Sondag 13 April 2025 :
- Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Frans Hancke wat vanoggend se erediens lei.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Matteus 22.
- Die tema van die prediking is: Uitgenooi!
- Sewende (Groot) Lydensweek.
- Kategese.
- Spesiale offer vir Radio FEBA by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
Woensdag 16 April 2025 :
- Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 8A (Bergsig-Oos) & 8B (Bergsig-Wes) by Jacques & Carmi Kriel, Bosrugweg 5. Kontak Elrina van Zyl – 072 363 9793.
- Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751. Alle belangstellendes is welkom.
Vrydag 18 April 2025 :
- Goeie Vrydag.
- Nagmaal om 09:00 – Ds Danie Goosen.
- Groenkloof preek om 10:00 – Dr Gerrie van Deventer.
Sondag 20 April 2025 :
- Paasfees.
- Sonsopkomsbyeenkoms by Suiderkruisstrand om 06:30 – Ds Danie Goosen.
- Erediens om 09:00 – Dr Frans Hancke.
- GEEN Kategese.
- Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 – Dr Frans Hancke.
NEEM KENNIS: Bestuurspanvergadering
Die bestuurspanvergadering wat geskeduleer is vir 6 Mei word met een week vervroeg tot 29 April 2025.

Omgeebediening :
- Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
- Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
- Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters –

Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood
- Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die tweede kwartaal is 23 April, 7 & 21 Mei en 14 & 18 Junie.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
- Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïek projekte) inkleurkryte en -potlode. Dankie by voorbaat vir u deelname.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.
Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:
- Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
- Hulp met inkopies.
- Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
- Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.
Vir meer inligting kontak:
Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
Gemeentefees

Gemeentefeeslyste sirkuleer tans. Bydraes kan ook by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word.
Enige bestanddele is ook baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Die bestanddele moet asb ‘n week voor die gemeentefees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.
Ons rekening is:
NG Kerk Groot-Brakrivier, FNB, Rek no 53083186511,
takkode 210314. (Indien ‘n EFT gedoen word, moet u
dit asb as “GFees” & Bloknr & Van, merk).
INDIEN U GRAAG WIL BETROKKE RAAK OF ‘N SKENKING WIL MAAK KAN U ASB DIE VOLGENDE PERSONE KONTAK:
🧁 Roosterkoeke Tafel – “Kole & Konfyt”: Vars van die kole – vuurwarm stoomtrek-lekkerte soos net ‘n roosterkoek kan wees! Heel (Plein) R20 elk / Konfyt R25 elk / Kaas R25 / Konfyt & Kaas R30 elk / Hoender Mayo R30 elk / Kudu Kerrie Mince R35. Enige bydrae van tuisgemaakte konfyt sal waardeer word.📞 Amelia le Roux 📞 Kevin van Tonder
🐘 Wit Olifant Tafel – “Skatte & Snaaksighede”: Kommervrye koop met reuse winskopies – iets vir elkeen! Skenkings welkom by Lokaal 6 (Ma, Wo, Vr). 📞 Annalene de Swardt
📚 Boek Tafel – Kom snuffel rond tussen pragtige tweedehandse boeke! Lees en Lag en Leer ! Skenkings welkom by die kerkkantoor (Ma, Wo, Vr). 📞 Annalene de Swardt
🍨 Smullekker Nagereg Tafel – “Soet Sondes”: Nog steeds die beste in die Weste! Poedings en nageregte teen net R17 per bakkie. Indien u poeding skenk, dui asb net aan of dit ‘n warm of koue poeding is. Roomys- en foeliebakke beskikbaar. 📞 Dirk & Dorette Visser
🍛 Kerrie & Rys Tafel – “Kerrie ‘n Bietjie”: Geurig en vol huislike smaak – Ouma sou trots wees! R40 vir ‘n lekker groot porsie. 📞 Barbara Gericke 📞Corita du Preez
🍢 Sosatie Tafel – “Stok en Smul”: Ons skakel hoenders om in ‘n feesmaal op ‘n stokkie – perfek gebraai en propvol geur! R18 per sosatie. Indien jy lief is vir braai en ‘n handjie wil bysit, kontak gerus vir 📞 Eddie –
🥪JAFFLES: R25 elk. Kom geniet ons kraakvars Jaffles met geurige maalvleis vir oud en jonk!👨👩👦👦 Wenk: Jaffles kan gevries word, kan skoolpouse ‘n lafenis wees en bejaardes ‘n maaltyd soos van ouds.🤹♀ 🍪🍴Kom koop en geniet! 📞 Annatjie Janse van Rensburg – 📞 Corrie Pieters –
🍰 Tee Tuin – “Koek & Klets”: Kom sit onder die sambreel en geniet ’n koppie koffie of tee met ’n stukkie vars gebakte koek. ☕ Koffie/Tee – R15 | 🍰 Koek – R20 📞 Michelle Roon –
🍽 Pannekoek Tafel – “Strooi & Rol”: Ons pannekoeke is sag, warm en vol geur. R6 elk. 📞 Elsabé Richards –
🥕 Groente Tafel – “Kraakvars natuurlekkers”: Vars uit die tuin – gesond, geurig en g’n preserveermiddels! 📞 René Vorster .
🥳 JAM (Jesus And Me) KINDERTAFEL: Treintjie – R5 per rit , “Soft Play” – eenmalige R10, Springkasteel – eenmalige R10, Tombola – kom geniet jou gate uit! Ons benodig asb geldelike bydraes of oulikhede om op die dag by die kindertafel te verkoop. 📞 Tanya Heath
🍴 LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal. Groot (9cm deursnit) @ R10 elk of 6 vir R50. Bestellings sluit Maandag 28 April. Vries goed. 📞 Corrie Pieters
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Kirgisië
‘n Nuwe wet in Kirgisië maak dit moeiliker om die evangelie daar te verkondig. Die kultuur word deur ’n streng vorm van Islam regeer. Nuwe gelowiges hou hulle geloof gereeld geheim van eggenote, ouers of familie uit vrees vir verwerping of mishandeling. FEBA Kirgisië se aanbieders en opvolgwerkers hou kontak met elke luisteraar wat na hulle toe uitreik en bou só sterk verhoudings wat dié luisteraars na Christus toe lei.
Ons gebed vir die week: Bid dat die FEBA Kirgisië-span tot God sal nader in moeilike tye en Sy lig in die donkerte sal uitstraal.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
13 April 2025
Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 13 April 2025.
Getuienisbediening:
Missie Japan se leiers vertel van hul afgelope besoek aan Japan onder die titel ‘Bemoedigende besoek en Belowende vooruitsigte’.
Bybelstudiereeks:
- Die April ‘Skep asem vir vandag’ is beskikbaar. Vorige dagstukkies kan gevind word deur op die skakel onderaan te klik.
- Vind die Weeklikse: “Stof tot nadenke: “Dit is volbring!”.
Gemeentenuus:
- Daar is ‘n nuwe hofie onder die kieslys, “Aksies”, waar alle aktiewe aksies waarby U betrokke kan raak bespreek word. Kom kyk gerus daarna op die webwerf.
- Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars:
Danie Goosen
Charné Viljoen
Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525 ‘
044 620 2205
e-pos: Kontak Ons
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



