘n glas koffiebottel of
- 2. Gekook en gevries in 2 liter roomysbak.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
- Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïek projekte) inkleurkryte en -potlode. Dankie by voorbaat vir u deelname.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.
Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:
- Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
- Hulp met inkopies.
- Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
- Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.
Vir meer inligting kontak: Riana Briers – Kontak Ons / Riëtte Jansen van Rensburg – Kontak Ons

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
Nuut op 20 Julie 2025
1. Erediensbediening:
Die skakel na die YouTube Erediens van 20 Julie, gelei deur ds Charné Viljoen, is beskikbaar.
- Getuienisbediening:
- Lynette van Madagaskar se weeklikse nuus: Eksamen uitslae!
- Bybelstudiereeks:
- Die ‘Skep asem vir vandag’ is beskikbaar – moet dit nie mis nie.
- Vind die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Verganklikheid van die mens…”
Die Afkondigings is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here
Leraars:
Danie Goosen
Charné Viljoen
Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525 ‘
044 620 2205
e-pos: Kontak Ons
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



