Stof tot nadenke: “Die dood kon Hom nie bind nie…”

Die Sondagmôre vroeg, toe dit nog donker was, kom Maria Magdalena by die graf en sien dat die klip weggerol is.

Joh. 20: 1

Soos wat ons mense nou maar is, dink ons dadelik mense het iets gedoen. Dit was ook nie anders met Maria Magdalena nie. Sy het dadelik vermoed dat iemand Jesus se liggaam geskuif het. Sy wou nog die laaste eer betoon aan Christus. Daar was egter engele om haar te verseker dat dit nie die geval was nie. Dit was omdat Jesus Christus opgewek is uit die dood. Maria wat buite die graf gestaan en huil het, het Christus se verheerlikte liggaam met die van die tuinopsigter verwar. Sy is gou reggehelp, en het Hom herken.

Die vroue het groot geskrik en met hulle gesig na die grond toe gebuig. Toe sê die manne vir hulle: “Waarom soek julle die Lewende by die dooies? Hy is nie hier nie. Hy is uit die dood opgewek”” (Luk. 24: 5-6); ”Nadat sy dit gesê het, het sy omgedraai en vir Jesus daar sien staan, maar sy het nie geweet dat dit Hy is nie. Jesus vra haar toe: “ Mevrou, waarom huil jy? Vir wie soek jy?” Sy het gedink dit is die tuinopsigter, en sy het vir hom gesê: “Meneer, as u Hom weggevat het, sê vir my waar u Hom begrawe het, en ek sal Hom daar gaan haal.” Jesus het vir haar gesê: “Maria!” Sy draai na Hom toe en sê in Hebreeus vir Hom: Rabboeni!” Dit beteken leermeester.” (Joh. 20: 14-16)

Ons kan ons die vreugde indink, toe Maria Magdalena vir Jesus herken. Sy het haar gehaas om die dissipels te vertel dat sy Hom gesien het. Hulle wou haar nie glo nie, en moes self ondersoek instel. Petrus en Johannes het inderhaas na die graf gegaan, en dit net so gekry soos wat Maria Magdalena vertel het. Die dood kon Jesus Christus nie bind nie. Alles het so gebeur soos wat Hy hulle voor die tyd vertel het. Hy sou gekruisig word en sterf, maar sou op die derde dag weer opstaan, en sodoende vir ewig ons van ons sondes verlos.

Petrus en die ander dissipel het toe uitgekom en na die graf toe gegaan. Die twee het saam begin hardloop, maar die ander dissipel het vinniger as Petrus gehardloop en eerste by die graf gekkom. Toe hy vooroor buk, sien hy die doeke lê, maar hy het nie ingegaan nie. Ná hom het Simon Petrus ook daar aangekom, en hy het in die graf ingegaan. Hy sien toe die doeke daar lê, oook die doek wat om Jesus se kop was…” (Joh. 20: 3-7).

Na hierdie gebeure, nog dieselfde aand, het Jesus Christus aan die dissipels, waar hulle agter geslote deure was, verskyn. Hy het hulle sy hande gewys, waar die letsels van die kruisiging nog duidelik was, en hulle was in ekstase. Hy groet hulle met “Vrede vir julle!”, en herhaal weer die boodskap dat hulle die evangelie moet gaan verkondig.

Daardie Sondagaand was die dissipels bymekaar. Alhoewel die deure gesluit was omdat hulle bang was vir die Jode, het Jesus gekom en tussen hulle gaan staan en vir hulle gesê: “Vrede vir julle!” (Joh. 20: 19); “Vrede vir julle!” sê Hy weer vir hulle. “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.” Nadat Hy dit gesê het, blaas Hy oor hulle en sê: “Ontvang die Heilige Gees!”” (Joh. 20: 21-22)

So het Jesus Christus verskeie kere aan ook ander mense verskyn, sodat hulle verseker kon weet dat daar geen twyfel is oor die feit dat die dood geen houvas op Hom kon kry nie! Selfs die gekonkel van die priesterhoofde nadat die wagte die berig aangebring het, moes geweet het, al het hulle ‘n leuen versprei, dat Jesus Christus waarlik opgestaan het. Die groot genade wat aan ons bewys is deur hierdie oorwinning van die dood kan ons dikwels nie begryp nie. Ons hoef geen vrees te hê wanneer ons in geloof vashou aan hierdie waarheid. Jesus Christus het regtig opgestaan, en daarom kan ons nou ook oorwinnaars wees in geloof. God, die Vader, die Seun, Jesus Christus en die Trooster, Die Heilige Gees het ons so lief dat ons nooit alleen hoef te stry teen die sonde nie. Dit is reeds oorwin. Glo in die opstanding van Jesus Christus, en jy kan verseker weet dat ons niks het om te vrees nie; maar ons het ook die opdrag gekry om dit vir die Wêreld te vertel!

Terwyl die vroue oppad was, kom party van die wagte in die stad aan en vertel vir die priesterhoofde alles wat gebeur het.” (Matt. 28: 11); ”Later het Jesus aan die elftal self verskyn terwyl hulle aan tafel was. Hy het hulle verwyt oor hulle ongeloof en hardheid van hart, omdat hulle dié wat Hom na sy opstanding gesien het, nie geglo het nie. Hy het vir hulle gesê: “Gaan uit, die hele wêreld in, en verkondig die evangelie aan die hele mensdom. Wie tot geloof gekom het en gedoop is, sal gered word; wie nie glo nie, sal veroordeel word.” (Mark. 16: 14-16)

Skep asem vir vandag: 20 April 2025

Dagstukkies April

20 April

Liewe ….

Ek bid dat jy sal opmerk hoe die Here jou kan verander en wil gebruik. Hier is God se Woord aan jou.

Tema: Daar wag nuwe geleenthede en groot herstel

Teks: “ Potifar het hom aangestel oor sy hele huishouding en oor al sy besittings” (Gen 39:4)

  • Die Here bring herstel te weeg.
  • Hy wil hê dat jy presies sal word wat Sy bedoeling met jou was.
  • Moet nooit die Here onderskat nie – kyk wat Hy deur jou en in jou nog wil doen.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my verander en nuwe geleenthede gee.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Nuusflitse Week 17+ van 2025

Nuusflitse

Sondag 20 April 2025 : Paasfees.
Sonsopkomsbyeenkoms by Suiderkruisstrand om 06:30 – Ds Danie Goosen.
Erediens om 09:00 – Dr Frans Hancke. GEEN Kategese.
Maandag 21 April – Kerkkantoor gesluit
Woensdag 23 April GEEN Blokbyeenkoms.
Woensdag 23 April Kooroefening by die orrel om 16:45.
Woensdag 23 April : Wolwedans boodskap sop en brood
Sondag 27 April 2025 : GEEN Kategese. Erediens om 09:00
29 April 2025: Bestuurspanvergadering 

Skep asem vir vandag: 19 April 2025

Dagstukkies April

19 April

Liewe ….

My gebed is dat jy elke geleentheid wat na jou kom sal aangryp en ‘n sukses daarvan sal maak. Hier is God se Woord aan jou.

Tema: Die Here dra jou altyd

Teks: “ Die Here was by Josef en dit het baie goed met hom gegaan” (Gen 39:2)

  • Wees bedag vir nuwe geleenthede wat vir jou wag.
  • Selfs wanneer jy onder druk en gespanne is, bly jy waardevol vir die Here
  • Daarom belê Hy deur Sy Gees in jou en sal jou nie los nie (Joh. 10:28-30).
  • Die Here herstel alles – jou gesondheid, jou finansies, jou werk, jou verhoudinge en jou toekoms.
  • Hy verander en verbeter alles – vir jou.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my donker oomblikke in goue oomblikke verander.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Afkondigings 20 April 2025 – 27 April 2025

Afkondigings

Sondag 20 April 2025 :

  • Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Frans Hancke wat vanoggend se erediens lei.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit 1 Korintiërs 15:12-20.
  • Die tema van die prediking is: Want Sondag het gekom!
  • Paasfees.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Dr Frans Hancke.

Maandag 21 April 2025 :

Lees meer “Afkondigings 20 April 2025 – 27 April 2025”

Skep asem vir vandag: 18 April 2025

Dagstukkies April

18 April

Liewe ….

My gebed is dat jy vas sal glo dat God jou uitkoms sal gee. Hier is ‘n Woord van die Here aan jou vir vandag.

Tema: Daar sal verseker uitkoms wees

Teks: “So sê die Here: ‘n Soldaat se gevangene kan ontset word, selfs ‘n man met mag se buit kan afgeneem word. Ek is ‘n vyand van jou vyand en Ek sal jou kinders red.” (Gen. 37:35)

  • Soms lyk dit asof jy in doodloopstrate is. Jy het nie hoop nie, raak paniekerig en wil moed opgee.
  • Soms het jy nie beheer oor dinge nie, ander kere kan jy aan situasies iets verander.
  • Wanneer dit finansieël moeilik gaan, jou werk onder druk is, of as jy familieprobleme het, gee Hy die oplossing.
  • Wanneer jou kinders probleme het, help Hy hulle en gee Hy hulle uitkomste.
  • Wat vir jou onmoontlik lyk, maak Hy moontlik.
  • Jou toe deure, maak die Almagtige God groot oop deure.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U die moeilike situasies in my lewe goed laat uitwerk.

In Jesus se Naam.

Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 17 April 2025

Dagstukkies April

17 April

Liewe ….

Ek hoop dat jy sal raaksien wanneer iemand nie skuldig aan iets is nie. Hier is ‘n gedagte van die Bybel vir jou.

Tema: Erken die onskuld van ander mense

Teks: “Maar Juda het dit erken en gesê: Sy is onskuldig, ek nie” (Gen 38:26)

  • Dit is nie maklik en lekker om te erken dat jy verkeerd is en skuldig is aan iets nie.
  • Dit is waarom jy eerder ander mense sal verwyt – jy sal eerder aanval.
  • Wil jy vrede kry – hou op om ander mense se foute uit te wys.
  • Wil jy vrede kry – erken jou aandeel aan die probleme.

Gebed

Liewe Vader, gee my genade om my foute te erken en ander mense nie meer seer te maak nie.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 16 April 2025

Dagstukkies April

16 April

Liewe ….

My gebed is dat jy sal sien dat God elke hartseer in iets goeds verander. Hier is ‘n Woord van die Here aan jou vir vandag.

Tema: Leef in die waarheid

Teks: “ So het Josef se pa bly treur oor hom.” (Gen 37:35)

  • Die Here wil eerder dat jy die mooi dinge van die lewe sien en geniet, as hartseer.
  • Die Here God is jou veilige wegkruipplek, jou Beskermer en jou toekoms.
  • Jy kan met vertroue op die Here staatmaak. Jy kan weet dat Hy jou sal help.
  • Hy sal alles herstel. Jy sal ‘n nuwe tyd beleef. Wees positief.

Gebed

Liewe Vader, maak my sterk sodat ek in hoop leef.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Sendingnuus – Madagaskar – The Week 6 April 2025

Madagaskar

It is good to have Dries back at home. He has so much to do and the fact that April is one of our hottest and most humid months, must have made him feel right at home.

On the other hand, we have to say goodbye to Annika and Anne who will leave on Tuesday. They had their final Royal Ranger meeting on Saturday. They have been teaching the Rangers about Germany as well as some useful German phrases for the past five weeks. The girls were surprised by how much their students remembered, because they did well in the quizz. Dries made the girls some neck ties to remember us by and Annika gave him her German one.

Lees meer “Sendingnuus – Madagaskar – The Week 6 April 2025”

Skep asem vir vandag: 15 April 2025

Dagstukkies April

15 April

Liewe ….

Ek wens dat jy sal aanleer wat dit beteken om vir ander mense om te gee. Hier is ‘n spesiale Woord van die Here aan jou.

Tema: Gee om en help

Teks: “ Ruben het dit gesê sodat hy vir Josef kon red en hom na sy pa toe kon terugstuur. ” (Gen 37:22)

  • Reik uit na mense in nood.
  • Gelukkig is jy wanneer jy regtig vir ander mense omgee (Matt 5:7).
  • Gelukkig is jy wanneer jy hartseer is oor die pyn en lyding van die wêreld (Matt 5:4).
  • Wanneer jy mense in nood sien, probeer hulle uit daardie situasie help.

Gebed

Liewe Vader, help my sodat ek vir mense sal begin omgee.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 14 April 2025

Dagstukkies April

14 April

Liewe ….

Ek wens dat jy verstaan dat dit waarde het om eerlik te wees en dat oneerlikheid net hartseer bring. Hier is God se Woord aan jou.

Tema: Leuens bring pyn

Teks: “ So het Josef se pa bly treur oor hom.” (Gen 37:35)

  • Leuens veroorsaak net hartseer en teleurstellings: teenoor jouself en alle ander mense.
  • Christusgelowiges het die waarheid lief. Die waarheid maak jou vry (Joh. 8:32).
  • Christusgelowiges vertel nie eens witleuens of buig die waarheid ‘n bietjie nie. Dit bind jou.
  • Wees eerlik en leef met integriteit.
  • Gelukkig is jy wanneer jy met integriteit leef. Jy sal baie vrede en gemoedsrus geniet.

Gebed

Liewe Vader, maak my eerlik en gee my gemoedsrus omdat ek integriteit het.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: “Dit is volbring!”

Stof tot nadenke Dit is volbring

“Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: “Dit is volbring” (Joh. 19: 30)

Dit is hierdie komende week die sewende en groot lydensweek. Dit week waarin ons herinner word aan wat Jesus Christus moes deur maak vir elkeen van Sy dissipels, asook elkeen wat deur hulle woorde tot geloof sou kom en wat in Hom glo. Hy het uitsluitlik na hierdie wêreld gekom, met die enigste doel voor oë, om verlossing te bring vir elkeen wat in Hom glo. Jesus Christus is deur God gestuur en Sy opdrag was om God te verheerlik en die evangelie na hierdie aarde te bring, en uiteindelik hierdie donker week te deurleef. Sodoende is die uitvoering van God se opdrag volbring deur aan die kruis te kom sterf.

Lees meer “Stof tot nadenke: “Dit is volbring!””

Skep asem vir vandag: 13 April 2025

Dagstukkies April

13 April

Liewe ….

Ek bid dat jy deur die Heilige Gees sal aanleer wat dit is om deur die oë van Jesus na ander mense te kyk. Hier is God se Woord net vir jou vandag.

Tema: Kyk met sagte oë na ander mense

Teks: “ Ruben het dit gesê sodat hy vir Josef kon red en hom na sy pa toe kon terugstuur. ” (Gen 37:22)

  • Soms sien jy probleme kom. Ander kere kom dit onverwags.
  • Verstandige en verantwoordelike Christusgelowiges vermy moeilikheid en probleme.
  • Maak planne om daaruit te kom, of, as jy kan, om te keer dat dit jou tref.
  • God wat jou beskermer is, is ook die Gees wat jou wysheid gee om uit elke nood te kom.
  • Leef met hoop en vrede.

Gebed

Liewe Vader, oorspoel my met insig dat ek nie in donker oomblikke bly lê nie.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

‘n Kolskoot-sukses: Dankie dat jy ons gholfdag van 12 April 2025 onvergeetlik gemaak het!

Gholfdag NGK Groot-Brakrivier 2025

Wat ‘n ongelooflike dag op die setperk! Die NG Kerk Groot-Brakrivier se jaarlikse fondsinsamelingsgholfdag by die pragtige Dolphins Creek Country Estate was ‘n dawerende sukses, te danke aan elkeen van julle wat aan hierdie spesiale geleentheid deelgeneem, geborg en ondersteun het.

Ons spelers

Aan ons wonderlike gholfspelers—jou entoesiasme, vaardigheid en vrygewigheid het die dag waarlik onvergeetlik gemaak. Of jy nou ‘n voëltjie aangeteken het of net die kameraadskap geniet het, jou teenwoordigheid het ons gehelp om noodsaaklike fondse vir ons kerk se missie en gemeenskapsprojekte in te samel.

Lees meer “‘n Kolskoot-sukses: Dankie dat jy ons gholfdag van 12 April 2025 onvergeetlik gemaak het!”

Wat ‘n ongelooflike dag op die setperk! Die NG Kerk Groot-Brakrivier se jaarlikse fondsinsamelingsgholfdag by die pragtige Dolphins Creek Country Estate was ‘n dawerende sukses, te danke aan elkeen van julle wat aan hierdie spesiale geleentheid deelgeneem, geborg en ondersteun het.

Ons spelers

Aan ons wonderlike gholfspelers—jou entoesiasme, vaardigheid en vrygewigheid het die dag waarlik onvergeetlik gemaak. Of jy nou ‘n voëltjie aangeteken het of net die kameraadskap geniet het, jou teenwoordigheid het ons gehelp om noodsaaklike fondse vir ons kerk se missie en gemeenskapsprojekte in te samel.

Lees meer “‘n Kolskoot-sukses: Dankie dat jy ons gholfdag van 12 April 2025 onvergeetlik gemaak het!”

Nuusflitse Week 13+ van 2025

Nuusflitse

Sondag 13 April 2025 : Erediens 09:00 – Kategese.
Woensdag 16 April 2025: Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 8A (Bergsig-Oos) & 8B (Bergsig-Wes)
Woensdag 16 April 2025: Kooroefening: 16:45
Vrydag 18 April 2025: Goeie Vrydag. Nagmaal om 09:00 – Ds Danie Goosen.
Groenkloof preek om 10:00 – Dr Gerrie van Deventer.
Sondag 20 April 2025 : Paasfees.
Sonsopkomsbyeenkoms by Suiderkruisstrand om 06:30 – Ds Danie Goosen.
Erediens om 09:00 – Dr Frans Hancke. GEEN Kategese.