10 April
Liewe ….
My gebed is dat jy nie jaloers op ander mense sal wees nie. Lees die gedeelte uit die Bybel en dink vandag daaroor na.
Tema: Wees tevrede met jou situasie
Teks: “Sy broers was afgunstig op hom, en sy pa het aan die droom bly dink. ” (Gen 37:11)
- Soms het ander mense dinge wat jy graag sou wou hê – ‘n beter werk, ‘n mooier en beter huis of kar, ‘n stabieler gesinslewe, meer eiendom, meer geld, groter aansien en status of ‘n beter opleiding.
- Wees tevrede met wat jy ontvang het (Eks 20:17; Fil 4:11).
- Die Gees van God weet wat jy vir die toekoms nodig het, en gee wat jy nodig het.
- Die Here voorsien in elke behoefte wat jy het (1 Kor 10:12-13).
- Dis die Voorsiener God wat jou baie gelukkig maak.
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U gee wat ek nodig het om my gelukkig te maak.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


