Gemeentefeeslyste sirkuleer tans. Bydraes kan ook by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word.
Enige bestanddele is ook baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Die bestanddele moet asb ‘n week voor die gemeentefees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.
Ons rekening is:
NG Kerk Groot-Brakrivier, FNB, Rek no 53083186511, takkode 210314. (Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “GFees” & Bloknr & Van, merk).
Ons neem nie vooraf bestellings nie, maar Groenkloof kan met die kerkraad gesels om hulle aankope by die fees af te haal.
INDIEN U GRAAG BETROKKE WIL RAAK DEUR HULP AAN TE BIED OF ‘N SKENKING TE MAAK KAN U DIE VOLGENDE PERSONE KONTAK:
- 🧁 Roosterkoeke Tafel – “Kole & Konfyt”: Vars van die kole – vuurwarm stoomtrek-lekkerte soos net ‘n roosterkoek kan wees! Heel (Plein) R20 elk / Konfyt R25 elk / Kaas R25 / Konfyt & Kaas R30 elk / Hoender Mayo R30 elk / Kudu Kerrie Mince R35. Enige bydrae van tuisgemaakte konfyt sal waardeer word.📞 Amelia le Roux 📞 Kevin van Tonder
- 🐘 Wit Olifant Tafel – “Skatte & Snaaksighede”: Kommervrye koop met reuse winskopies – iets vir elkeen! Skenkings welkom by Lokaal 6 (Ma, Wo, Vr). 📞 Annalene de Swardt
- 📚 Boek Tafel – Kom snuffel rond tussen pragtige tweedehandse boeke! Lees en Lag en Leer ! Skenkings welkom by die kerkkantoor (Ma, Wo, Vr). 📞 Annalene de Swardt
- 🍨 Smullekker Nagereg Tafel – “Soet Sondes”: Nog steeds die beste in die Weste! Poedings en nageregte teen net R17 per bakkie. Indien u poeding skenk, dui asb net aan of dit ‘n warm of koue poeding is. Roomys- en foeliebakke beskikbaar. 📞 Dirk & Dorette Visser
- 🍛 Kerrie & Rys Tafel – “Kerrie ‘n Bietjie”: Geurig en vol huislike smaak – Ouma sou trots wees! R40 vir ‘n lekker groot porsie. 📞 Barbara Gericke 📞Corita du Preez
- 🍢 Sosatie Tafel – “Stok en Smul”: Ons skakel hoenders om in ‘n feesmaal op ‘n stokkie – perfek gebraai en propvol geur! R18 per sosatie. Indien jy lief is vir braai en ‘n handjie wil bysit, kontak gerus vir 📞 Eddie –
- 🥪JAFFLES: R25 elk. Kom geniet ons kraakvars Jaffles met geurige maalvleis vir oud en jonk!👨👩👦👦 Wenk: Jaffles kan gevries word, kan skoolpouse ‘n lafenis wees en bejaardes ‘n maaltyd soos van ouds.🤹♀ 🍪🍴Kom koop en geniet! 📞 Annatjie Janse van Rensburg – 📞 Corrie Pieters –
- 🍰 Tee Tuin – “Koek & Klets”: Kom sit onder die sambreel en geniet ’n koppie koffie of tee met ’n stukkie vars gebakte koek. ☕ Koffie/Tee – R15 | 🍰 Koek – R20 📞 Michelle Roon –
- 🍽 Pannekoek Tafel – “Strooi & Rol”: Ons pannekoeke is sag, warm en vol geur. R6 elk. 📞 Elsabé Richards –
- 🥕 Groente Tafel – “Kraakvars natuurlekkers”: Vars uit die tuin – gesond, geurig en g’n preserveermiddels! 📞 René Vorster .
- 🥳 JAM (Jesus And Me) KINDERTAFEL: Treintjie – R5 per rit , “Soft Play” – eenmalige R10, Springkasteel – eenmalige R10, Tombola – kom geniet jou gate uit! Ons benodig asb geldelike bydraes of oulikhede om op die dag by die kindertafel te verkoop. 📞 Tanya Heath
- 🍴 LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal. Groot (9cm deursnit) @ R10 elk of 6 vir R50. Bestellings sluit Maandag 28 April. Vries goed. 📞 Corrie Pieters



Kommentare is gesluit.