Verjaarsdae


Sondag 16 Maart 2025 : Erediens 09:00 gelei deur ds Danie Goosen & ds Charné Viljoen. Kategese afsluiting (kwartaal 1) – hervat weer op 13 April.
Woensdag 19 Maart 2025 :
Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 6A
Kooroefening by die orrel om 16:45
Vrydag 21 Maart 2025 : Menseregtedag – Kerkkantoor gesluit
Sondag 23 Maart 2025 : Erediens om 09:00. GEEN Kategese.
Groenkloof preek om 10:00 – Ds Danie Goosen
26Maart 2025 Wolwedans boodskap, sop en brood
27 Maart 2025 Bloedskenk 14;00 – 19:00

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Ds Danie besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.


Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.
Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:
Vir meer inligting kontak:
Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
Prys God vir FEBA Mosambiek se sewende stasie, Victory FM, wat nou in die Cuamba-streek uitsaai! Programme dek ’n wye verskeidenheid onderwerpe in agt tale, insluitend gesinslewe, geestelike leierskap, Bybelstudie en kinderprogramme.
Ons gebed vir die week: Bid dat God die Victory FM-span met wysheid, krag en kreatiwiteit sal toerus in hul bediening aan nuwe luisteraars, en dat Hy Sy krag deur elke uitsending sal gebruik sodat dit diegene sal bereik wat dit moet hoor.
16 Maart 2025

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640
Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525 ‘ 044 620 2205
e-pos: Kontak Ons
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Ek hoop dat jou oë sal oopgaan vir God se liefde en genade in jou lewe. Hier is Sy boodskap wat jy ernstig moet opneem.
Tema: Die Here voorsien ook wanneer jy swaar kry
Teks: “… die Here het vir Lea kinders gegee…” (Gen. 29:31)
Liewe Vader. Baie dankie dat U selfs in moeilike tye sorg.
In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
My gebed is dat jy deur-en-deur eerlik en opreg sal wees. Hier is Sy boodskap vir jou.
Teks: “maar die aand van die troue het hy sy dogter Lea gevat en haar na Jakob toe gebring,…” (Gen 29:23)
Liewe Vader. Gee my integriteit en die gawe om altyd eerlik te wees. In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Ek bid dat jy regverdig teenoor ander mense sal optree. Hier is die Woord van die Here vir vandag.
Tema: Tree reg en billik op
Teks: “Jy is familie, maar dit beteken nie dat jy vir my verniet moet werk nie. Sê my wat ek jou moet betaal.” (Gen. 29:15)
Liewe Vader. Baie dankie U my help om regverdig teenoor almal op te tree. In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
My gebed is dat dit vandag met jou goed sal gaan en dat jy goeie gesondheid beleef. Hier is die Woord van die Here vir vandag.
Teks: “ Jakob het nader gekom en die klip van die put af weggerol en Laban se kleinvee laat suip.” (Gen 29:10)
Daar is mense wat hulp nodig het. Help hulle.
Liewe Vader. Dankie dat U my help om ander te help.
In Jesus se Naam. Amen.e Vader. Baie dankie dat U uitkoms vir my beplan as dit moeilik gaan. In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
“God has not forgotten you, He loves you”

It was Anne’s turn this week to start her series on the characteristics of a Royal Ranger leader. Sometimes we need to return to the basics and reflect on our relationship with the Lord. It was therefore very fitting that Anne’s teaching started there; reading and studying the Bible, praying and cultivating a thankful heart, so that we are able to share this with the children. As I was on my way to school in a tuctuc that morning, feeling somewhat overwhelmed by the day ahead, a tuctuc passed by with a sticker that read: ‘God has not forgotten you, He loves you.’
Lees meer “Sendingnuus uit Madagaskar – The week 2 March 2025”Mag jy die uitkoms wat onverwags kom, raak sien en dit met oop arms aangryp. Hier is God se Woord vir jou.
Teks: “ Hy het onverwags uitgekom by ‘n put in die veld waar drie troppe kleinvee lê.” (Gen. 29:2)
Liewe Vader. Baie dankie dat U uitkoms vir my beplan as dit moeilik gaan. In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Leer/Lees die Bybel vinnig op ‘n prettige manier.
Woorde hoofsaaklik uit die Afrikaanse Bybel, 1992 (AFR83) vertaling geneem, maar sommige woorde ook uit die Afrikaanse Bybel 2020(AFR20) vertaling.
(Dit werk die beste op ‘n rekenaar maar kan ook op ‘n horisontaal gedraaide foon gespeel word.) Die Bybel APP werk goed hiervoor.
Klik op die prentjie hieronder om te speel.

“Ek prys U omdat ek op ontsagwekkende, wonderbaarlike wyse gemaak is. Wonderbaarlik is U werke en ek besef dit maar te goed.”
Ps. 139: 14
Dié vers was die tema wat die Cook Eilande se Christene gekies het vir die pas afgelope Wêreldbiddag vir vroue. Dit was ‘n wonderlike, en onvergeetlike belewenis, veral toe die vroue, aan die einde spontaan en sonder enige begeleiding, die Onse Vader as finale gebed tot God gesing het. Die program het gedraai om die skepping van ons as mens, en dat ons volmaak geskape is deur God. Hy wat ons reeds van voor geboorte af ken. Ons kan net in verwondering staan oor die werking en instandhouding van ons liggame, wat deur God beplan en uitgevoer is.
Lees meer “Stof tot nadenke: Ontsagwekkende, wonderbaarlike wyse…”Vandag bid ek vir jou. Ek bid dat jy die tweede, derde en vierde kanse wat die Here vir jou gee sal raaksien en aangryp. Hier is God se boodskap aan jou.
Teks: “Gaan na Paddan-Aram toe,… en trou daar met ‘n dogter van jou oom Laban… ” (Gen. 28:2)
Liewe Vader. Baie dankie dat U vol van genade is en my meer geleenthede gee om dinge reg te stel. In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Prediker: Ds. Willem Smit
Skriflesing: Filippense 2: 1-11
Tema: Skoene en Bruggies
Datum: 9 Maart 2025
Lees meer “Erediens: Skoene en Bruggies Filippense 2: 1-11. Ds Willem Smit. NG Kerk Groot-Brakrivier”Ek hoop en bid dat jy jou nie deur verkeerde advies sal laat mislei nie . Hier is die boodskap vir jou.
Tema: Kies reg en leef gelukkig
Teks: “Nou moet jy na my luister, my seun, en doen wat ek jou sê.” (Gen. 27:8)
Liewe Vader. Baie dankie dat U my lei om die regte dinge te doen. In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Dit is met leedwese dat ons kennis neem van die afsterwe van Het Bouwer: Wyk 13C, op 4 Maart. Ons innige meegevoel met die familie en vriende.

NEEM KENNIS: Daar is GEEN Blokbyeenkoms die week nie as gevolg van die Moderamenvergadering wat ds Danie moet bywoon op 11 & 12 Maart.

Erediens om 09:00.
Prediker – Ds Danie Goosen.
Derde Lydensweek.
Kategese.
Spesiale offer vir Carpe-Diem skool by die deure.
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Ds Danie besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.
Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:
Vir meer inligting kontak:
Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

4 Maart –Het Bouwer: Wyk 13C
Ons innige meegevoel aan haar familie & vriende.

Die 8ste Maart was Internasionale Vrouedag. Kom ons bid vir die vroue in FEBA se bediening. Sommige vroulike luisteraars is in ongesonde verhoudings vasgekeer of word oorweldig deur moederskap, terwyl ander bid dat hulle mans en seuns veilig vanaf die oorlog sal terugkeer. FEBA se vroulike personeel vereenselwig hulself met hierdie luisteraars deur gedeelde ervarings en dien as lewende voorbeelde van God se herskeppende liefde.
Ons gebed vir die week: Bid dat FEBA se vroulike personeel krag sal put uit God se teenwoordigheid wanneer hulle met luisteraars werk en dat luisteraars vreugde in Christus sal ontdek.
Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640
Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525 ‘
Tel: 044 620 2205
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Ek hoop dat jy vandag in moontlike moeilike tye ook God se uitkoms raak sal sien. God se Woord wil jou hierin raad gee.
Tema: ‘n Doodlooppad
Teks: “Trek weg van ons af. Jy het te sterk geword.” (Gen. 26:16)
Gebed
Liewe Vader. Dankie dat U my tydens krisisse en probleme
bystaan. In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Mag jy die nuwe era en seisoen vir jou lewe wat God laat aanbreek, raaksien. Hier is Sy boodskap vir jou.
Tema: Die moeilike besluit is soms reg
Teks: “ Moenie Egipte toe trek nie. Bly waar Ek jou sê: in hierdie land” (Gen. 26:2)
Gebed
Liewe Vader. Gee my ‘n fyn aanvoeling sodat ek U wil sal doen. In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
My wens is dat jy vandag besonderse respek aan die Here sal wys. Hier is Sy boodskap vir jou.
Tema: Alles wat moontlik is, is nie aanvaarbaar nie
Teks: “ Dit is hoe min Esau gedink het van sy reg as eersgeborene.” (Gen. 25:34)
Gebed
Liewe Vader. Dankie dat U vir my sorg.
In Jesus se Naam. Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.