5 April
Ek bid dat jy die Here so heelhartig volg, dat almal in die lewe sal sien jy dien Hom. Hier is God se Woord aan jou.
Tema: Laat jou dankbaarheid sigbaar wees
Teks: “Daar moet ek ‘n altaar gaan bou vir die God wat my Gebed verhoor het toe ek in die moeilikheid was en wat by my was waar ek ook al gegaan het.” (Gen 35:3)
- Wees ‘n getuienis dat God getrou is.
- Gelukkig is jy wanneer jou enigste wens, begeerte en strewe is om God se wil te doen (Matt 5:6).
- Leef so dat God op jou sal trots wees (Heb 12:14).
- Jy is deel van God se nuwe wêreld. Loop oor van dankbaarheid teenoor Hom (Heb 12:28).
Gebed
Liewe Vader, gee my die geloofsinsig om altyd met dankbaarheid en oorgawe te leef.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


