Through the Lord’s mercies we are not consumed, because His compassions fail not. They are new every morning; great is Your faithfulness. “The Lord is my portion”, says my soul, “therefore I hope in Him!” The Lord is good to those who wait for Him, to the soul who seeks Him. It is good that one should hope and wait quietly for the salvation of the Lord.
Julie 2022 “Wat ek bedoel, is dít: Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie.”
DIE KANS !? KLIEK HIER OM NA HIERDIE NUUSFLITS TE LUISTER CLICK HERE TO READ AND/OR LISTEN TO THIS NEWSLETTER IN ENGLISH Beste Ondersteuner
Dis orals in Japan. Groot, onooglike konstruksies met Engelse name wat lekker rol op die tong. Pachinko’s. “Pachin” is die klank wat die dobbelmasjiene maak en “ko” is ‘n verkleinwoord daarby.
Konnichiwa Nuusbrief こんにちは “Dit is nie geluk wat ons dankbaar maak nie, dit is dankbaarheid wat ons gelukkig maak”.
Liewe ondersteuner, dis met groot dankbaarheid dat ons hierdie nuusbrief aan u skryf. Ons is dankbaar vir die Here se onverdiende genade, voorsiening en omgee oor ons lewens. Ons is dankbaar vir elke oop deur en oop hart wat net die Here kon bewerk het. Ons is dankbaar vir ‘n gesonde baba-dogtertjie wat groei, vir elke kerk wat hulle erediens vir ons beskikbaarstel en ons is dankbaar vir elkeen van u.
It has been a busy week for both of us. The school concert was on Friday and the picnic on Saturday. Dries will write and tell you all about that. Watch this space.
Load shedding on my side and continuous power cuts on Dries’s side made everything more challenging. At least I knew exactly when the electricity would go off. I managed to get my paper work for my Schengen visa done and printed. I have to go for the interview tomorrow. I find that I am somewhat nervous, because there were endless demands for documents and then to be told that all of it won’t necessarily ensure you of a visa. Please pray with me.
Die Here is goed en getrou en aan Hom alle eer en heerlikheid. Hy doen wat Hy gesê het en daarvoor prys ons Sy naam. Hy het gesê dat Hy ons beskerm en Hy doen dit.
Ek en Ivan moes sy tydelike verblyfpermit in Odessa gaan haal. Eintlik sou die immigrasie kantoor in Izmail dit kry, maar die vrou in haar bruin uniform het nie eers opgekyk toe sy vir my sê “Gaan haal dit self, ek gaan nie Odessa toe nie!” Sy was besig om deur papiere te soek. Ek was net so dankbaar dat Ivan se permit gereed was en ons het die volgende dag gery.
Oral langs die pad was daar soveel soldate, padblokkades en tenks. Dit voel asof jy ‘n filmster is. Net buite Odessa het ons weer gestop waar soldate al ons dokumente deur gegaan het. Terwyl ons in die ry motors wag, het ons ‘n geskiet gehoor. Dit was na die Swartsee se kant toe. Ek en Ivan het vir mekaar gekyk. Wat moet ons doen? Ons het reeds 5 ure gery om tot daar te kom en ons gaan nie nou omdraai nie! Ons het besluit om net in te ry, die permit te kry en dadelik weer uit te ry. Dit is seker ons kinderlike geloof en besluit om in die middestad in te ry. Odessa was so stil, min mense in die strate. Al die vensters was toegepak met sandsakke, konkreet blokke of met hout toegekap. Gewoonlik in die tyd van die jaar is daar duisende mense in die strate. Van regoor Oekraine kom mense gewoonlik na die Swartsee vir vakansie en daar is ‘n vrolike, somer vakansie gevoel in die lug. Die strande is vol mense en kindertjies wat in die parke speel. Nou is alles stil. Die strand is met landmyne bewapen. Net verlede week het ‘n man dit in die water gewaag terwyl sy kind en vrou op die strand in hul swemklere was. Op die video sien mens net die ontploffing in die water. Dit is oorlog. Oorlog is lelik, wreed. Ivan en ek het uit die kar gespring, die dokument by ‘n vrou met bruin uniform aan gekry en dadelik uit Odessa gery, weer verby al die padblokkades, gewere, soldate. Baie dankbaar vir Ivan se dokument. Later het ons gehoor dat die skiettery die Oekrainiërs was wat Russiese missiele af geskiet het! Ons prys die Here dat Hy Odessa en die hele Odessa streek so beskerm.
Ons gee steeds elke dag vir vlugtelinge kos, baie van die vlugtelinge se kinders is in Raduga. Meer as 4 maande wat hierdie oorlog aangaan. Daar is steeds duisende vragmotors in Reni en duisende vlugtelinge en ons kan sien hoe die Here Reni bewaar. Al die vlugtelinge is baie dankbaar, hulle word soos familie vir ons. En wanneer hulle Oekraine verlaat groet ons mekaar met trane. Klein Irra wat ‘n seldsame sindroom het wat veroorsaak dat sy nie groei nie, is veilig in Engeland. Sy en haar gesin. Sy is twee jaar oud, maar is so groot soos ‘n ses maande oue baba. Gewoonlik stop hulle hartjies na twee jaar. Vriende van ons in Dover het gesê dat hulle die gesin sal help tot in England en blyplek gee, sodat Ira die beste behandeling kan kry. Ira se mamma, Roeslana wil nou in Engeland ‘n fonds stig met die hulp van die pastore waar hulle bly, om ander Oekrainiese kindertjies te help om behandeling te kry.
Cilliers het in Duitsland werk gekry as industriële ingenieur. Hy en Tanya, sy Oekrainiese vroutjie bly nou daar. Mari-Alena wou graag die vakansie kom kuier, maar sy kon nie vir Oekraine ‘n visum kry oor die oorlog nie. Sy land vandag in Duitsland waar sy vir Cilliers gaan kuier. Ek beplan om vir drie weke in Duitsland te wees en dan weer terug te keer na Oekraine. Benjamin Cor wou in Oekraine agter bly om sy verblyfpermit te kry. Nou sit ek en Ivan op ‘n bus oppad Duidsland toe. ‘n Busrit wat ons amper 48 ure gaan neem. Ons was vannag in ‘n 9 uur lange ry met busse en motors. By paspoort beheer is ek en Ivan in ‘n kantoor ingeroep na die “boss” soos hulle hom noem. Daar was ‘n kamer vol mense wat op stoele sit en lê. Baie van hulle het soos Sigeuners gelyk. Hulle het vir my gesê as jy eers in dié kamer is, stuur hulle jou terug Oekraine toe! Ek het in my binneste begin bid. Nadat die boss my dokumente na gegaan het, het hy gesê ons kan maar gaan. Ek het gesê “Prys die Here” en ek en Ivan het na ons bus gehardloop! Ek het die wet uitgedruk waarin staan dat ‘n persoon, met ‘n tydelike verblyfpermit van Oekraïne tot Augustus in Duitsland kan wees sonder ‘n visum. Duitsland en ander Europese lande, verskaf ook gratis verblyf en vervoer gedurende die tyd.
Daar is so baie “eerstes” vir my sonder Ockert en elkeen is die eerste keer moeilik, maar die Here is so getrou en dra ons. Verlede week het die Here vir baboeshka Nastia kom haal. Sy was 96. Vir baie jare was sy heeltemal blind, maar elke Sondag, as haar gesondheid dit toegelaat het, was sy in die kerk. Sy het met hande omhoog gestaan en die Here geloof en saam gesing. Sy was vol soveel liefde en dankbaarheid. Haar dogter en almal om haar het dit vir haar weggehou en nie gesê dat die Here vir Ockert kom haal het nie. Hulle het gedink dit Sal vir haar te groot skok wees. Sy was baie lief vir Ockert en het altyd sy hande in haar handjies geneem en sommer begin huil wanneer sy met hom gepraat het. Sy was die laaste paar maande te swak om kerk toe te kom. Laaste wat ek haar besoek het, het sy vir my gesê dat die Here, vir Ockert gaan stuur om haar te kom haal. Almal in die kamer was verbaas. Tydens haar begrafnis was daar oneenheid tussen haar dogter en die res van die familie. Die familie wou haar begrawe op die ou Russies ortodokse manier met soveel rituele en heidense gebruike, terwyl haar dogter haar wou begrawe op die Christelike manier. Gewoonlik bedien hulle by die graf ‘n ete waar hulle glo dat die oorledene saam met hulle eet en hulle sit ook ‘n bord kos en vodka uit vir die oorledene. Terwyl ons in die hittige son staan en die stof ons almal bedek terwyl hulle die graf toegooi, begin van die familie murmureer en ‘n stryery ontstaan. Hulle vra hoekom daar nie eers selfs koekies of lekkers is nie. Dit was so warm alsof jy voel jy gaan omval. Op daardie oomblik voel ek net hoe die Here woorde in my mond lê en ek begin praat. Die Here gee my ‘n bonatuurlike “boldness” en almal word stil. Ek begin deel van baboeshka Nastia se wens dat hulle elkeen gered sal word en van sonde, berou en bekering. Want so lief het God die wêreld gehad….Almal het stil geword en geluister. Daar het ‘n wolk oor ons gekom by die graf. Die hitte en son was weg vir ‘n oomblik. Net asof die Here sê dat Hy daar is. Ek het gevoel hoe die Here woorde in my mond lê en mense het instemmend hulle koppe geskud. Een het hardop gesê, “Sy praat die waarheid.” Alle lof en eer aan die Here wat ons gebruik wanneer ons klein en swak is en wanneer ons so afhanklik is van Hom. Wanneer ons in geloof leef en nie in wat ons gesonde verstand vir ons sê nie. Ons leef nie volgens dit wat ons sien nie, maar in geloof.
Love Reni het goed gegaan onder omstandighede! Die Here is so goed. Die jaar het 10 skole deelgeneem. Ons het elke skool gaan besoek, danse vir hulle aangeleer en elke skool het hul eie video gemaak met die tema: Ek is lief vir Reni, ek is lief vir Oekraine. Ons boodskap is, Oekraine is mense. Ons Gala geleentheid was in die park met oor ‘n honderd kinders wat saam aan ‘n flashmob dans deelgeneem het.
Bid asseblief vir Benjamin Cor wat nou alleen in Oekraïne is vir 3 weke. Bid asseblief dat ons veilig terug sal ry tot by die huis in Reni na hierdie kort vakansie saam met die kinders. Bid asseblief vir Hannes-Joshua en Anastasia. Anastasia se visum vir Suid-Afrika is verby en hulle het meer as 8 maande terug aansoek gedoen en binnenlandse sake in SA beweeg nie. Hulle het in House and Home Tydskrif, ‘n fotografie kompetisie gewen en ‘n reis na Thailand. Hulle week daar is nou verby. Hannes-Joshua kon nie ‘n visum vir Oekraine kry nie. Intussen wag hulle vir hul visum om Amerika toe te gaan om vir Ockert se sussie en haar man Keith in Santa Rosa te help met ‘n Christen televisie stasie. Op die oomblik is die twee gestrand in Thailand. Ockert se sussie het vir hulle nog ‘n week gekry in ‘n goedkoper blyplek. Moontlik sal hy weer moet Suid-Afrika toe gaan om vir hom ‘n Oekraine visum te probeer oopmaak, terwyl Anastasia alleen Oekraine toe gaan. Bid asseblief vir uitkoms vir hulle twee.
Hierdie jaar sal ons nie Masada kan hou nie omdat die kampterrein vlugtelinge huisves. Steeds het ons jeugleiers besluit om ‘n “kamp” in ons huis te hou terwyl ek weg is. Toemaar, ek vertrou hulle. Ek glo dat die huis nog gaan staan wanneer ek terugkeer. Tanya en haar man Steve van New Zealand is daar vir nog drie weke. Die meisies gaan in die huis slaap en die seuns in tente op die erf. Hulle speletjies gaan hulle op die dorp se sportveld doen. Hulle gaan drie keer per dag praatjies hê en die doel is om meer tyd in die Woord van die Here te spandeer en ‘n verdieping in die jongmense se kennis van die Woord.
Hierdie laaste paar maande was verskriklik intens en besig. Terwyl ek nou hier op die bus sit en niks doen nie, gee dit my die eerste keer in baie lank tyd om net te dink, te huil en veral toe ons gister deur Lviv gery het, het ek Ockert so baie gemis. ‘n Jaar terug, net voor ons SA toe is, was ons saam met pappa Hannes en Ma Magda in Lviv. Sonder dat ons geweet het, was dit ons afskeid vakansie. Twee weke in Lviv was ‘n groot geslenterd van die Here vir ons en Ockert se ouers. Nou ry ek daar verby en alles is anders. Soldate, loopgrawe, tenks. Hoe vinnig kan mens se wêreld en lewe heeltemal verander. Ek mis hom so verskriklik baie. Soms kom die verlange soos ‘n wolk wat mens toevou en te veel om te hanteer. Dan lig die Here my kop op en sê om verder te kyk in die ewigheid. Ek weet ons gaan mekaar weer sien. Nou is die verlang net te veel. Maar die Here is goed en getrou tot in alle ewigheid. Hy sal ons trane afvee en ons krag gee om tot aan die einde getrou te wees aan Sy roeping tot die laaste dag wat ons Hom sien. Die dag wanneer Hy vir ons ook sê, kom in, my goeie en getroue dienskneg. Dat ons, ons lewe tot die laaste druppeltjie uitgiet as ‘n lewende offer.
Kontak en bankbesonderhede: Epos: nuwedag@gmail.com, Kontak nr: Op WA +380938126060
Bank: Capitec Rekeningnaam: Mev M Potgieter, Takkode: 470010, Rekeningnr: 1554335599, Soort rekening: Spaar
Dries is back home! I think it still feels a little unreal to him. He remarked that the heat and humidity will take some getting used to. He left South Africa on Friday evening wearing all of his winter gear. Please pray for him as he will start on his longterm visa application next week. His passport and transformable visa was closely scrutinized on the airport on Nosy Be and the officials weren’t happy with what they saw on the computer. So much so that the supervisor was called. He was finally allowed in and we know that it is God who is in control and that He will make a way.
Beste Ondersteuner Verwondering. As dit verdwyn is die lewe – en ook ons geloofslewe voor God – kleurloos en krimpend. Die afgelope tyd word ek pal daaraan herinner deur ervaringe en boodskappe wat my pad kruis. Die goue draad deur alles: wees oop vir die verrassende werk van die Gees!
to be able to show a negative PCR test. And once again that was not the case with Dries. Therefore, he could not fly on Friday and will have to stay for another week. Well, in theory that is. Mind you, I think that nasty cold we had, was probably Covid. I wonder how much money had been spent on never ending tests and penalties for changing flight dates.
Carina van der Watt is die op-en-wakker vrou aan die sy van dr Stephan van der Watt, predikant en dosent in pastoraat aan die Kobe Reformed Theological Seminary.
Vrypos wou meer weet oor haarself, hul bediening en hul lewe in Japan sedert hul gesin in 2009 daar begin werk het
Hiermee Gerrie en Arlene se maandelikse nuusbrief vir julle inligting en volgehoue gebede. Watter goeie nuus is dit nie net dat Gerrie se operasie suksesvol was en dat hy goed aan die herstel is. Watter wonderlike getuienis is dit wat hulle met ons deel – mag ons ook hier in ons eie gemeente sulke getuienisse met mekaar deel. Dit doen wondere vir ander en dien ook as motivering om doelgerig die goeie nuus van Jesus so wyd moontlik te versprei.
What a joy and a privilege to have friends in Christ who encourage and advise us by the power of the Holy Spirit. A couple of days ago, it was clear to us that JoshGen School would have to close its doors after twenty years. I found myself either crying or close to tears most of the time.Therefore, it was a surprise when Euphrasie sent me a message and reminded me about a very small piece of land we went to look at a few months ago. At the time, we considered it too small and access was also a problem.
You know that you are overstaying your welcome in a place when the apartment block you live in, catches fire. On Friday at about 5 o’ clock, we heard people yelling down below in the street. This is nothing unusual for this neighbourhood and I put it down to the week-end excesses starting early. When more voices joined in, I thought that it called for a quick glimpse out the window and received quite a fright when we realised that people were urging the inhabitants to get out as the building was on fire. This warranted some action on our part and we grabbed a few things, passports being the most important and fled the apartment.
Ons het woensdag weer vir 80 mensies bedien met ‘n boodskap, sop en brood en Hiermee van die dames se handewerk om te waardeer. Ons het ook verneem van ‘n sterfgeval asook een man wie se regtervoet geamputeer is. Met die kouer weer is baie van die ou mensies meer vatbaar vir wintersiektes
The news that we have been waiting for finally arrived this week and prompted us into action, because lots need to happen in a short time. Air Ethiopia will resume flights to Nosy Be from 14 May. We are waiting for the final confirmation of flight dates, but would like to fly out by the first week of June.
lynettemadanews Apr 24 Winter is definitely closing in. We are spending a few days at Highlands Lodge in the Outeniqua pass before heading back to Cape Town. We are privileged to be blessed by our friends Liaan and Elizna for making this getaway possible. It is really cold and the fireplace has been going for most of the time.
Konnichiwa Nuusbrief こんにちは Liewe ondersteuner,Soos ons paasfees gevier het, was ons net weerens herrinner aan die kosbare kruis van Jesus. Die boodskap van die kruis wek ‘n dieper verlange om weer terug te keer na Japan in ons harte op. Na amper drie jaar wat ons in Japan gewoon het, is ons meer as ooit oortuig van ons roeping asook die dringendheid van arbeiders op die sendingveld. Ons is gereeld in kontak met mede-sendelinge wat in Japan woon. Dit maak ons opgewonde om te hoor van al die werk wat die Here besig is om in Japan te doen. Sendelinge het nuwe en kreatiewe bedienings waardeur hulle Japanese mense uitnooi om Jesus te leer ken as hulle Heiland. In die konteks van Japan is dit uiters belangrik om op kreatiewe maniere evangelisasie werk te doen aangesien die meerderheid van Japannese mense selde of selfs nooit die ingang van ‘n kerk betree nie.
Markus 16:15 “En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.” Uitgestuurde Sendelinge van NG Gemeente George-Bergsig. Ondersteuning op ´n geloofsbasis deur gemeentes en individue Projekspan leidster: Nora De Wit 082 375 3060 – noradewit7@gmail.com
So ‘n vae gevoel van ontevredenheid … wat laag-laag lê. Dit krap hier, en skaaf daar… jy probeer dit peil en die bron daarvan vind. Jy probeer dit weg “entertain”… maar dit kruip altyd weer terug.
Ontevrede … onvergenoegd. Maak nie saak wat die bron daarvan is nie … dit gebeur meestal omdat ons op onsself fokus. Ek fokus op wat EK ontvang. Die produk van MY werk – wat EK vermag het. Of die terugvoer wat EK kry nadat ek baie tyd en moeite in iets ingesit het. En wanneer die uitset skraal blyk te wees en wanneer die terugvoer meestal afwesig is, of ek nie ontvang wat ek dink ek behoort te ontvang nie, dan is ek ontevrede en onvergenoegd.