Afkondigings 13 – 20 April 2025

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Sondag 13 April 2025 :

  • Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Frans Hancke wat vanoggend se erediens lei.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Matteus 22.
  • Die tema van die prediking is: Uitgenooi!
  • Sewende (Groot) Lydensweek.
  • Kategese.
  • Spesiale offer vir Radio FEBA by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.

Woensdag 16 April 2025 :

Lees meer “Afkondigings 13 – 20 April 2025”

Skep asem vir vandag: 12 April 2025

Dagstukkies April

12 April

Liewe ….

Ek wens dat jy die volwassenheid sal aanleer om jou woorde te tel voordat jy praat wanneer jy kwaad is. Hier is God se Woord aan jou.

Tema: Oppas vir die leuen

Teks: “Hulle het hom al van ver af gesien en voor hy by hulle gekom het, het hulle ooreengekom om hom dood te maak.” (Gén 37:18). 

  • Almal hou nie van jou nie. Sommige mense beplan slegte dinge teen jou – aanvaar dit.
  • Jy moet wag hou oor jou hart voordat jy teenoor hierdie mense optree.
  • God die Alwyse en Almagtige is die enigste Een en plek waar jy advies, troos en veiligheid kry.
  • Wees daarom positief. Moenie moedeloos of depressief raak nie. Hy help jou

Gebed

Liewe Vader, laat ek elke situasie tot U eer hanteer.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Missie Japan: Vars Begin: Aanlyn en Oraloor

missie Japan April 2025

Beste Ondersteuner

Ek gebruik nie gewoonlik onnodig baie uitroeptekens in sinne nie, maar wees gewaarsku, hierdie nuusflits is ‘n uitsondering!

Die wêreld kom Osaka toe, op ons voorstoep, binne 5 dae. Daar is vars energie oral in die lug! Dit voel kompleet soos ‘n sprokieswêreld van pienkwit (kersie)bloeisels net waar kyk. Vir party Japanners bring dit ‘n tikkie verligting te midde van hemelhoë rys pryse (tans gemiddeld R113 per kilogram!) en die nagmerrie van Trump tariewe. Onder dié uitdagings het alles en almal ontwaak uit ‘n lang winterslaap en is nuwe lewe in oorvloed oral om ons. In die nuusflits vier ons God se seisoen van groei en nuut begin

Lees meer “Missie Japan: Vars Begin: Aanlyn en Oraloor”

Skep asem vir vandag: 11 April 2025

Dagstukkies April

11 April

Liewe ….

Ek wens dat jy ‘n harde werker sal wees – iemand met eerlikheid en integriteit. Ontvang God se boodskap spesiaal aan jou vandag.

Tema: Voer jou take noukeurig uit.

Teks: “Josef se broers het hulle pa se kleinvee gaan oppas in Sigem. ” (Gén 37:12)

  • God hou van orde en harde werk.
  • Hy hou daarvan wanneer jy jou eiendom oppas en meer maak.
  • Neem verantwoordelikheid om dit wat die Here vir jou gee, te koester en te beskerm.
  • Voer die take en opdragte wat jy van God kry, goed, noukeurig  en deeglik uit.
  • Jy sal geluk ervaar wanneer jy sien hoe tevrede die Here moet jou gedrag is.

Gebed

Liewe Vader, help my om dit wat U oor my pad bring tot U eer op te pas.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 10 April 2025

Dagstukkies April

10 April

Liewe ….

My gebed is dat jy nie jaloers op ander mense sal wees nie. Lees die gedeelte uit die Bybel en dink vandag daaroor na.

Tema: Wees tevrede met jou situasie

Teks: “Sy broers was afgunstig op hom, en sy pa het aan die droom bly dink. ” (Gen 37:11)

  • Soms het ander mense dinge wat jy graag sou wou hê – ‘n beter werk, ‘n mooier en beter huis of kar, ‘n stabieler gesinslewe, meer eiendom, meer geld, groter aansien en status of ‘n beter opleiding.
  • Wees tevrede met wat jy ontvang het (Eks 20:17; Fil 4:11).
  • Die Gees van God weet wat jy vir die toekoms nodig het, en gee wat jy nodig het.
  • Die Here voorsien in elke behoefte wat jy het (1 Kor 10:12-13).
  • Dis die Voorsiener God wat jou baie gelukkig maak.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U gee wat ek nodig het om my gelukkig te maak.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 9 April 2025

Dagstukkies April

9 April

Liewe ….

Ek bid dat jy ‘n Christusgelowige sal wees wat alle mense dieselfde sal hanteer. Hier is God se Woord aan jou.

Tema: Hanteer almal gelyk

Teks: “Van al sy seuns was Israel die liefste vir Josef, … Toe sy broers sien dat hulle pa vir Josef liewer het as vir enige van hulle, het hulle ‘n afkeer van Josef gekry en het hulle niks goeds oor hom gesê nie. (Gen 37:3-4)

  • Baie keer het jy die versoeking en druk om sekere mense beter as ander mense te behandel.
  • Ander mense sien dit raak. Hulle hou nie daarvan nie. Hulle tree selfs sleg teen die mense wat voorgetrek word, op.
  • Die Regverdige Here God hanteer alle mense, ongeag ras, taal, kleur, geslag of nasie presies dieselfde. Hy trek niemand voor nie (Rom. 2:11; Kol 3:10-12).
  • Christusgelowiges weerspieël die karakter van Jesus wanneer ons alle mense dieselfde hanteer.

Gebed

Liewe Vader, gee my insig, wysheid en lei my om almal dieselfde te hanteer.
In Jesus se Naam.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 8 April 2025

Dagstukkies April

8 April

Ek wens dat jy die Here sal vertrou dat Hy jou sal gebruik, ongeag wie jy is. Hier is ‘n boodskap uit die Bybel aan jou.

Tema: God gebruik enige persoon

Teks: “ Josef was nog jonk, sewentien, toe hy kleinvee opgepas het saam met sy broers,” (Gen 37:2)

  • Dikwels voel jy nie bevoeg om iets aan te pak nie. Jy is dalk bang om ‘n nuwe lewensfase binne te gaan.
  • Die Here kyk nie na hoe jy uiterlik lyk nie, maar rus jou met Sy Gees innerlik toe.
  • Moenie bang wees om geleenthede wat oor jou pad kom, aan te gryp nie. Doen dit!
  • God maak jou daarvoor bekwaam en bevoeg (Fil 2:13).
  • Die Here God sal jou baie gelukkig maak as jy jou lewensreise in geloof aanpak.

Gebed

Liewe Vader, laat ek elke geleentheid deur geloof aangryp.

In die Naam Van Jesus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Missie Japan – Bemoedigende besoek en Belowende vooruitsigte

Missie Japan - April 2025

Beste Ondersteuner,

Wat ’n bemoedigende week van betekenisvolle interaksies, diep gesprekke en stimulerende samesyn! Ons is opreg dankbaar vir die pasafgelope, amptelike besoek van ons Missie Japan leiers, Dr. Nico Mostert, Ds. Gawie Gouws en Dr. Daniël de Wet (7-17 Maart). Ons langdurige vennootskap met die plaaslike Reformed Church in Japan (RCJ) is inderdaad versterk! Lees meer oor hierdie vennootskap met die RCJ hier.
 
Hierdie nuusflits se doel is tweeledig:

Lees meer “Missie Japan – Bemoedigende besoek en Belowende vooruitsigte”

Skep asem vir vandag: 7 April 2025

Dagstukkies April

7 April

My wens vir jou is dat jy die vreugde van ‘n gesin en familie wat herenig en in vrede leef, sal geniet. Hier is God se Woord aan jou.

Tema: Hereniging van ‘n gesin

Teks: “Jakob is na sy pa Isak toe in Mamre by Kirjat-Arba, dit is Hebron, waar Isak gebly het, en vroeër ook Abraham. ” (Gen. 35:27)

  • Daar is ‘n tyd vir familiekonflik, maar daar is ook ‘n tyd om in vrede en liefde te leef – jy weet dit nou al (Pred. 3:4, 8).
  • As jy mense vergewe wat jou te kort doen of sleg van jou praat, verstaan jy God se liefde baie goed (Spr. 17:9).
  • Mooi woorde verloor nooit hulle krag nie (Spr. 12:19).
  • Kinders is gelukkig as hulle Christenouers doen wat hulle glo (Spr. 20:7).

Gebed

Liewe Vader, maak my gesin en familie ‘n voorbeeld van vrede en geluk.
In Jesus se Naam.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: Christus se alleen wees…

Daarna kom Jesus met sy dissipels by ‘n plek met die naam Getsemane, en Hy sê vir hulle: “Sit hier terwyl Ek daar gaan bid.” Hy het vir Petrus en die twee seuns van Sebedeus saamgeneem. Toe het Hy bedroef en beangs geword en vir hulle gesê: “Ek voel doodsbenoud. Bly hier en waak saam met My. Hy het ‘n entjie verder gegaan en daar gekniel met die gesig teen die grond en gebid: “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verby gaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil.

Matt. 26: 36-39

Lees meer “Stof tot nadenke: Christus se alleen wees…”

Skep asem vir vandag: 6 April 2025

Dagstukkies April

6 April

Mag jou identiteit in Christus gevestig wees. My gebed is dat jy dit sal uitleef. Hier is ‘n spesiale Woord van die Here God vir jou.

Tema:‘n Nuwe begin

Teks: “God het vir hom gesê: “Jy is Jakob, maar jy sal nie langer Jakob genoem word nie. Jou naam sal Israel wees.” God het hom toe Israel genoem. ” (Gen 35:10)

  • Herstel en vernuwing is deel van God se wonderlike plan vir jou.
  • Vandag is dit tyd om nuut en oor te begin. Laat die ou manier van leef en gebeure agter.
  • Die Here neem jou verliese, vernedering, mislukking, teleurstellings, jou sukkelende bestaan en verander dit in iets nuuts – ‘n beter nuwe lewe.
  • Geniet daarom elke oomblik van nuwe geleenthede wat die Here nou vir jou gee.

Gebed

Liewe Vader, help my om U nuwe begin vir my lewe raak te sien en aan te gryp.
In Jesus se Naam.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 5 April 2025

Dagstukkies April

5 April

Ek bid dat jy die Here so heelhartig volg, dat almal in die lewe sal sien jy dien Hom. Hier is God se Woord aan jou.

Tema: Laat jou dankbaarheid sigbaar wees

Teks: “Daar moet ek ‘n altaar gaan bou vir die God wat my Gebed verhoor het toe ek in die moeilikheid was en wat by my was waar ek ook al gegaan het.”  (Gen 35:3)

  • Wees ‘n getuienis dat God getrou is.
  • Gelukkig is jy wanneer jou enigste wens, begeerte en strewe is om God se wil te doen (Matt 5:6).
  • Leef so dat God op jou sal trots wees (Heb 12:14).
  • Jy is deel van God se nuwe wêreld. Loop oor van dankbaarheid teenoor Hom (Heb 12:28).

Gebed

Liewe Vader, gee my die geloofsinsig om altyd met dankbaarheid en oorgawe te leef.
In Jesus se Naam.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Nuusflitse Week 14+ van 2025

Nuusflitse

Sondag 6 April 2025: Erediens 09:00 – Geen Kategese.
Woensdag 9 April 2025: Klub 50 – Wat wil jy nog hê? 10:00
Woensdag 9 April 2025: Geen Blokbyeenkoms
Woensdag 9 April 2025: Kooroefening: 16:45
Woensdag 9 April 2025: Wolwedans boodskap, sop en brood
Saterdag 12 April 2025: Gholfdag
Wolwedans boodskap, sop en brood 9 & 23 April, 7 & 21 Mei en 14 & 18 Junie



NG Kerk Groot-Brakrivier Gemeentefees 3 Mei 2025

Basaar Mei 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier

Gemeentefeeslyste sirkuleer tans. Bydraes kan ook by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word.

Enige bestanddele is ook baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Die bestanddele moet asb ‘n week voor die gemeentefees by die betrokke sameroeper  of by die kerkkantoor ingehandig word.

Ons rekening is:

NG Kerk Groot-Brakrivier, FNB, Rek no 53083186511, takkode 210314. (Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “GFees” & Bloknr  & Van,  merk).

Ons neem nie vooraf bestellings nie, maar Groenkloof kan met die kerkraad gesels om hulle aankope by die fees af te haal.

Lees meer “NG Kerk Groot-Brakrivier Gemeentefees 3 Mei 2025”

Afkondigings 6-13 April 2025

Afkondigings

Sondag 6 April 2025 :

  • Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Gerrie van Deventer wat vanoggend se erediens ly.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Johannes 12:1-8.
  • Die tema van die prediking is: Die geur van reukolie!
  • Dag van Danksegging & Verootmoediging.
  • Sesde Lydensweek.
  • GEEN Kategese.
  • Sinodale offer vir Teologiese Kweekskool by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Dr Gerrie van Deventer.

Dinsdag 8 April 2025 :

  • Skole open.

Woensdag 9 April 2025 :

Lees meer “Afkondigings 6-13 April 2025”

Skep asem vir vandag: 4 April 2025

Dagstukkies April

4 April

My gebed vir jou is dat jy die Here God met jou hele lewe voluit sal dien.  Hier is ‘n boodskap vir jou.

Tema: Aanbid God voluit en heelhartig

Teks: “Jakob het daar ‘n altaar gebou en dit genoem: Die God van Israel is God.” (Gén 33:20)

  • Die Here God is jou enigste krag en hoop vir ‘n goeie en beter toekoms.
  • By die Here is jy veilig, want Hy beskerm jou (Ps. 18:2).
  • Gaan met al jou uitdagings na die Alwyse God. Hy sal jou sukses, moed en oorwinning gee.
  • Wees bly! Wees hoopvol! Leef met oorgawe!

Gebed

Liewe Vader, gee my die genade en geloof om U te vertrou en nie op my probleme te fokus nie.
In Jesus se Naam.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.