DESEMBER 2023
“Maar hoe kan ’n mens Hom aanroep as jy nie in Hom glo nie? En hoe kan jy in Hom glo as jy nie van Hom gehoor het nie? … Daar staan ook geskrywe: ‘Hoe wonderlik klink die voetstappe van dié wat die goeie boodskap bring.”
(Romeine 10:14-15 Afr83)
Vrydag 1 Desember: FEBA Radio SA doen elke jaar die Kersfees-radioprojek, wat mense die kans gee om gedurende die feesgety radio’s aan onbereikte mensegroepe te skenk. Bid dat hierdie jaar se projek vlot sal verloop en suksesvol sal wees, sodat nog baie meer mense die Goeie Nuus in 2024 kan hoor!Saterdag & Sondag 2-3 Desember: Bid vir FEBA Internasionaal se Gawelyon-projek. FEBA se personeel vervaardig kortgolf-uitsendings in die Gawelyon-Tibettaanse taal vir mense in Tibet, Nepal, Bhoetan en die noorde van Indië. Dié kulture is in Boeddhisme gewortel, wat dit vir mense moeilik maak om tot bekering te kom. In Nepal is dit selfs onwettig om iemand te probeer bekeer! Die Gawelyon-projek se personeel deel ook lektuur uit wat handel oor gesondheidskwessies, asook die Christelike geloof. Bid dat die projek oorvloedige vrug sal dra en dat luisteraars geraak sal word deur die Goeie Nuus wat hulle bring. Maandag 4 Desember: Hoewel die strydende partye in Jemen tot ’n tydelike wapenstilstand ooreengekom het, ly die land steeds onder voedseltekorte, ’n gebrek aan skoon water en swak sanitasie. Christene is ook toenemend die teiken van vervolging. Bid dat FEBA Jemen se uitsendings hul luisteraars sal bemoedig en meer mense na Christus sal bring.Dinsdag 5 Desember: “Ek het nie veel van kerk geweet nie, totdat ek op ’n dag ‘toevallig’ op jul radiostasie ingeskakel het. Die inhoud het my so geseën! My geloof is nou gevestig, omdat ek God persoonlik kon ontmoet. Dankie!” – Luisteraar in Suid-Korea Woensdag 6 Desember: “Maar hoe kan ’n mens Hom aanroep as jy nie in Hom glo nie? En hoe kan jy in Hom glo as jy nie van Hom gehoor het nie? … Daar staan ook geskrywe: ‘Hoe wonderlik klink die voetstappe van dié wat die goeie boodskap bring.’” (Romeine 10:14-15 Afr83) Donderdag 7 Desember: FEBA Kazakstan het hul uitsaailisensie meer as ’n dekade terug ontvang, maar het steeds nie ’n FM-frekwensie om op uit te saai nie. Ten spyte van dié uitdaging, gebruik FEBA Kazakstan sosiale media om verskillende gehore te bereik, en hul inhoud word deur duisende gesien! Bid dat God die span se pogings sal rig om die onbereikte mense van Kazakstan te raak. Vrydag 8 Desember: FEBA Tsjad is tans besig om na ’n ander perseel te trek onder die leiding van ’n nuwe direkteur, Palyo Ndenon. Bid dat God die span bymekaar sal bring en die oorgang vlot sal laat verloop, sodat FEBA Tsjad teen die einde van die jaar terug op die lug kan wees om die Goeie Nuus uit te saai. Saterdag & Sondag 9-10 Desember: Bid asseblief vir FEBA Oekraïne en hul luisteraars. Die span werk hard om aan te hou bedien te midde van die geweld op die front en die lyding tuis. Beraders luister daagliks na talle hartverskeurende stories en bid saam met mense wat die hulplyn skakel. Bid vir die beraders se geestelike- en geestesgesondheid. Bid dat God FEBA Oekraïne se krag elke dag sal vernuwe en hulle sal gebruik om meer mense in hierdie donker tye na Sy lig toe te trek. Maandag 11 Desember: Daar is 443 onbereikte mensegroepe in China, maar die kerk groei! ’n Luisteraar vertel onlangs vir FEBA China: “Jul programme het my oë laat oopgaan sodat ek kon besef daar is Christene oral oor die wêreld. Nou verwerp ek dit nie meer nie.” Bid dat meer mense in China so ontvanklik sal wees vir die Goeie Nuus.Dinsdag 12 Desember: “Julle het onlangs ’n program oor dankbaarheid uitgesaai. Dit het my regtig gevang, want ek was baie kwaad vir my ouers. Julle het my oorreed om my ouers te skakel en dankie te sê vir iets wat hulle vir my gedoen het. Dit het hulle verras. Hulle kon nie verstaan waar dit vandaan kom nie. Ons verhouding het sedertdien baie verbeter. Dankie.” – Luisteraar in Kazakstan Woensdag 13 Desember: “Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges. Bid ook vir my dat wanneer ek preek, God my die woorde gee dat ek die geheimenis van die evangelie met vrymoedigheid kan bekend maak.” (Efesiërs 6:18-19 Afr83) Donderdag 14 Desember: Bid vir die Hmong mense wat in Laos, Viëtnam en noordelike Thailand woon. Hul dorpies is so afgeleë dat hulle slegs deur kortgolfradio en die internet bereik kan word. FEBA saai reeds dekades lank Hmong-programme uit en baie mense het Christus al so aanvaar. Bid dat hierdie afgesonderde gemeenskappe deur God se Woord omskep sal word. Vrydag 15 Desember: FEBA Malawi het ‘n nuwe stasie in Blantyre wat hulle in staat stel om die hele sentraal- en suid-Malawi te bereik! Prys God vir hierdie wonderlike geleentheid om Sy Woord te versprei en bid dat Hy die FEBA Malawi-span sal lei in hul pogings om die Goeie Nuus met ander te deel. Saterdag & Sondag 16-17 Desember: Nes kinders in ander dele van die wêreld, raak Indonesiese kinders toenemend verslaaf aan digitale media, wat slegte gevolge vir hul aandagspan het. FEBA Indonesië se program, Adventure in die Kingdom of God, leer kinders oor God en neem hulle stelselmatig deur die Bybel sodat hulle dit beter kan verstaan. Onderwysers word ook ‘n metode geleer waardeur hulle kinders kan help om stiltetyd met God te hê voor die begin van ’n les. Dank God vir hierdie geleentheid om die evangelie met die kinders van Indonesië te deel en bid dat die program goeie vrug sal dra. Maandag 18 Desember: In Moldowa is daar baie “welsyn”-weeskinders, wie se ouers as gevolg van alkoholisme nie in staat is om vir hulle te sorg nie. FEBA Moldowa help om na hierdie kinders om te sien. Sommige spanlede het selfs weeskinders in hul huise ingeneem. Bid dat God FEBA Moldowa se pogings sal seën en hul luisteraars uit die kloue van alkoholisme sal bevry.Dinsdag 19 Desember: “Ek dank God dat Hy selfs in my tye van swaarkry mense gebruik om my te bemoedig en motiveer, veral in die lees en bestudering van Sy woorde, asook in gebed. Julle is ’n groot deel van my lewensreis. Die Here praat deur jul stasie. Hy seën en vertroos my hart werklik deur die liedjies.” – Luisteraar in die Filippyne Woensdag 20 Desember: “Vir ons is ’n Seun gebore, aan ons is ’n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring.” (Jesaja 9:5-6 Afr83) Donderdag 21 Desember: Het jy geweet daar woon meer as 4 miljoen onbereikte mense in Taiwan? Bid dat God die FEBA Taiwan-span sal lei en bemoedig wanneer hulle inhoud vir radioprogramme en podcasts skep. Bid ook dat mense geïnspireer sal voel om die Goeie Nuus te ontvang. Vrydag 22 Desember: Bid vir FEBA se nuwe stasie in Niger. Bid dat God die regte mense sal lei om deel van die span te word en dat Hy die nodige hulpbronne sal voorsien om hoë-kwaliteit uitsendings te vervaardig, sodat die Goeie Nuus soveel as moontlik van Niger se onbereikte mense kan bereik. Saterdag & Sondag 23-24 Desember: FEBA werk al vir meer as 75 jaar om die Goeie Nuus van Christus met onbereikte mense reg oor die wêreld te deel. Elke dag kan die evangelie oor 260 radiostasies, in 152 tale en in 50 lande gehoor word. Dit is slegs moontlik omdat ons die Goeie Nuus het om te deel. Loof God dat Hy Sy eniggebore Seun gestuur het om die wêreld van sonde te bevry. Dank Hom dat Hy vir FEBA seën met geleenthede om Sy lig in ’n gebroke wêreld te versprei. Bid dat meer mense FEBA se uitsendings sal hoor en dat God se Woord hul lewens sal verander. Maandag 25 Desember: Bid vir FEBA se luisteraars in lande waar daar oorlog, hongersnood en verdrukking is. Bid dat hulle God se Woord oor die radio of aanlyn sal hoor, sodat hulle Sy teenwoordigheid en die vreugde van die Goeie Nuus tydens die Christusfees kan beleef.Dinsdag 26 Desember: “Die verse wat ek oor die radio hoor, is regtig hartroerend! Ek moet net noem hoe anders julle jul God uitbeeld aan hierdie selfsugtige wêreld. Hou asseblief aan om dié lieflike woorde te deel, want hulle bring vir baie mense soos ek hoop, liefde en goedhartigheid.” – Luisteraar in Pakistan Woensdag 27 Desember: “Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!” (Romeine 15:13 Afr83) Donderdag 28 Desember: Die Shan-mense is ‘n etniese minderheidsgroep wat in noordelike Thailand en Mianmar woon, met ‘n bevolking van sowat 6 miljoen. FEBA se Shan-aanbieder, Suchat, bied weekliks ’n program op radio en aanlyn aan, waarop miljoene luisteraars inskakel. Bid dat Shan-luisteraars hul harte vir God se Woord sal oopmaak. Vrydag 29 Desember: FEBA is besig om ‘n stasie in Soedan te vestig. Die oes is ryp en die mense daar bid al lank vir ’n radiostasie. Bid dat God vir FEBA die regte pad om te volg sal aandui, en die regte span bymekaar sal bring, sodat FEBA Soedan so gou as moontlik die Goeie Nuus met hul mense kan begin deel! Saterdag & Sondag 30-31 Desember: Laat ons God aan die einde van hierdie jaar loof vir al die goeie dinge wat Hy die afgelope jaar deur FEBA vermag het. Prys hom vir elke persoon wat die Goeie Nuus deur FEBA se uitsendings gehoor en hul hoop in Christus gevind het. Bid dat FEBA in 2024 nog meer mense sal bereik en God se lig in ’n donker wêreld sal versprei, totdat almal gehoor het. Klik Hier |



Vrydag 1 Desember: FEBA Radio SA doen elke jaar die Kersfees-radioprojek, wat mense die kans gee om gedurende die feesgety radio’s aan onbereikte mensegroepe te skenk. Bid dat hierdie jaar se projek vlot sal verloop en suksesvol sal wees, sodat nog baie meer mense die Goeie Nuus in 2024 kan hoor!
Maandag 4 Desember: Hoewel die strydende partye in Jemen tot ’n tydelike wapenstilstand ooreengekom het, ly die land steeds onder voedseltekorte, ’n gebrek aan skoon water en swak sanitasie. Christene is ook toenemend die teiken van vervolging. Bid dat FEBA Jemen se uitsendings hul luisteraars sal bemoedig en meer mense na Christus sal bring.
Maandag 11 Desember: Daar is 443 onbereikte mensegroepe in China, maar die kerk groei! ’n Luisteraar vertel onlangs vir FEBA China: “Jul programme het my oë laat oopgaan sodat ek kon besef daar is Christene oral oor die wêreld. Nou verwerp ek dit nie meer nie.” Bid dat meer mense in China so ontvanklik sal wees vir die Goeie Nuus.
Maandag 18 Desember: In Moldowa is daar baie “welsyn”-weeskinders, wie se ouers as gevolg van alkoholisme nie in staat is om vir hulle te sorg nie. FEBA Moldowa help om na hierdie kinders om te sien. Sommige spanlede het selfs weeskinders in hul huise ingeneem. Bid dat God FEBA Moldowa se pogings sal seën en hul luisteraars uit die kloue van alkoholisme sal bevry.
Maandag 25 Desember: Bid vir FEBA se luisteraars in lande waar daar oorlog, hongersnood en verdrukking is. Bid dat hulle God se Woord oor die radio of aanlyn sal hoor, sodat hulle Sy teenwoordigheid en die vreugde van die Goeie Nuus tydens die Christusfees kan beleef.

