Julie — Josua en Rigters
21 Julie
Jy hoef nie alles alleen te dra nie — jy mag soos ’n kind op jou Vader vertrou.
Tema: Vertrou God soos ’n kind
Teks: “… en hulle het hulle plekke kom inneem in die teenwoordigheid van God.” (Jos. 24:1)
- Dit is vir jou goed om naby God te leef — daar, in Sy teenwoordigheid, is jy op die veiligste plek. (Ps. 73:28)
- Voor God is alles oop en bloot. Jy hoef niks weg te steek nie — Hy ken jou en het jou lief.
- Gee elke dag jou laste vir Hom, soos ’n kind wat op sy ouers vertrou.
- Hoe meer jy Hom vertrou, hoe rustiger word jou hart.
Gebed
Liewe Vader, draai my hart weer na U toe. Help my om U te vertrou soos ’n kind sy ouers ten volle vertrou.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


