Skep asem vir vandag: 3 April 2025

3 April

My gebed is dat jy die lewe met hoop en verwagting, positief sal aanpak. Hier is die Here se Woord aan jou.

Tema: Die lewe gaan aan

Teks: “Hy het vir Jakob gesê: “Breek kamp op dat ons verder kan trek. Ek sal vooruit trek om jou te beskerm.”(Gén 33:12)

  • Die dinge wat jy bang is verkeerd sal gaan, gebeur meestal nie. God laat jou lewe reg uitwerk.
  • Goeie beplanning laat dinge werk. Goeie raad verseker sukses (Spr. 15:22).
  • Leef voluit!!! Ken die Here in elke liewe ding wat jy doen. Hy sal jou help om dit uit te voer (Spr. 16:3).
  • Vir die Christusgelowige is die lewe een groot fees, want die Here Jesus is jou voorloper (Spr. 15:15; Heb 12:2).

Gebed

Liewe Vader, gee my ‘n geloofsoog sodat ek voluit vorentoe sal leef.
In Jesus se Naam.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.