Argen, 21, is ’n universiteitstudent van Almaty en die jongste van drie kinders wie se ouers geskei is. “My ma het haar bes gedoen om ons groot te maak terwyl my pa heeltemal uit die prentjie was,” skryf Argen. “Ons het nie altyd geld gehad vir goed soos verjaardaggeskenke of vakansies, soos ander kinders by ons skool nie. Ek probeer nie hier kla nie, aangesien daardie uitdagende tye ons baie geleer het… In jul uitsendings praat julle daarvan om aan diegene wat in nood verkeer, te gee, en ek identifiseer baie hiermee. Ek voel God seën my en nou is ek mal daaroor om verjaardaggeskenke aan minder bevoorregte kinders te gee.”
FEBA Kazakstan se pad was tot nou toe nie maklik nie. Buiten die uitdaging van evangelisasie in ’n hoofsaaklik Moslemland, het hulle ook te kampe met ’n dralende anti-godsdienstige sentiment onder ouer mense… ’n oorblyfsel van Kazakstan se jare as deel van die Sowjet-Unie. Amptelik erken die Kazak-regering godsdiensvryheid, maar tog stipuleer die 2011 Godsdienswet onder meer die volgende: … Lees die res van die artikel hier
Totdat almal gehoor het, ![]() Dr Jurie Vermeulen Nasionale Direkteur |
\Wil u ’n aangrypende aanbieding beleef waarin ons vertel wat God alles rondom die wêreld doen deur die media? Nooi ons dan gerus hierdie jaar na u gemeente! |
![]() |
![]() ![]() |




\

