Julie — Josua en Rigters
12 Julie
My wens vir jou is dat jou oë vandag sal oopgaan vir die wonders wat die Here doen. Ontvang vandag die Woord.
Tema: Die onmoontlike word moontlik
Teks: “Die Here julle God sal hulle wegstoot voor julle en hulle voor julle uit verdryf.” (Jos. 19:50)
- Met jou God aan jou sy kan jy selfs oor ’n muur spring — niks is vir Hom onmoontlik nie. (Ps. 18:30)
- Vrees en bekommernis maak ’n mens se las net swaarder en laat jou perspektief verloor.
- Raak bewus daarvan dat God die Groot Generaal van jou lewe is.
- Jou situasie is nooit groter as God nie — Hy maak die onmoontlike moontlik.
Gebed
Liewe Vader, dankie dat U groter is as al my probleme.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


