Radio FEBA Gebesdsgids vir November 2022

JAPAN FILIPPYNE PAKISTAN
JAPAN  
 
Dinsdag 1 November: Bid asseblief dat die Here vir FEBC Japan nuwe en getroue personeel sal voorsien. Hul huidige personeel se gesondheid is afgetakel, want hulle werk elke dag tot middernag om uitsendings aan die gang te hou. 
 
Woensdag 2 November: Bid asseblief dat die Here Sy goeie werk in die personeel se lewe sal volhou en sal aanhou om hulle moed en krag te gee, beide fisies en geestelik. 
 
Donderdag 3 November: FEBC Japan het op 1 Oktober hul nuutste reeks geloods. Bid asseblief dat die program luisteraars se harte sal aangryp en hulle sal aanmoedig om dieper in hul geloof te groei. 
 
Vrydag 4 November: FEBC Japan is trots om vanjaar hul 70ste herdenking te vier. Hulle bied ‘n reeks spesiale programme aan en vra dat u asseblief bid dat die reeks nuwe luisteraars sal lok. 
 
Saterdag & Sondag 5 – 6 November: Bid asseblief dat God vir FEBC Japan die wysheid sal gee in die bespreking van hul finansiële state en dat Sy Gees hulle sal lei wanneer hulle ‘n nuwe begroting by die opkomende raadsvergadering opstel. FEBC Japan streef daarna om getroue rekenmeesters te wees met die fondse wat die Here voorsien. 
 
FILIPPYNE 
 
Maandag 7 November: Prys God dat al die radiostasies na die onlangse supertifoon gespaar is en minimale skade gely het. Bid asseblief dat God die stasies sal aanhou beskerm tydens die tifoon-seisoen en dat Hy sal sorg vir herstel van die skade. 
 
Dinsdag 8 November: Bid asseblief vir die veiligheid van almal wat deur die tifoon getref is en vir genesing van diegene wat beseer is. 
 
Woensdag 9 November: Bid asseblief vir FEBC Filippyne se leiers, personeel en vrywilligers, dat hulle sal aanhou saam werk en dien met vreugdevolle harte en ‘n standvastige gees terwyl hulle God se koninkryk uitbrei. 
 
Donderdag 10 November: Bid asseblief dat God ‘n menigte harte sal aanspoor om aan FEBC Filippyne te skenk. Hulle volhard in gebed en weet dat die Here diegene seën wat gee sodat die Goeie Nuus die onbereiktes kan bereik.  
 
Vrydag 11 November: Bid asseblief dat God nuwe vennote en luisteraars sal stuur, veral uit Laguna, en dat hulle aangespoor sal wees om by FEBC Filippyne se gemeenskap aan te sluit en hulle te ondersteun.  
 
Saterdag & Sondag 12 – 13 November: Hou aan bid vir UP987 DYFR-FM Cebu’s “Life-Changing” se luisteraars en vennote om gemotiveerd en verbind te bly. Ons is dankbaar vir hul volgehoue ondersteuning aan die stasie en bid dat God hulle sal bewaar om tot seën te wees vir ander. 
 
PAKISTAN 
 
Maandag 14 November: Die vernietigende vloede in Pakistan het meer as 2 miljoen mense siek gemaak aan cholera, malaria en ander siektes. Bid asseblief dat God se Gees hulle sal troos en dat Jesus hulle sal genees. 
Dinsdag 15 November: As gevolg van die ramp wat Pakistan getref het, is die land in chaos. Bid asseblief dat God hulpbronne sal voorsien en Sy hand van beskerming oor Sy mense sal hou. 
 
Woensdag 16 November: Bid asseblief vir die vrywilligers, reddingswerkers, veiligheidsdienste, maatskaplike dienste en FEBC Pakistan waar hulle in samewerking met plaaslike kerke diegene met beperkte hulpbronne help en ondersteun. 
 
Donderdag 17 November: Bid asseblief vir die beskerming van FEBC Pakistan se personeel en hul gesinne wanneer hulle reis na gebiede waar luisteraars, kerke en gemeenskappe deur die onlangse vloede getref is. In sommige gebiede het die Christen-gemeenskap swaar deurgeloop. 
 
Vrydag 18 November: Sedert die vloede begin het, het slangbyte toegeneem en baie mense beseer. Bid asseblief vir die vriende en families wat geliefdes verloor het as gevolg van die vloede en bygaande tragedies. 
 
Saterdag & Sondag 19 – 20 November: Die vervaardigingspanne van FEBC Pakistan is baie besig om nuwe inhoud te skep vir mense wat deur die vloede geraak is. Bid asseblief dat God wysheid en insig sal skenk aan die betrokke kunstenaars, skrywers en aanbieders sodat die luisteraars bereik en bemoedig sal word deur onderskeie media platforms. 
 
MONGOLIË 
 
Maandag 21 November: Ons prys God vir FEBC Mongolië se goeie verhouding met die Mongoliese regering, wat hulle in staat gestel het om hul nuwe plaaslike FM lisensies te kry. Bid asseblief dat God se guns op hulle sal bly rus. 
 
Dinsdag 22 November: Bid asseblief dat FEBC Mongolië se invloed sal uitbrei en die evangelie by die mense in hul gemeenskap sal tuisbring. 
 
Woensdag 23 November: Ten spyte van ekonomiese druk behou FEBC Mongolië hul passie vir die bereiking van die onbereiktes. Bid asseblief dat God vir Sy mense sal voorsien in hierdie tyd van drastiese inflasiekoerse sodat die span die FEBC missie kan aanhou vervul.  
 
Donderdag 24 November: Die uitgee van oudiotoestelle met die evangelie aan nomadiese herders, deur Veterinarian Mission in Mongolia, is tot dusver baie effektief. Bid asseblief dat God nuwe finansiële vennote sal voorsien om die voorsiening en invloed van die toestelle te vermeerder.  
 
Vrydag 25 November: Bid asseblief vir elke gesin wat deur die ekonomiese krisis geraak word en dat die Here aan hul behoeftes sal voorsien.  
 
Saterdag & Sondag 26 – 27 November: Bid vir Bat en Boogii, FEBC Mongolië se leierskap, dat God sal aanhou om hulle die nodige wysheid te gee vir daaglikse bestuur. Bid dat God hul passie vir die bereiking van die onbereiktes branded sal hou! 
 
KASAKSTAN 
 
Maandag 28 November: Ons dank God vir FEBC Kasakstan se jeug, wat die evangelie deel deur sosiale media platforms soos TikTok, waar hulle meer as 250000 “views” en duisende vrae kry oor kerk en geloof. Bid asseblief dat Jesus meer van die jeug se harte sal aanraak sodat hul invloed kan toeneem. 
Dinsdag 29 November: Bid asseblief dat God FEBC Kasakstan leiding sal gee in hul poging om die TikTok projek verder te ontwikkel. 
 
Woensdag 30 November: FEBC Kasakstan is op die punt om ‘n nuwe projek, “Online Biblical Counselling”, te loods. Bid asseblief vir sukses en dat God die betrokke beraders die nodige leiding sal gee.       Skenk nou via ons webblad