Lees die Bybel gratis op jou selfoon

BibleSA-app

Kry gratis toegang tot die Bybels in al 11 amptelike tale van Suid-Afrika of luister aanlyn na verskillende Oudiobybels, alles in een app. Pas u Bybelleeservaring volgens u behoeftes aan en kry toegang tot leesplanne, dagstukkies en Bybelverse.

2. Taalspesifieke, liggewig Bybel-app

Laai gratis taalspesifieke Bybels af om vanlyn te lees. U kan verskillende vertalings vergelyk, u Bybelleeservaring volgens u behoeftes aanpas en Bybelverse kopieer of deel. Kompak/liggewig, vir klein lêergrootte en beperkte bandwydte. ʼn Losstaande app is beskikbaar vir elk van die 11 amptelike tale.

Die Bybel ‘53, ‘83, ABA, 2020
Google Play Store | Huawei AppGallery | Apple App Store
Bybel in Afrikaans 2020-vertaling 
Bybel vir almal 
Bybel in Afrikaans 1983-vertaling met herformulerings tot en met 1992 
Bybel in Afrikaans 1933/1953-vertaling
Die Bybel 1953 & 2020 HL
Google Play Store | Huawei AppGallery | Apple App Store
Bybel in Afrikaans 2020-vertaling met hoofletters
Bybel in Afrikaans 1933/1953-vertaling
Bybel vir Dowes
Google Play Store | Huawei AppGallery | Apple App Store
Bybel vir dowes

https://biblesa.co.za/af/post-af/gratis-bybel-apps-vir-almal

3. Bybelstories-app (vir kinders)

Ses gewilde Bybelverhale vir kinders met kleurbeelde en vasvra-oefeninge wat onthouvermoë en basiese syfervaardigheid toets. Bybelverhale ingesluit: Die geboorte van Jesus, Jesus by die troue, Die barmhartige Samaritaan, Jesus maak die storm stil, Saggeus en Jesus leef!

Slegs beskikbaar in Afrikaans, Engels, IsiZulu, IsiXhosa en Sepedi. Laai dit gratis af op die Google Play Store en Huawei AppGallery (Apple App Store weergawes nog in ontwikkeling).

Ondersteun Bybelgenootskap van Suid-Afrika se Bybelwerk

Die programme is ontwikkel en gratis beskikbaar gestel deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. As u Bybelgenootskap se Bybelwerk verder wil ondersteun, kan u hier ʼn skenking maak.

https://www.biblesociety.co.za/index.php/af/raak-betrokke/gee-nou?utm_source=biblesa&utm_medium=link