2 April
My gebed is dat jy die wonders van God sal raaksien – ook hoe Hy vrede in jou verhoudinge bewerk. Hier is ‘n boodskap uit die Bybel vir jou.
My gebed is dat jy die wonders van God sal raaksien – ook hoe Hy vrede in jou verhoudinge bewerk. Hier is ‘n boodskap uit die Bybel vir jou.
Vandag begin die vierde maand van die jaar. Ek wens dat jy die volwassenheid aanleer om jou woorde te tel voordat jy praat, veral wanneer jy kwaad is. Hier is God se Woord aan jou.
Ek bid dat jy sal sien hoeveel goedheid en guns die Here vir jou gee. Hier is vandag se boodskap aan jou.
Teks: “Dit is die kinders wat God in sy liefde aan my gegee het.” (Gen 33:5)
Liewe Vader. Baie dankie dat U in alles vir my genoeg gee.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Jesus sê vir hom: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.”
Joh. 14: 6
Ons almal is baie bekend met die die gebed van Koos du Plessis wat noem : “…elke afdraai paadjie ken ek…”. Wie van ons het nog nie so gevoel nie. Elkeen van ons het al so dikwels daardie afdraaipaadjie geneem, in stede van op die regte pad te bly. Daar is so baie keuses om te maak wanneer ons by daardie kruispaaie kom, waar die verleidings en die versoekings van hierdie aarde vir ons so aanloklik lyk, dat ons besluit om tog net vir ‘n kort wyle op daardie afdraaipaadjie te wandel. Maar telkens wys God ons daarop dat daar net een weg.
Lees meer “Stof tot nadenke: Die Enigste Pad”My wens is dat jy sal leer dat liefde en respek jou verhoudings met ander mense bou. Hier is ‘n Boodskap uit die Bybel vir jou.
Teks: “Esau het hom tegemoet gehardloop en hom omhels. Esau het sy arms om Jakob se nek gesit en hom gesoen, en hulle het gehuil. ” (Gén 33:4)
Liewe Vader. Gee my die genade om ‘n vredemaker te wees.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Prediker: Dr. Gerrie van Deventer
Skriflesing: Lukas 13: 6-9
Tema: ‘n Vyeboom en Kompos
Datum: 30 Maart 2025
Lees meer “Erediens: ‘n Vyeboom en Kompos. Lukas 13:6-9. Dr Gerrie van Deventer. NG Kerk Groot-Brakrivier”Sondag 30 Maart 2025: Erediens 09:00 – Geen Kategese.
Woensdag 2 April 2025: Blokbyeenkoms 7 :18:00
Sondag 6 April 2025 : Erediens om 09:00 – Geen Kategese
9 April 2025: Klub 50 – Wat wil jy nog hê?
12 April 2025: Gholfdag
Woensdag 9 & 23 April 2025: Wolwedans boodskap, sop en brood
’n Spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers: Thinus & Rina Janse van Rensburg (seuntjie – Xander).

EK bid vir jou dat jy alle mense met respek en menswaardigheid sal hanteer. Hier is God se Woord vir vandag.
Teks: “Hy self het verbygegaan tot heel voor en toe hy nader na sy broer toe kom, het hy sewe keer diep gebuig. ” (Gén 33:3 )
Liewe Vader. Gee my die geloofsmoed om aan alle mense liefde en respek te bewys.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Ek bid dat jy die Here vandag sal vertrou. Hier is Sy boodskap vir jou.
Teks: “ Die man het gesê: “Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel, want jy het teen God en teen mense ‘n stryd gevoer en jy het dit end-uit volgehou.” ” (Gen 32:23)
Liewe Vader. Dankie Vader dat U my konflik in oorwinnings verander.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Ons gemeente het weeklikse Bybelstudiegroepe op verskillende plekke.
Indien u by ’n groep wil inskakel, skakel die kerkkantoor (044 620 2205) om uit te vind watter groep die naaste aan u huis vergader.
Hieronder verskyn die lys van Bybelstudiegroepe. Kyk gerus waar u wil inval.
Lees MeerOns gemeente het weeklikse Bybelstudiegroepe op verskillende plekke.
Indien u by ’n groep wil inskakel, skakel die kerkkantoor (044 620 2205) om uit te vind watter groep die naaste aan u huis vergader.
Hieronder verskyn die lys van Bybelstudiegroepe. Kyk gerus waar u wil inval.
Lees MeerJesus vir my. Jesus vir ons, Jesus vir almal
Ons as gemeente is saam die liggaam van Christus.
Ons elkeen is ‘n unieke lid met sy/haar passie, gawes, talente en sterk punte.
Aanvaarding
Deernis
Eensgesinde blydskap in Christus
Gasvryheid
Mededeelsaamheid
Indien u pryse, bowwe en/of setperke wil borg kan u Johan Smit hier kontak: Kontak.
Top redes waarom u nie hierdie jaar se Gholfdag moet misloop nie!
My gebed vir jou is dat jy jou geluk by die Here God sal soek. Hier is spesiale boodskap uit die Bybel vir jou.
Teks: “ Jakob het geantwoord: “Ek sal jou net los as jy my seën.” (Gen 32:26)
Liewe Vader. Dankie dat U krag my veilig bewaar.
In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
“As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg.”
Lukas 9:23
Vader, help ons om weer bewus te word van ons gawes om ‘n seën vir ‘n ander een te wees. Om ander met onvoorwaardelike liefde en deernis te aanvaar en te bemoedig. Niemand van ons leef tog vir onsself nie, ons doen dit tot eer van God.
Lees meer “Gebedsgids April 2025”Ek hoop en bid dat jy die vrymoedigheid het om jou vrese aan God bekend te maak. Hier ‘n Woord van God vir jou..
Teks: “ Red my tog uit die mag van my broer Esau, ek is bang vir hom … (Gen 32:11)
Liewe Vader. Baie dankie dat U my uit elke situasie wat sleg is sal lei. In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Lovako School in Russian Bay has fourty-eight pupils this year and the space is filled to capacity. Euphrasie and I were once again impressed by the dedication of the three teachers and the fact that everythings is clean, organised and neat. An added blessing is that the village built a well right next to the school and this makes life at school much easier.
Lees meer “Sendingnuus – Madagaskar The Week 12 March 2024”Mag jy vandag bewus wees van die ondersteunende krag van die Here. Hier is Sy boodskap vir jou.
Teks: “ Jakob het sy koers gegaan, en engele van God het hom teëgekom. Toe Jakob hulle sien, sê hy: “Dit is ‘n leër van God,”” (Gen 32:1-2)
Liewe Vader. Baie dankie dat U my beskerm en versorg.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
