Sondag 10 Augustus 2025 :
- Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Numeri 27:1-11.
- Die tema van die prediking is: Vir almal.
- GEEN Kategese, maar Kleuterkerk gaan voort.
- Sinodale offer vir Nuwegeloofsgemeenskap ontwikkeling (NGGO) by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
Woensdag 13 Augustus 2025 :
- Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – Kontak Ons Alle belangstellendes is welkom.
Sondag 17 Augustus 2025 :
- Erediens om 10:00 – Ds Danie Goosen.
- Kategese (kerksaal) & Kleuterkerk (konsistorie).
- Spesiale offer vir Groenewaldfonds by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
Kategese :
Kleuterkerk/Kategese vind plaas Sondae tydens die erediens (10:00-11:00). Kinders 2-5 jaar kom in die konsistorie bymekaar. Kinders Gr R – Gr 11 kom in die kerksaal bymekaar. Vir meer inligting kontak die kerkkantoor.
Sterftes 2025:
27 Julie – GC Buitendagh: Wyk 04A
Ons innige meegevoel aan sy familie & vriende.
Verjaarsdae

Bedieninge
Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood
Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die derde kwartaal is 20 Augustus en 3 & 17 September.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïek projekte) inkleurkryte en -potlode. Dankie by voorbaat vir u deelname.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.
Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:
- Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
- Hulp met inkopies.
- Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
- Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.
Vir meer inligting kontak:
Riana Briers – Kontak Ons / Riëtte Jansen van Rensburg – Kontak Ons
Omgeebediening :
- Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
- Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
- Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – Kontak Ons
Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Die leraars besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie of u ‘n bestaande lidmaat is wat ’n besoek verlang kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.
Praise and Worship

18 tot 49 jariges

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA se vroue
“Sjarme is bedrieglik en skoonheid is nietig; ’n vrou wat vir die Here ontsag het, sy moet geprys word” (Spr. 31:30 Afr20).
By FEBA is daar honderde ma’s, dogters, susters, tannies en vriendinne wat agter die mikrofoon of agter die skerms dien, en hulle bereik miljoene vroulike luisteraars in 50 lande. Vroue in Kirgisië wat onder huishoudelike geweld ly, weduwees wat boer in Mosambiek, prostitute in die Filippyne, vroue wat vasgekeer is in die Oekraïnse oorlog – FEBA hoor van diesulkes en meer.
Ons gebed vir die week: Bid dat elke vrou in FEBA se bediening in haar geloof en wandel met God sal groei, sodat sy tot seën vir ander kan wees.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
Erediensbediening:
Die skakel na die YouTube Erediens van 10 Augustus, gelei deur Ds Charné Viljoen, is beskikbaar.
Getuienisbediening:
- Missie Japan het ‘n groot behoefte aan nog sendelinge.
- Die uitnodiging en inligting van die getuienisnaweek se toerustingsgeleentheid van 20-21 September.
Bybelstudiereeks:
- Die ‘Skep asem vir vandag’ is ‘n wonderlike begin vir elke dag.
- Vind die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Vooroordele…”
Gemeentenuus:
- Daar is ‘n uitnodiging na die 18 tot 49-jariges byeenkoms van 10 September.
- Die Praise en worship geleentheid vir 22 Augustus se inligting is op die webtuiste.
- Klub50: Pannekoek dag sukses
- Die weeklikse Afkondigings is op die webtuiste, indien u wil seker maak van enigiets.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars:
Danie Goosen
Charné Viljoen
Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525 ‘
044 620 2205
e-pos: Kontak Ons
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



