FEBC INDONESIË
Saterdag & Sondag 1-2 Oktober: Yaski FM in Indonesië het ‘n nuwe program op die lug, “Yaski Care for Covid-19”. Die program reik uit na luisteraars in Tangerang en die omliggende gebiede wat deurgeloop het onder Covid-19. Hulle deel ook kos- en vitamienpakkies uit. Bid dat dié program baie gesinne sal baat.
| INDONESIË OEKRAÏNE RUSLAND |
FEBC OEKRAÏNE Maandag 3 Oktober: Bid asseblief vir Inna, ‘n uitsaaier vir FEBC Oekraïne, se beskerming. Sy is passievol daaroor om na luisteraars uit te reik. Sy spandeer gereeld haar tyd deur aanlyn met luisteraars se gesels en hulle ook in persoon te ontmoet. Dinsdag 4 Oktober: Bid asseblief vir die vroue in Inna se bediening. Mag hul harte oop wees om die Here te ontvang en kerk by te woon. Woensdag 5 Oktober: Bid asseblief dat God vir die uitsaaiers krag en energie sal gee. Hulle reis gedurig regoor die Oekraïne om luisteraars te ontmoet en te bedien. Donderdag 6 Oktober: Bid asseblief vir diegene wat by die span in Oekraïne se aanlyn gebedsgeleenthede aansluit. Sommige se stories is hartverskeurend. Bid dat God vir Inna die regte woorde sal gee om met hulle te praat. Vrydag 7 Oktober: Bid asseblief vir die uitsaaiers wat in Vinnytsia woon se veiligheid. Geweld en verwoesting het onlangs baie toegeneem in die stad. Saterdag & Sondag 8-9 Oktober: Bid dat die Goeie Nuus die verlorenes sal bereik in die oorlogstyd, of dit nou deur radio, internet, sosiale media of ander middele is. Miljoene is verslae en op soek na hoop. FEBC RUSLAND Maandag 10 Oktober: FEBC Rusland se beradingsbediening ontwikkel vinnig en sodoende raak die vrae en probleme wat beraders moet aanspreek al hoe moeiliker. Bid dat die beraders die nodige wysheid sal ontvang. Dinsdag 11 Oktober: Dit het moeiliker geraak vir die span in Rusland om sekere platforms te benut, danksy die regering se inperkings. Bid vir die volgehoue vryheid om die evangelie uit te saai. Woensdag 12 Oktober: Rusland se luistertal groei ten spyte van die oorlog. Bid dat elke persoon wat na die programme luister ontvanklik sal wees vir die evangelie. Donderdag 13 Oktober: Rusland skep kort video’s van uitsaaiers wat bid – hulle is gewild omdat hulle dialoog insluit wat kykers nooi om saam te bid. Bid dat meer kykers sal aansluit by die gebede. Vrydag 14 Oktober: In Moskou groei en ontwikkel die bediening wat gemik is op mense uit Sentraal-Asië. Die span in Rusland verfilm video’s met die doel om gehore uit Sentraal-Asië te bereik. Bid dat die bediening sal aanhou groei. Saterdag & Sondag 15-16 Oktober: Prys God dat die bediening in die Buryat Republiek aanhou groei, met nuwe jongmense wat by die span aansluit as vrywilligers. FEBC MONGOLIË Maandag 17 Oktober: Prys God dat FEBC Mongolië ‘n goeie verhouding met die regering het en sodoende maklik FM lisensies kon kry. Bid dat God hierdie gunstige verhouding sal bewaar. Dinsdag 18 Oktober: Bid dat God sal aanhou om FEBC Mongolië se bediening te onderhou en hul luisteraars sal seën soos hulle groei in hul geloof. Woensdag 19 Oktober: FEBC Mongolië se programme fokus daarop om die samelewing te verbeter en dien as ‘n steunpilaar vir luisteraar gedurende onseker tye. Prys God vir die impak wat hulle in die land het en mag ‘n menigte lewens nog deur hul programme geraak word. Donderdag 20 Oktober: Bid dat die Heilige Gees sal spreek tot die harte van diegene wat antwoorde by God soek, dat hulle ‘n ware vader, vriend en veilige hawe in Hom sal vind. Vrydag 21 Oktober: Bid vir FEBC Mongolië se pogings om oudiotoestelle aan nomadiese herders te verskaf. Hulle werk saam met die Veterinarian Mission in Mongolia. Mag God voortgaan om hierdie projek te seën. Saterdag & Sondag 22-23 Oktober: Die span in Mongolië behou nogsteeds hul passie ten spyte van swaar ekonomiese tye. Die inflasiekoers het in die afgelope 8 maande toegeneem tot 16%. Bid dat God sal aanhou voorsien aan die bediening se behoeftes. FEBC PAKISTAN Maandag 24 Oktober: Bid asseblief vir die mense wat deur die verwoestende vloede in Pakistan geraak is. Ongeveer 2 miljoen mense ly aan cholera, malaria en ander epidemies as gevolg van die ramp. Dinsdag 25 Oktober: Bid asseblief vir Pakistan se vrywilligers, reddingswerkers, veiligheidswerkers, maatskaplike diensorganisasies en FEBC se span, wat mense met beperkte hulpbronne help en ondersteun in samewerking met plaaslike kerke. Woensdag 26 Oktober: Bid vir die vrouens, kinders en bejaardes wat deurloop as gevolg van slangbyte en velsiektes, asook diegene wat aan trauma ly weens die vloede. Donderdag 27 Oktober: Bid vir FEBC se produksiespanne wat uiters besig is om nuwe inhoud te skep vir gehore in vloedgeteisterde dele van Pakistan. Vrydag 28 Oktober: Bid vir Goddelike wysheid en insig vir die kunstenaars, skrywers en aanbieders wat betrokke is in gemeenskapsuitreikte oor verskillende media platforms. Saterdag & Sondag 29-30 Oktober: Bid vir die beskerming van FEBC personeel en hul families soos wat hulle na verskillende dele van die land reis om luisteraars, kerke en ander te besoek. In sommige dele is die Christen-gemeenskap ook hard deur die vloede geslaan. NOORD-KOREA & SUID-KOREA Maandag 31 Oktober: ‘n Luisteraar skryf onlangs: “Halleluja! Gister, tydens ‘n spesiale lewendige evangelisasie-uitsending, het my ma Christus as haar Verlosser aanvaar! Ek is baie dankbaar teenoor FEBC Korea se span.” Bid dat God nog ‘n menigte ander in hierdie lande tot redding sal bring. Skenk nou via ons webblad |
| r mailing address is: info@febaradio.co.za |



