6 April
Mag jou identiteit in Christus gevestig wees. My gebed is dat jy dit sal uitleef. Hier is ‘n spesiale Woord van die Here God vir jou.
Tema:‘n Nuwe begin
Teks: “God het vir hom gesê: “Jy is Jakob, maar jy sal nie langer Jakob genoem word nie. Jou naam sal Israel wees.” God het hom toe Israel genoem. ” (Gen 35:10)
- Herstel en vernuwing is deel van God se wonderlike plan vir jou.
- Vandag is dit tyd om nuut en oor te begin. Laat die ou manier van leef en gebeure agter.
- Die Here neem jou verliese, vernedering, mislukking, teleurstellings, jou sukkelende bestaan en verander dit in iets nuuts – ‘n beter nuwe lewe.
- Geniet daarom elke oomblik van nuwe geleenthede wat die Here nou vir jou gee.
Gebed
Liewe Vader, help my om U nuwe begin vir my lewe raak te sien en aan te gryp.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


