Sondag 6 April 2025 :
- Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Gerrie van Deventer wat vanoggend se erediens ly.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Johannes 12:1-8.
- Die tema van die prediking is: Die geur van reukolie!
- Dag van Danksegging & Verootmoediging.
- Sesde Lydensweek.
- GEEN Kategese.
- Sinodale offer vir Teologiese Kweekskool by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 – Dr Gerrie van Deventer.
Dinsdag 8 April 2025 :
- Skole open.
Woensdag 9 April 2025 :
- Klub 50 samekoms in die kerksaal om 10:00.
- GEEN Blokbyeenkoms.
- Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751. Alle belangstellendes is welkom.
Saterdag 12 April 2025 :
- Gholfdag.
| Staan ‘n kans om ’n krat vol kruideniersware te wen! R20 lootjies Sondae gedurende tee na kerk by Johan Smit te koop. |


Sondag 13 April 2025 :
- Erediens om 09:00.
- Prediker – Dr Frans Hancke.
- Sewende (Groot) Lydensweek.
- Kategese.
- Spesiale offer vir Radio FEBA by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir April 2025 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Bybelblokraai :
Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 22, asook die antwoorde vir nommer 21, is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.
Bedieninge
Omgeebediening :
- Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
- Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
- Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood
- Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die tweede kwartaal is 9 & 23 April, 7 & 21 Mei en 14 & 18 Junie.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
- Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïek projekte) inkleurkryte en -potlode. Dankie by voorbaat vir u deelname.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.
Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:
- Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
- Hulp met inkopies.
- Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
- Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.
Vir meer inligting kontak:
Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Malawi
Alhoewel Malawi grootliks verdraagsaam is teenoor die Christendom, word gelowiges straf vervolg in sekere gebiede waar Islam die oorheersende godsdiens is. FEBA-luisteraars word geslaan, uit hul dorpe verjaag, en moet soms toekyk hoe hulle wonings vernietig word. Die land ly ook weens erge voedseltekorte. Ten spyte van die swaarkry voer FEBA Malawi die Groot Opdrag getrou uit deur na afgeleë gebiede te reis om gelowiges te bemoedig en te voorsien van radio’s, oudio-Bybels, Bybels en soms kos.
Ons gebed vir die week: Bid vir FEBA Malawi se bediening aan vervolgde luisteraars en vir verligting van die hongersnood.
NG Kerk Groot-Brakrivier Gemeentefees

Gemeentefeeslyste sirkuleer tans. Bydraes kan ook by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word.
Enige bestanddele is ook baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Die bestanddele moet asb ‘n week voor die gemeentefees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.
Ons rekening is:
NG Kerk Groot-Brakrivier, FNB, Rek no 53083186511, takkode 210314. (Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “GFees” & Bloknr & Van, merk).
Ons neem nie vooraf bestellings nie, maar Groenkloof kan met die kerkraad gesels om hulle aankope by die fees af te haal.
INDIEN U GRAAG BETROKKE WIL RAAK DEUR HULP AAN TE BIED OF ‘N SKENKING TE MAAK KAN U DIE VOLGENDE PERSONE KONTAK:
- KERRIE-EN-RYS: @ R40. Corita du Preez – / Barbara Gericke – .
- JAFFLES: @ R25 elk. Kom geniet ons kraakvars Jaffles met geurige maalvleis vir oud en jonk!👨👩👦👦 Wenk: Jaffles kan gevries word, kan skoolpouse ‘n lafenis wees en bejaardes ‘n maaltyd soos van ouds.🤹♀ 🍪🍴Kom koop en geniet! Annatjie Janse van Rensburg – of Corrie Pieters .
- ROOSTERKOEKE: Heel (Plein) @ R20 elk / Konfyt @ R25 elk / Kaas @ R25 / Konfyt & Kaas @ R30 elk / Hoender Mayo @ R30 elk / Kudu Kerrie Mince @ R35. Enige bydrae van tuisgemaakte konfyt sal waardeer word. Amelia Le Roux / Kevin van Tonder .
- PANNEKOEK: @ R6 elk. Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoek, asook donasies (suiker, meel, olie, eiers en kaneel), wat by die kerkkantoor afgegee kan word. Indien u kan help skakel asb die kerkkantoor.
- SOSATIES: Sosaties @ R18 elk. Geldelike bydraes sal waardeer word. Asseblief geen bestellings! Eddie Drost –
- GEBAK EN TEETUIN: Ons benodig produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Ons vra dat elke wyk iets gebak sal bydra vir die koektafel. Michelle Roon – / Rita Pienaar
- GROENTE: Ds Charné Viljoen
- WIT OLIFANT & BOEKE: Ons ontvang reeds in lokaal 6 goedere op Maandae, Woensdae en Vrydae oggende. Dit kan deur Annalene by jou huis kom haal word as dit vir jou prakties moeilik is om af te laai. Annalene de Swardt .
- JAM (Jesus And Me) KINDERTAFEL: Treintjie – R5 per rit , “Soft Play” – eenmalige R10, Springkasteel – eenmalige R10, Tombola – kom geniet jou gate uit! Ons benodig asb geldelike bydraes of oulikhede om op die dag by die kindertafel te verkoop. Kontak Tanya Heath .
- POEDING: Nog steeds die beste in die Weste! R17 per bakkie. Dirk & Dorette Visser . Indien u ‘n poeding wil skenk of graag wil help, dui asb net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.
- LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal. Groot (9cm deursnit) @ R10 elk of 6 vir R50. Bestellings sluit Maandag 28 April. Vries goed. Corrie Pieters .
Die webwerf (nggrootbrak.co.za) 6 April 2025
- Erediensbediening:
- Skakel na die YouTube Erediens van 6 April 2025.
- Getuienisbediening:
- Ons vra voorbidding vir Michelle en Mari-Alena, asook vir die werk van die Here in Oekraïne.
- Bybelstudiereeks:
- Die April ‘Skep asem vir vandag’ is beskikbaar. Vorige dagstukkies kan gevind word deur op die skakel onderaan te klik.
- Vind die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Christus se alleen wees…”.
- Gemeente Nuus:
- Die Visie en Waardes van die 16 Maart 2025 diens is beskikbaar op die webtuiste. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.



Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars:
Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640
Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525 ‘
044 620 2205
e-pos: Kontak Ons
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



