Radio Feba Gebedsgids vir April 2023

April 2023

“Verwyder dan die ou suurdeeg, sodat julle nuwe, ongesuurde deeg kan wees, en dit is julle ook werklik. Ons paaslam is immers geslag: dit is Christus.”
1 KORINTIËRS 5:7 –




 
Sondag 2 April: Bid asseblief vir die FEBA radiostasies en personeel in Malawi en Mosambiek. Hulle probeer herstel van sikloon Freddy wat verwoesting en dood in die lande gesaai het.
  
Maandag 3 April: Bid asseblief dat God wysheid sal gee aan al die FEBA-direkteure regoor die wêreld wat verantwoordelik is vir ontelbare lewens. Bid dat hulle die regte besluite sal neem sodat die bediening elke dag ‘n seën vir miljoene kan wees.
 
Dinsdag 4 April: Bid dat die Heilige Gees se beskerming by die personeel en luisteraars sal wees wat daagliks hul lewens in gevaar stel vir die koninkryk.
 
Woensdag 5 April: “Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.” – Johannes 3:16
 
Donderdag 6 April: Bid asseblief vir die nuwe geslag leiers wat grootgemaak word om die visie en missie van FEBA voort te sit.
 
Vrydag 7 April: Ons loof God vir onverdiende genade wat elke oggend nuut is.
 
Saterdag en Sondag 8 – 9 April: Terwyl ons die opstanding van Jesus Christus vier, bid asseblief vir die biljoene verlore siele regoor die wêreld en dat hulle hul harte vir Jesus Christus sal gee.
 
Maandag 10 April: Bid asseblief vir die dissipelskapprojek wat deur FEBA Kambodja aangebied word. Bid dat God sal aanhou om ‘n honger by nuwe luisteraars aan te wakker om Jesus Christus te volg en toegeruste leiers in hul dorpe te word wat meer mense na Christus sal lei.
 
Dinsdag 11 April: Bid asseblief vir die spoedige herstel van twee FEBA-radiostasies, Impact Radio in Quelimane en Voice of Hope in Zambezia. Dis is tans nie op die lug sedert dit in Maart deur sikloon Freddy vernietig is.
 
Woensdag 12 April: “Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.” Romeine 8:1
 
Donderdag 13 April: Die personeel van FEBA Kyrgyzstan ontvang op ‘n gereelde grondslag doodsdreigemente vanaf godsdienstige ekstremiste. Bid vir die beskerming van spanlede en hul gesinne.
 
Vrydag 14 April: Bid asseblief dat sosiale media monitering en beperkings, veral met betrekking tot die Christelike godsdiens, sal vergemaklik sodat 150 stasies regoor die wêreld kan voortgaan om hierdie platforms te gebruik. Dit help hulle om die maksimum aantal mense met die evangelie te bereik.
 
Saterdag en Sondag 15 – 16 April: Jemen het sterk stamwette wat lede om te onttrek. Die straf om ‘n Christen te word, kan verbanning of selfs die dood teweegbring. Bid asseblief dat God elke geheime gelowige en luisteraar van FEBA Jemen sal beskerm en dat die boodskap van Jesus Christus deur die stamme gehoor word.
 
Maandag 17 April: Bid asseblief dat God elke skenker sal seën wat in FEBA se bediening ‘n skenking maak, en dat Hy hulle finansies sal seën.
 
Dinsdag 18 April: Bid asseblief vir elke uitsending van FEBA Pakistan wat uitgesaai word en dat dit elke persoon sal bereik wat God wil hê dit moet bereik. Bid dat hulle harte oop sal wees om die boodskappe wat gedeel word, te ontvang.
 
Woensdag 19 April: “En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het in julle woon, sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak ter wille van sy Gees wat in julle woon.” – Romeine 8:11
 
Donderdag 20 April: Ons is dankbaar dat FEBA met God saamwerk om Sy oorwinning in onmoontlike situasies te vier. FEBA is aan die voorpunt om die onbereikte te bereik, in hul hartstale en in meer as 50 lande.
 
Vrydag 21 April: Bid asseblief vir al die FEBA personeel en verteenwoordigers wat lang afstande aflê en na verskeie kerke reis om te preek en duisende ander mense in te lig oor FEBA en die werk van die bediening.
 
Saterdag en Sondag 22 – 23 April: Noord-Korea het sy vervolging van Christene verskerp. Hulle soek ondergrondse kerke, stel gelowiges tereg en sluit hul gesinne in arbeidskampe op. Bid asseblief dat FEBA Korea ‘n stem van hoop vir hierdie gelowiges sal wees en dat die programme hul geloof in God sal versterk.
 
Maandag 24 April: Ons loof God dat mense van die Siddhi-gemeenskap in suidelike Indië die magtige krag van God begin ervaar.  Baie wat na die uitsendings van FEBA Indië, asook die oudio-Bybels geluister het, is genees en begin glo is Jesus.
 
Dinsdag 25 April: Bid asseblief vir die uitsaaiers van FEBA Oekraïne. Bid veral vir Max, die program direkteur en uitsaaier wat as kapelaan in die Oekraïense weermag diens doen.
 
Woensdag 26 April: “Christus Jesus wat gesterf het — meer as dit, wat tot lewe opgewek is — is aan die regterhand van God en tree ook vir ons in.” – Romeine 8:34
 
Donderdag 27 April: Ons loof God vir elke voorbidder wat voortdurend vir FEBA bid, want ons weet dat hul gebede krag dra.
 
Vrydag 28 April: Die uitdagings om ‘n Christen te wees – om die Woord van God in Sjina te verkondig en te hoor – is steeds baie moeilik en beperk. Bid asseblief vir FEBA Sjina en dat die Here hulle sal bewaar en hulle sal begunstig in die aangesig van die kommunistiese regering.
 
Saterdag en Sondag 29 – 30 April: FEBA Japan sy bes om groei aan te wakker in die steeds krimpende en verouderende Japanese kerk. Bid asseblief vir FEBA Japan en dat hul invloed en omvang kan toeneem en versprei na die stedelike gebiede sowel as hoofstede. Bid dat die Heilige Gees herlewing aan die Japannese nasie sal bring.

    
Maak ‘n donasie op ons webwerf