Februarie 2023
“Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word. As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.
As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer.”
Johannes 14:13-15
| Woensdag 1 Februarie: Bid vir die tweede Etniese Byeenkoms van die 17 Tale in Chiang Mai op 4-6 Mei 2023. Die doelwitte is geestelike samesyn, gebed, die leer van beste praktyke in digitale media, en om verenig te bly in God se werk deur FEBC. Donderdag 2 Februarie: ‘n Menigte mense reis later vandeesmaand na die Mien leierskonferensie in Hanoi. Bid asseblief vir hul veiligheid op die paaie. Vrydag 3 Februarie: FEBC Thailand begin nuwe programinhoud vervaardig vir die Thai Suid-inisiatief. Bid dat God se wysheid en goddelike kreatiwiteit hulle deur hierdie proses sal lei. Die span begin eersdaags om programme/inhoud te vervaardig. Saterdag en Sondag 4 – 5 Februarie: Verskeie spanlede reis gereeld na Mianmar en Shan-staat om die plaaslike bevolking te bedien, en om radio’s en SD-kaarte uit te deel. Bid asseblief dat God die voorraad radio’s en SD-kaarte sal vermeerder sodat meer mense die Goeie Nuus kan hoor. Maandag 6 Februarie: Die oorlog tussen Rusland en Oekraïne woed voort sonder ‘n einde in sig. Bid asseblief dat God vrede tussen die twee lande sal bring. Dinsdag 7 Februarie: Bid asseblief dat God sal waak oor FEBC Oekraïne en FEBC Rusland se personeel, en hul geliefdes ook teen die geweld sal bewaar. Woensdag 8 Februarie: Ten spyte van die konstante bombardering, hou FEBC Oekraïne aan om die Goeie Nuus uit te saai en hul landgenote op hoogte te hou van gebeure. Ons is dankbaar vir hul volharding en inspirerende geloof te midde al die chaos. Donderdag 9 Februarie: Bid asseblief dat God die Russiese diktator, Vladimir Putin, se hart sal aanraak en dat hy sy lewe aan Jesus Christus sal gee. Vrydag 10 Februarie: Ons prys God dat daar nog nie ‘n enkele personeellid van FEBC Oekraïne of FEBC Rusland in die daaglikse bombarderings beseer is nie. Saterdag en Sondag 11 – 12 Februarie: FEBC Oekraïne se beradingspanne werk dag en nag om die beradings hulplyn te beman en hulp te verleen aan die honderde mense wat hopeloos en onderdruk voel in hierdie oorlogstyd. Bid dat God die span se meegevoel, insig en wysheid sal versterk, en dat Hy hulle sal gebruik om baie mense na Hom toe te lei. Maandag 13 Februarie: FEBC Kasakstan se TikTok-kanaal groei goed. Bid vir God se seën op hierdie sosiale media-kanaal, dat hul video’s duisende jongmense sal bereik en na Jesus Christus toe sal bring. Dinsdag 14 Februarie: In Januarie het FEBC Kasakstan die aanlyn Bybelse Berading Bediening geloods en gevind dat daar nog meer mense is wat bemoediging en troos benodig in hierdie tyd van globale ekonomiese agteruitgang as wat hulle verwag het. Bid asseblief dat God die konsultante met wysheid en begrip sal seën. Woensdag 15 Februarie: Ons prys God vir die getuienisse van jongmense wat die TikTok video’s gesien het. Ons is opgewonde om te sien hoe FEBC Kasakstan hul invloed vergroot deur God se genade. Donderdag 16 Februarie: Bid vir FEBC Kasakstan, wat onlangs twee nuwe spanlede gekry het. Ons vertrou dat God hulle in hul nuwe poste sal seën en dat alles wat hulle aanpak suksesvol sal wees. Vrydag 17 Februarie: Bid asseblief vir die leiers wat TikTok video’s vir FEBC Kasakstan vervaardig, dat God hul kreatiwiteit en idees sal vermeerder. Saterdag en Sondag 18 – 19 Februarie: Bid asseblief dat God vir FEBC Kasakstan van hul eie perseel en uitsaaistasie sal voorsien, aangesien hulle tans werk vanuit ‘n gebou wat aan ‘n ander instansie behoort. Maandag 20 Februarie: FEBA Malawi is tans op soek na nuwe personeel. Bid dat God die regte mense sal stuur wat waardevolle toevoegings tot die bediening sal wees. Dinsdag 21 Februarie: Die span in Malawi doen uitsonderlike werk in die verspreiding van die evangelie. Bid dat God fondse sal voorsien vir meer luistertoestelle en radio’s. Woensdag 22 Februarie: Ons prys God vir die nuwe kerk wat tot stand gebring is in Mangochi; ‘n bemoedigende stap vorentoe vir FEBA Malawi. Donderdag 23 Februarie: Bid dat God solar/kragopwekkers vir die versender in Mangochi sal voorsien, sodat geen uitsendings of opnames sal ly onder die gereelde kragonderbrekings nie. Vrydag 24 Februarie: Prys God vir 42 luisteraar klublede wat onlangs gedoop is en binnekort ‘n kerk in Balaka sal begin bywoon. Saterdag en Sondag 25 – 26 Februarie: Die ekonomiese krisis in Malawi raak erger en so verswak Malawiërs se lewenskwaliteit. Bid asseblief dat die Heilige Gees tot troos sal wees vir God se mense en aan hul behoeftes sal voorsien. Maandag 27 Februarie: Ons het onlangs twee nuwe spanlede verwelkom. Hulle het jare se waardevolle ervaring in bediening. Bid asseblief dat God hulle sal gebruik as Sy instrumente en dat hul invloed groot sal wees. Dinsdag 28 Februarie: FEBA Suid-Afrika loods vandeesmaand ons TikTok-kanaal. Bid dat elke video die mense sal bereik wat dit moet en baie lewens sal verander. Maak ‘n donasie op ons webwerf |
Our mailing address is: info@febaradio.co.za |




