Skep asem vir vandag: 9 April 2025

9 April

Liewe ….

Ek bid dat jy ‘n Christusgelowige sal wees wat alle mense dieselfde sal hanteer. Hier is God se Woord aan jou.

Tema: Hanteer almal gelyk

Teks: “Van al sy seuns was Israel die liefste vir Josef, … Toe sy broers sien dat hulle pa vir Josef liewer het as vir enige van hulle, het hulle ‘n afkeer van Josef gekry en het hulle niks goeds oor hom gesê nie. (Gen 37:3-4)

  • Baie keer het jy die versoeking en druk om sekere mense beter as ander mense te behandel.
  • Ander mense sien dit raak. Hulle hou nie daarvan nie. Hulle tree selfs sleg teen die mense wat voorgetrek word, op.
  • Die Regverdige Here God hanteer alle mense, ongeag ras, taal, kleur, geslag of nasie presies dieselfde. Hy trek niemand voor nie (Rom. 2:11; Kol 3:10-12).
  • Christusgelowiges weerspieël die karakter van Jesus wanneer ons alle mense dieselfde hanteer.

Gebed

Liewe Vader, gee my insig, wysheid en lei my om almal dieselfde te hanteer.
In Jesus se Naam.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.