11 April
Liewe ….
Ek wens dat jy ‘n harde werker sal wees – iemand met eerlikheid en integriteit. Ontvang God se boodskap spesiaal aan jou vandag.
Tema: Voer jou take noukeurig uit.
Teks: “Josef se broers het hulle pa se kleinvee gaan oppas in Sigem. ” (Gén 37:12)
- God hou van orde en harde werk.
- Hy hou daarvan wanneer jy jou eiendom oppas en meer maak.
- Neem verantwoordelikheid om dit wat die Here vir jou gee, te koester en te beskerm.
- Voer die take en opdragte wat jy van God kry, goed, noukeurig en deeglik uit.
- Jy sal geluk ervaar wanneer jy sien hoe tevrede die Here moet jou gedrag is.
Gebed
Liewe Vader, help my om dit wat U oor my pad bring tot U eer op te pas.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


