Julie — Josua en Rigters
13 Julie
Mag dit hierdie jaar goed met jou gaan — sukses op sukses. Sy boodskap is vandag spesiaal net vir jou.
Tema: Kyk na die suksesse wat behaal is
Teks: “Die Israeliete het die volgende konings van die land oorkant die Jordaan … verslaan … Dit was altesaam een en dertig konings.” (Jos. 12:1, 23)
- Dink terug aan al die magtige dinge en wonders wat die Here al vir jou gedoen het. (Ps. 105:5)
- Wanneer die lewe deurmekaar voel, raak ’n mens maklik bekommerd.
- Kyk dan ’n bietjie terug oor jou lewe — die Here het jou elke keer weer opgetel, deurgehelp en die onmoontlike laat gebeur.
- Dink net waarvandaan jy kom en waar jy vandag is. Daarom kan jy positief wees — dít is geloof.
- Gaan dus met hoop, vertroue en geloof vorentoe.
Gebed
Liewe Vader, gee my die geloof om te weet dat U my weer sal help.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


