Afkondigings 27 April – 4 Mei 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 27 April 2025 :

CAD

Die Christelike Afhanklikheids Diens is ‘n dinamiese organisasie vir die ondersteuning van substansafhanklikes en hul gesinne. Ons hoofdoelwit is om te verseker dat die herstellende stof afhanklike weerhou van die gebruik van afhanklikheid-produserende stowwe. Hulle ondersteun die afhanklike en hul gesin fisies, sielkundig, sosiaal en godsdienstig om meer produktief en gelukkig te wees. Uit persoonlike ondervinding weet ons dat daar hoop is, en as sodanig het ons ‘n opregte begrip van die probleem. Die CAD is nie ‘n behandelingsfasiliteit nie, dit is ‘n ondersteuningsgroep.

Maandag 28 April 2025 :

  • Publieke Vakansiedag – Kerkkantoor Gesluit.

Dinsdag 29 April 2025 :

  • Die Bestuurspan vergader om 17:30 in Lokaal 8 onder voorsitterskap van Willem du Preez. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.

Woensdag 30 April 2025 :

NEEM KENNIS:

  • Blok 9A se blokbyeenkoms vervroeg met 1 week en daar sal dan geen blokbyeenkoms plaasvind op 7 Mei, soos aangedui op die almanak, nie.
  • Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 9A (Reebokhoogte) by Johan & Philene Smit, Cowriesingel 15. Kontak Johan- 084 500 4296.
  • GEEN Kooroefening. Oefening hervat weer volgende Woensdag.

Donderdag 1 Mei 2025 :

Werkersdag – Kantoor gesluit

Saterdag 3 Mei 2025 :

  • 🎉Gemeentefees 09:00-12:00.

Sondag 4 Mei 2025 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Danie Goosen.
  • Arbeidsondag.
  • GEEN Kategese.
  • Sinodale offer vir Gemeenteondersteuning by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • Paul Smuts besoek  – terugvoer oor Die Gideons

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Mei 2025 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar. 

Bybel blokkiesraaisel 23 en Woordsoek (Voëls van die Bybel):

Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 23, asook die antwoorde vir nommer 22, is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Bedieninge

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood

  • Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die tweede kwartaal is 7 & 21 Mei en 4 & 18 Junie.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

  • Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïek projekte) inkleurkryte en -potlode. Dankie by voorbaat vir u deelname.

Ondersteuningsgroep :

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.

Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:

  • Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
  • Hulp met inkopies.
  • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
  • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.

Vir meer inligting kontak:

Riana Briers –  081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

Die Webwerf

(nggrootbrak.co.za)

Nuut op 27 April 2025

Gemeentefees

Gemeentefeeslyste sirkuleer tans. Bydraes kan ook by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word.

Enige bestanddele is ook baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Die bestanddele moet asb ‘n week voor die gemeentefees by die betrokke sameroeper  of by die kerkkantoor ingehandig word.

Ons rekening is:
NG Kerk Groot-Brakrivier, FNB, Rek no 53083186511, takkode 210314. (Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “GFees” & Bloknr  & Van,  merk).

INDIEN U GRAAG WIL BETROKKE RAAK OF ‘N SKENKING WIL MAAK KAN U ASB DIE VOLGENDE PERSONE KONTAK:

🧁 Roosterkoeke Tafel – “Kole & Konfyt”: Vars van die kole – vuurwarm stoomtrek-lekkerte soos net ‘n roosterkoek kan wees! Heel (Plein) R20 elk / Konfyt R25 elk / Kaas R25 / Konfyt & Kaas R30 elk / Hoender Mayo R30 elk / Kudu Kerrie Mince R35. Enige bydrae van tuisgemaakte konfyt sal waardeer word.📞 Amelia le Roux 📞 Kevin van Tonder

🐘 Wit Olifant Tafel – “Skatte & Snaaksighede”: Kommervrye koop met reuse winskopies – iets vir elkeen! Skenkings welkom by Lokaal 6 (Ma, Wo, Vr). 📞 Annalene de Swardt

📚  Boek Tafel – Kom snuffel rond tussen pragtige tweedehandse boeke! Lees en Lag en Leer ! Skenkings welkom by die kerkkantoor (Ma, Wo, Vr). 📞 Annalene de Swardt

🍨 Smullekker Nagereg Tafel – “Soet Sondes”: Nog steeds die beste in die Weste! Poedings en nageregte teen net R17 per bakkie. Indien u poeding skenk, dui asb net aan of dit ‘n warm of koue poeding is. Roomys- en  foeliebakke beskikbaar. 📞 Dirk & Dorette Visser

🍛 Kerrie & Rys Tafel – “Kerrie ‘n Bietjie”: Geurig en vol huislike smaak – Ouma sou trots wees! R40 vir ‘n lekker groot porsie. 📞 Barbara Gericke 📞Corita du Preez

🍢 Sosatie Tafel – “Stok en Smul”: Ons skakel hoenders om in ‘n feesmaal op ‘n stokkie – perfek gebraai en propvol geur! R18 per sosatie. Indien jy lief is vir braai en ‘n handjie wil bysit, kontak gerus vir 📞 Eddie 

🥪JAFFLES:  R25 elk. Kom geniet ons kraakvars Jaffles met geurige maalvleis vir oud en jonk!👨‍👩‍👦‍👦 Wenk: Jaffles kan gevries word, kan skoolpouse ‘n lafenis wees en bejaardes ‘n maaltyd soos van ouds.🤹‍♀ 🍪🍴Kom koop en geniet! 📞 Annatjie Janse van Rensburg – 📞 Corrie Pieters –

🍰 Tee Tuin – “Koek & Klets”: Kom sit onder die sambreel en geniet ’n koppie koffie of tee met ’n stukkie vars gebakte koek. ☕ Koffie/Tee – R15 | 🍰 Koek – R20 📞 Michelle Roon

🍽   Pannekoek Tafel – “Strooi & Rol”: Ons pannekoeke is sag, warm en vol geur. R6 elk. 📞 Elsabé Richards – 📞 Piet Terblanche

🥕 Groente Tafel – “Kraakvars natuurlekkers”: Vars uit die tuin – gesond, geurig en g’n   preserveermiddels! 📞 René Vorster .

🥳 JAM (Jesus And Me) KINDERTAFEL: Treintjie – R5 per rit , “Soft Play” – eenmalige R10, Springkasteel – eenmalige R10, Tombola – kom geniet jou gate uit! Ons benodig asb geldelike bydraes of oulikhede om op die dag by die kindertafel te verkoop. 📞 Tanya Heath

🍴 LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal. Groot (9cm deursnit) @ R10 elk of 6 vir R50. Bestellings sluit Maandag 28 April. Vries goed. 📞 Corrie Pieters

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Wêreldwyd

Vryheid is ‘n voorreg wat baie gelowiges ontsê word. Regeringsinperkings, sosiale druk en die dreigement van vervolging verhoed hulle om hul geloof openlik uit te leef en te verkondig. Radio- en aanlynuitsendings is ’n reddingstou van bemoediging en verbintenis vir sulke gelowiges. Elke FEBA-span bedien onder mense van hul eie mensegroep sodat hulle die Goeie Nuus kan weergee in verstaanbare terme en kwessies kan bespreek waarmee hulle persoonlik bekend is.

Ons gebed vir die week: Prys God vir media en bid dat FEBA die evangelie sal aanhou deel ten spyte van beperkte vryheid.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars:

Danie Goosen
Charné Viljoen

Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525  ‘
044 620 2205

 e-pos: Kontak Ons             

Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314