Sendingnuus” Missie Japan – Video jaarverslag

2026-06-02 Missie Japan Jaarverslag NG Kerk Groot-Brakrivier

Beste vriend

   Die somer is met ons in volle glorie. Groen, welig en warm! Oral om ons is die rysboere aan die plant, met groot verwagting vir rekord oeste in ‘n tyd van hemelhoë ryspryse. Verder raak die dae hier al hoe meer bedompig en dreig die eerste tifone om die reën seisoen in Kobe ook te laat aanbreek.

   In hierdie nuuflits kyk ons vir ‘n oomblik terug na die sleutelmomente van ons werk as deel van Missie Japan die afgelope jaar. Ons is deurentyd bewus van die feit dat niks hiervan moontlik sou wees sonder die gebede, bemoediging en ondersteuning van ons medewerkers nie. Mense soos jy en gemeentes soos dié waarvan jy deel is.

Ons sê “baie baie dankie!”.

   Ons is regtig begenadig en bevoorreg om jou/julle te hê as ons getuienisvennote … Hou asseblief vol daarmee. Om die evangelie te deel in Japan — soos met rysplantery — bly ‘n marathon eerder as ‘n naelloop!

Kyk gerus na die video en deel asseblief die terugvoer verder in jou netwerk.


Vrede en vreugde, in Christus.

Stéphan, Carina en gesin (ook namens Tobie en Annalie de Wet)

MAAK NOU ‘N BYDRAE

Facebook

Copyright (C) 2026 Mission Japan. All rights reserved.

Our mailing address is:
Shobu Ga Oka 3-1-3, Kita Ku, Kobe City, JAPAN, 651-1306

‘Seisoen van Konflik’ : ‘n Seisoen van Geleenthede’

Seisoen van Konflik - Seisoen van Geleentheid! Mike Burnard

Die NG Kerk – Groot-Brakrivier het op 30 Mei 2026 ‘n interessante ontbyt gereël in die Kerksaal. Die spreker, Mike Burnard, is ‘n kenner in die Sendingveld. Hy is al vir vyftig jaar besig in die uitdra van die Koninkryk se Evangelie internasionaal.

Hy is ‘n dinamiese spreker wat die ernstige onrus in die Midde-Ooste vanuit ‘n Konkryks perspektief beskou. Die gehoor is daarop gewys dat mens nie polities na al die gebeure moet kyk nie, maar met ‘n bril vanuit ‘n Verlossings perspektief.

Daar is honderde duisende mense wat sterf in die onsinnige geweld van die oorlog. Die Heilige Gees is egter werksaam in die Midde Ooste, soos blyk uit die beskikbaarheid van die Woord van God en verhale van talle bekeerdes. Ontwortelde mense wat by Christene in die areas ‘n lawende heenkome vind.

Die oggend is afgesluit met ‘n heerlike ontbyt wat keurig voorberei is deur die Gasvryheidsbediening. Dank aan die Getuienisbediening se span wat die oggend geïnisieer het.

Mike Burnard

Vir die afgelope 50 jaar het Mike en Helen die voorreg gehad om Christene te dien in lande in Afrika, die Arabiese Wêreld, die Midde Ooste, Asië, die Sub-kontinent, Europa en die Amerikas.

Mike was vir 25 jaar betrokke by Geopende Deure, ‘n bediening wat Christene in geslote lande dien deur bystand en hulp te verleen. Mike was ook die stigter van INcontext International, ‘n media bediening wat die Kerk bystaan om wêreldgebeure vanuit ‘n sending en Koninkrykskonteks te interpreteer.

In 2020 aanvaar Mike die beroep as Sending Konsultant en Analitiese Strateeg by dia-LOGOS. Mike se fokus in die kapasiteit bevestig sy liefde en passie vir die vervolge kerk en wy hy homself sedertdien toe as dienskneg van Christene in geslote lande. Mike en Helen is ook die outeurs van verskeie boeke wat Christene uitdaag tot ‘n lewe van transformasie en toewyding.

Kontak besonderhede:

DIALOGOS Webtuiste
TheThirdWay Webtuiste

Sendingnuus Madagaskar – The Week 10 Mei 2026

Madagaskar 2026-05-10 -1 NG Kerk Groot-Brakrivier

The Grade 5’s wrote their national mock exam last week. We have not received the final results yet. This year we have five children from Lovako School in Russian Bay who will write the final exams. They arrived from Russian Bay a week or so before the exams and will stay until the end of the school year. Antonin, the Grade 5 teacher, works very closely with them. For the first time there is also a student from Andranompitily, the nearest village from Ampamata, where the school is located. You will remember that Andranompitily has been hostile against the school in the early years. Our very first visit, some years ago with some of the Rangers when we had a camp there, was dramatic. When we arrived in the village, all the inhabitants had fled into the bush and we were left standing surrounded by the symbols of their witchcraft practices. It took us almost three hours to walk there and after some time of prayer, we simply had to walk straight back. Since then some parents had brought their children in secret to attend the school and now we have a regular flow of children from that village. They stay in Ampamata during the week, walk back to Andranompitily on Friday afternoons and return on Sunday afternoon to be ready for school on Monday. Please pray for Noelin, Melisa, Daniela, Freda and Emerancienne during their stay on the island. They are also part of Royal Rangers on Wednesday afternoons and we trust God to continue to work in their hearts. Emerancienne, the girl with the red dress in the picture, is the student from Andranompitily.

Thank you for praying for Jan, Dries’s brother. He underwent an operation and spent a week in ICU. We are not sure how long he will be in hospital for, but we are thankful for the improvement in his condition.

I am off to the boat for some more painting jobs this week. Have a blessed week.

E-posadres: lynettedj@gmail.com
Bank: ABSA, Lynette de Jager,
Rekeningnr: 1410142909,
Takkode: 632005

Madagaskar 2026-05-10 -1 NG Kerk Groot-Brakrivier
Madagaskar 2026-05-10 -1 NG Kerk Groot-Brakrivier

Sendingnuus: Madagaskar – The Week 3 May 2026

Madagaskar 2026-05-17 -1 NG Kerk Groot-Brakrivier

Please pray with us for Dries’s brother Jan, who had a serious stroke on Friday morning. He is in hospital, but we have no news yet as to what medical treatment will be needed and what the prognosis is.

We had a busy couple of days on the boat. I think that I will have to get used to having paint stained hands. I also realise that I am not so agile as before. I almost fell off the ladder once. Also, carrying stuff while going down a ladder is probably not advised. I suppose Dries and I are both now considered as ‘no longer fit to use a ladder’, but as there is no alternative, we just have to be more careful and slow down a little.

Alice visited the Rangers again on Saturday. She taught them an English song with actions. We appreciate the fact that she is willing to help out at Rangers, because I noticed that the girls enjoy her presence and I think that Alice is a good role model.

Madagaskar 2026-05-17 NG Kerk Groot-Brakrivier
Madagaskar 2026-05-17 NG Kerk Groot-Brakrivier

Our fuel situation on the island has improved significantly. Petrol is still being rationed, but the queues are shorter which is good, as Dries ran out of petrol for the generator on the boat during the week.

May you have a good week.

God bless !

E-posadres: lynettedj@gmail.com
Bank: ABSA, Lynette de Jager,
Rekeningnr: 1410142909,
Takkode: 632005

Godsdienstig of Gelowig. Dr. Jurie Vermeulen, Nasionale Direkteur van FEBA Radio Suid Afrika. Lukas 18: 9-14. Sondag 10 Mei 2026

Dr. Jurie Vermeulen vertel ons meer oor wat die werk is wat Feba Radio reg oor die wêreld doen. Sondagaand om 17:00, tydens LEEFKerk, sal dr. Jurie Vermeulen verder aan die woord wees om vir ons meer te vertel van die werk wat gedoen word. Kom kuier gerus saam!

Dr. Jurie Vermeulen vertel ons meer oor wat die werk is wat Feba Radio reg oor die wêreld doen. Sondagaand om 17:00, tydens LEEFKerk, sal dr. Jurie Vermeulen verder aan die woord wees om vir ons meer te vertel van die werk wat gedoen word.
Kom kuier gerus saam!

Erediens

Prediker: Dr. Jurie Vermeulen, Nasionale Direkteur van FEBA Radio Suid Afrika

Skriflesing: Lukas 8: 9-14

Tema: Godsdienstig of Gelowig? FEBA Radio Suid-Afrika en wêreldwyd

Datum: 10 Mei 2026

YouTube

Lees meer “Godsdienstig of Gelowig. Dr. Jurie Vermeulen, Nasionale Direkteur van FEBA Radio Suid Afrika. Lukas 18: 9-14. Sondag 10 Mei 2026”

Sendingnuus: Madagaskar – The week 26 April 2026

Madagaskar 2026-04-26 -1 NG Kerk Groot-Brakrivier

Actually, it’s been a couple of weeks since my last post, so the news will stretch beyond the last week. Someone said during the week that they are sure that time was moving faster than ever before. Knowing that to be impossible, I can agree with the sentiment though. Between fuel shortages and electricity cuts, the work on Gabriel, school and Rangers, we seem to be constantly on the move.

Lees meer “Sendingnuus: Madagaskar – The week 26 April 2026”

Boelies issie kool nie: Bloom a Child bring hoop vir ons kinders

Boelies issie Kool nie - Bloom a Child NG Kerk Groot-Brakrivier

Op 17 April het ons Interdenominale Jeugkerk ’n besondere besoek ontvang wat die harte van jonk en oud geraak het. Die span van Bloom a Child het by ons kom kuier met ’n kragtige en nodige boodskap: “Boelies issie kool nie.” In ’n wêreld waar kinders daagliks uitdagings op skoolwerwe en sosiale media trotseer, was hierdie aanbieding ’n baken van lig en praktiese wysheid.

Wie is Bloom a Child?

Vir diegene wat dalk nog nie met hulle werk bekend is nie, Bloom a Child is ’n Christelike nie-winsgewende organisasie wat passievol is oor die holistiese ontwikkeling van kwesbare kinders. Wat in 2018 as ’n klein projek op die Tuinroete begin het, het intussen gegroei tot ’n massiewe uitreik wat maandeliks duisende kinders in die Wes-Kaap bereik.

Hulle doelwit is eenvoudig dog diepsinnig: om saad van liefde, hoop en waarheid te saai. Deur gebruik te maak van musiek, poppespel (wie kan die geliefde karakters vergeet?), dans en Bybelstories, help hulle kinders om hul eie waarde in God se oë te ontdek. Bloom a Child glo dat ’n kind wat weet wie hy of sy in Christus is, die veerkragtigheid het om bo hul omstandighede uit te styg.

Boelies issie kool nie: Die kern van die boodskap

Die tema van die dag, Boelies issie kool nie,” het op ’n vars en verstaanbare manier met ons jeug gepraat. Die aanbieding het begin met ‘n gedramatiseerde opvoering waarin gefokus is op die feit dat boelie-gedrag – of dit nou woorde, fisiese dade of uitsluiting is – nie net die slagoffer seermaak nie, maar ook die karakter van die een wat boelie afbreek.

Die span het die volgende belangrike aspekte beklemtoon:

  1. Jou Identiteit: Jy hoef nie ander af te kraak om belangrik te voel nie. Jou waarde word bepaal deur God, nie deur die hoeveelheid “likes” of krag wat jy oor ander het nie.
  2. Die Krag van Woorde: Woorde kan lewe gee of vernietig. Ons is geroep om mekaar op te bou.
  3. Moenie stilbly nie: Vir diegene wat geboelie word, was die boodskap duidelik: Jy is nie alleen nie, en daar is hulp. Vir die “toeskouers” was die uitdaging om op te staan vir wat reg is.

Met ‘n ballon kunsstenaar is die kinders verder vemaak.

Waarom dit saak maak vir ons gemeenskap

In  Groot-Brakrivier lê ons jeug ons na aan die hart. Ons glo dat die kerk ’n veilige hawe moet wees waar kinders kan “blom” – presies soos die naam Bloom a Child suggereer. Deur sulke interdenominale geleenthede te ondersteun, word brûe tussen verskillende kerke en gemeenskappe in ons dorp gebou. Ons besef dat die stryd teen afknouery nie net by die skool hek stop nie; dit is ’n gemeenskapsverantwoordelikheid.

Hoe nou verder?

Die saad is gesaai, maar nou moet ons dit water gee. Ons moedig ouers aan om met hul kinders te gesels oor wat hulle tydens die aanbieding geleer het. Kom ons wees ’n gemeenskap waar ons mekaar se waarde raaksien en beskerm.

Ons sê ’n groot dankie aan Bloom a Child vir hul onbaatsugtige werk en die passie waarmee hulle ons kinders bedien het. Mag ons elkeen onthou: In God se tuin is daar plek vir elke blom om te groei, sonder om vertrap te word.

Missie Japan – Kinder Paasfees

Missie Japan - Kinder Paasfees bgBlur NG Kerk Groot-Brakrivier

 Vir jare het ons duisende pamflette uitgedeel om kinders uit ons buurt uit te nooi na verskeie geleenthede by ons plaaslike gemeente, RCJ Kita Kobe Christ Church. Soms het ’n handjievol gekom. Soms nie eens een enkele kind nie.

    Verlede Saterdag, vir ons Kinder-Paasfees Partytjie, het 32 kinders deelgeneem (52 insluitend volwassenes)! Definieër ’n wonderwerk. Miskien is ’n wonderwerk wanneer dit onmoontlik is om NIE God aan die werk te sien nie. Ons is opnuut oortuig: al wat God van ons vra, is getrouheid.

Wonderwerke vloei uit God se plan vir Japan, nie ons s’n nie.

Ons waardeer julle gebede en ondersteuning as ons getuienisvennote, om die evangelie van Christus in Kobe en verder te deel.

KLIK HIER ONDER EN DEEL GERUS.

Maak ‘n Bydrae

U kan Missie Japan ondersteun deur hier te klik: Maak ‘n Bydrae

Nuusbrief uit Madagaskar – The Week 29 March 2026

Madagaskar 20251120

He is not here – HE IS RISEN

Matt 28:6

We celebrate serving a risen Saviour. May this Easter also be a time of hope amidst a world filled with uncertainty and ever increasing ungodliness. We are anchored in our faith and in time of adversity and trouble, there is peace. May the fact that Jesus has risen also embolden us as Christians to share the Message of salvation with lost people as surrendering to Him is the only hope this world has.

I will go with Dries to the boat this week. There are now many small jobs that I can do. Please pray for strength and endurance. There has not been any fuel (petrol) on the island for some days. We were told that it would arrive soon. We are thankful though that diesel is readily available and we filled up the Land Rover. The price was a shock. Not because the diesel went up in price, but we realized that we have not filled the tank in years. We are thankful for God’s provision in all our needs.

Thank you for your faithful support by praying for us, encouraging us and by contributing financially. We always stand amazed at God’s timing in providing for us. May God bless your for obeying His voice.

E-posadres: lynettedj@gmail.com
Bank: ABSA, Lynette de Jager,
Rekeningnr: 1410142909,
Takkode: 632005

Nuusbrief vanaf Oekraïne: Maart Gebedsbrief uit die suide

Oekraïne

Liewe vriende en familie

Baie dankie dat julle die pad so saam met ons stap. Dankie dat julle bid en ondersteun. Dankie vir elke bemoedigende boodskap.

Ek waardeer dit meer as wat woorde kan sê.

Ek is terug in suid Oekraïne.

Die Here het die deure oopgemaak. Al het my verblyfspermit reeds verval het ek die vinnigste grens-oorgang ooit gehad.  Die Here is só getrou. 

Dit is so goed om almal weer te sien en weer by die huis te wees, al weet ek nie regtig meer waar “huis” is nie. Al bly daar nou ’n Oekraïense paartjie en June van Engeland, in die huis, voel dit steeds leeg. Dit is die huis waar ons kinders groot geword het, en hier is soveel herinneringe. Die seuns se kaste het nog van hul klere in, en selfs van hul speelgoed van toe hulle klein was. Sedert ek terug is, was ek nog nie weer in haar kamer nie. Haar spieëlkas en die rakke met haar boeke en goedjies en alles staan nog net so. Haar kas is nog vol klere.

Eendag sal ek dit uitsorteer, maar ek is nog nie daar nie.

Ek dink aan haar en hom in alles wat ek doen—selfs in die kleinste dingetjies. As ek ’n botteltjie oopdraai, dink ek daaraan dat die laaste keer wat ek dit gebruik het, sy nog by ons was. 

Toe ek laas in Suid-Oekraïne was het sy my elke dag ‘n paar keer gebel. Wanneer sy na skool na haar tweede werk toe ry, het sy my gebel en dan weer wanneer sy huistoe ry. Ek weet nog nie hoe om sonder haar te leef nie. Saterdae was ons twee heeldag in mekaar se geselskap, al was sy duisende kilometers weg. 

Party dae is makliker. Ek dink dit is maar hoe ’n mens deur die rouproses gaan. Die Here is met my en baie naby, maar dit bly ondraaglik moeilik. Dit bly seer, en ek voel soms so alleen, al is die huis vol mense.

Ek is dankbaar dat ek nie alleen oor die grens en ferry gekom het nie, en dat ’n groep van vier mans van Jubilee-gemeente in Maidstone, Engeland, saam met my gekom het. Willie en sy vrou Bekkie, stap al 30 jaar saam met ons pad en het reeds in 1996 saam met ’n groep studente hier kom bedien. Hy was baie bly om ná sy laaste besoek 15 jaar gelede weer hier te wees. Hulle was baie ondersteunend en het ook tyd saam met ons leierskap deurgebring, wat die afgelope tyd so getrou met die bediening aangegaan het. Die mans het vir vier dae gekuier en is weer terug in Maidstone. 

Die dag nadat ons in Suid-Oekraïne aangekom het, het ons Nag om te skyn aangebied vir mense met gestremdhede in ons streek, so ver as die ooste. Die aand word deur die Tim Tebow-stigting geborg. Dit was ’n groot sukses, en elke glimlag en elke drukkie van dankbaarheid maak dit alles die moeite werd.

Ek het ook vir ons gaste die basaar/mark in Suid-Oekraïne gaan wys. Soveel mense het na my toe gekom—soms vreemdelinge—om hul medelye te betoon en vir my ’n drukkie te gee. Een vrou, wie se naam ek nie eens ken nie, het my hande vasgehou en gesê: “Dankie dat jy terug is. Ons het jou so nodig. Jy is soos lig wat skyn.” Ek weet dit is net Jesus, en alle eer kom Hom toe. In my eie krag kan ek dit nie doen nie. So baie mense hier het kinders, mans of ouers verloor in hierdie oorlog! 

Dit is weer ’n ander wêreld waaraan ’n mens moet gewoond raak. Raak mens ooit regtig gewoond aan die sirenes? Ek kan sien dat die Here Suid-Oekraïne beskerm. Verlede week is die ooste erg deur die nag aangeval. Die hospitaal se vensters is uitgeblaas en die dak is deur ’n drone beskadig. ’n Ander hospitaal het ook groot skade opgedoen.

Die hoofdokter van die hospitaal het ons gevra om verbande en mediese toerusting, wat ons vroeër die week ontvang het, te bring. Geen mans in die gemeente kan ry nie. Die wat nie in die oorlog veg nie, bly in hul huise, uit vrees dat hulle opgeroep en weggestuur sal word om te veg. Die kanse op oorlewing op die veg frond is baie klein.

So ek, Valeria en July het die motor vol bokse gelaai en deurgery. Die dokters was baie dankbaar, en die bokse is dadelik oopgemaak en begin gebruik—veral die verbande. Elke dag kry hulle soveel mense in wat beseer is tydens drone aanvalle in ons hele streek. Julle weet nie hoe erg dit hier gaan nie. Vroër die week is ‘n kraam hospitaal in Odessa vernietig. Hulle het al die mammas en babas na die ondergrondse bunker geneem. Die werkers van die Odessa administrasie kantore se blyplek is heeltemal vernietig, verbrand en mense sit plastiek voor hul vensters en bly daar omdat hulle geen ander plek het nie. 

In een dag was daar meer as 900 drones en ook missiele oor Oekraïne. Ek word baie keer in die nag wakker van die sirenes. Ons hou dit op ons selfone dop, en as die drones in ons rigting beweeg, gaan ons na die kelder.

My familie en vriende is bekommerd. Valerina, het ernstig met my gepraat toe ek in Suid-Afrika was, en ook Willie en die leiers van Jubilee-gemeente het my gevra om ’n sabbatsverlof te neem. Hulle het met die leiers hier in Suid-Oekraïne gepraat, en almal het my met soveel liefde gevra of “toestemming” gegee om ’n tyd van rus te neem. Soos Valerina sê: nadat die Here vir my man kom haal het, is ek dadelik terug na Oekraïne—toe die oorlog, en toe sy. Hulle is ook bekommerd oor my gesondheid. Ek het soveel liefde en ondersteuning van ons kerk leiers hier in Valerina ontvang en hulle is in soveel eenheid dat ek moet gaan rus. Waar dit gaan wees en vir hoe lank weet ons nog nie. 

Ek sal dus vir ’n paar weke in Oekraïne wees om alles reg te kry en oor te gee aan ons leiers, en ook om die probleme met ons gebou se aandele te probeer uit sorteer. Daarna sal ek, DV, teruggaan na Suid-Afrika vir ‘n ruk, waar ek dadelik sal moet aandag gee aan ‘n mediese uitdaging wat ek het en die tyd sal neem om fisies en geestelik te herstel. Alles is in die Here se hande. My toekomsplanne is om (gehoorsaam te wees om mooi te hoor wat die Here sê)  en om DV, weer terug te kom na Valerina , ná ’n tyd van genesing, en voort te gaan met die werk. Valerina is in my hart. Ek verlaat nie die sendingveld of Valerina nie.

Ek moet belei. ’n Groot bron van kommer vir my is die finansies vir die kleuterskool. Ons het dit oorweeg om die kleuterskool toe te maak, maar ná ’n besoek het ons weer besef watter groot werk die Here in elke kind se lewe doen. Ons vertrou Hom vir die voorsiening vir dit en vir elke bediening om voort te gaan.

Ons het wel besluit om die daaglikse etes vir die vlugtelinge te stop, sodat ons op die kleuterskool kan fokus. Daar is nou minder vlugteling as in die begin en ‘n ander gemeente het ook begin om etes te gee. 

Môre oggend kom ons Juris  al die pad uit Odessa om saam met Attie, (ons jarelange vriend en sakeman van Izmail), om met my en Valeria oor die aandele van Univermag te praat. Ons hoop dat hulle ook met Gryna sal kan praat, wie se vrou vir ons 18% van die aandele aangebied het. Ons bid dat Gryna steeds bereid sal wees om die aandele teen die oorspronklike prys te verkoop. Bid ook asseblief vir Katja en Alina wat 30% van ons aandele jare gelede net vir hulself “gevat” het.  Bid dat hulle net weer ‘n ontmoeting met die Here sal hê en sal terug draai. 

Bid asseblief saam met ons hieroor.

Die Here is so goed en altyd getrou, en ek glo met my hele hart dat Hy in beheer is en voor ons uitgaan.

Terwyl ek hierdie gebedsbrief geskryf het, het daar 62 lugaanval waarskuwings op my telefoon se app opgekom, vir lugaanvalle waarskuwings in ons streek en Odessa. Ek weet dat ek in die holte van Sy hand is. 

💌    Vir meer gereelde gebedsversoeke op Whatsapp, stuur asseblief jou nommer na +380938126060 op Whatsapp. 

Baie dankie dat julle bid.

📌 Projekte rekening vir Raduga:

Standardbank,

Lynnwood Ridge tak (met kode 012445),

rekeningnommer 014330067 

in die naam Nuwe Dag

📌 My persoonlike

besonderhede:

Capitec

Savings Account Number: 1554335599

Branch: 470010

 SWIFT/BIC code (CABLZAJJ)

 International Sort/Routing/Clearing Code: 470010

Account number/IBAN: 1554335599

Kunsvlytprojek: ‘n Wonderlike gebeurtenis in Wolwedans / Greenhaven

Wolwedans Kunsvlyt Brei Hekel projek 60Plussers Kunsvlytprojek

In Wolwedans ontvou iets buitengewoons. Dit behels die klik van breinaalde, die gly van ‘n verfkwas en die gegons van stemme wat stories deel uit ‘n leeftyd van lewe.

Wat agt jaar gelede as ‘n beskeie byeenkoms onder Ouma Rens se wasgoedlyn begin het, het ontwikkel in die 60Plusser-netwerk – ‘n lewendige, holistiese gemeenskap waar die “goue jare” herverf word met kleure van doel, kreatiwiteit en verbintenis.

In 2026, het die Getuienisbediening se uitreikarm een ​​van sy opwindendste inisiatiewe tot nog toe van stapel gestuur: die geïntegreerde Handewerk en kunsvlyt projek. Deur ons gevestigde brei-, stik- en hekelwerkswinkels met nuwe kuns- en kunsvlytsessies te kombineer, maak ons ​​nie net “dinge” nie – ons weef ‘n sterker sosiale weefsel vir ons gemeenskap.

Lees meer “Kunsvlytprojek: ‘n Wonderlike gebeurtenis in Wolwedans / Greenhaven”

Die 60Plusser-Netwerk Wolwedans

Wolwedans 60Plussers GemeenskapsprojekAfsluiting

Ontstaan en Verloop

Die 60Plusser-Netwerk in sy huidige formaat het afgeskop in Oktober 2025 as ‘n loodsprogram. Die begin was egter baie beskeie, en reeds agt jaar vantevore in ouma Rens se agterplaas in Wolwedans, onder haar wasgoedlyn! Dit was ‘n uitbreiding van die Getuienisbediening se sop uitdeel inisiatiewe. Na haar afsterwe is verskuif na ouma Miemie se kerkie, oorkant die Wolwedans Gemeenskapsaal waar verrigtinge tans weekliks plaasvind.

Bemoediging

Die aanvanklike idee dat slegs kwesbare, en meer verswakte bejaardes gehelp sal word by die byeenkomste, het vinnig plek gemaak vir ‘n meer evangeliserende doelwit vir die nagenoeg 24 vroue en 6 mans wat die weeklikse byeenkomste bywoon. Die klem het dus verskuif toe meer 60Plussers, wat nie noodwendig as “verswak” beskou kan word nie, die byeenkomste begin bywoon het. Bemoediging deur Skrifgefundeerde boodskappe, samesang en gebed (in klein groepies) was van die begin af belangrik en gaan steeds so voort.

Bamagtiging

Bemagtiging deur verskeie sprekers het tydens die loodsprojek plaasgevind. So was daar onder andere ‘n fisioterapeut wat stoeloefeninge kom demonstreer het, verpleegkundiges wat gepraat het oor die voorkoming van beroertes en hartaanvalle en ‘n somatoloog wat oor bekostigbare voedingsrome uit die yskas en tuin kom gesels het. Die voorkoming van kinderverwaarlosing is ook deur ‘n gesoute maatskaplike werker belig. Hierdie tipe bemagtigingsinisiatiewe word in 2026 voortgesit. Aletia Nortje en Karen Kamper van die Getuienisbediening neem hier die verantwoordelikheid.

Praktiese hulp

Praktiese hulp geskied ook steeds deur die koppeling van die byeenkomste met ‘n sopkombuis (‘n projek wat in 2025 ontstaan het by ‘n interdenominale en veelrassige manne-gebedsgroep en wat tans as die Wolwedans Gemeenskapsinisiatief bekend staan). Ander praktiese vaardighede wat geslyp word sluit in brei- en hekel lesse onder leiding van Carin van Ginkel. Ina Meyer, ‘n veelsydige laslappie kunstenaar in ons gemeente, het ook al ‘n paar klasse aangebied. Daar word beoog om eersdaags ook met naaimasjien klasse te begin onder leiding van Anette Cronje.

Inisiatiewe vir 2026

Daar is heelwat lesse geleer wat aanleiding gegee het tot ‘n meer uitgebreide  formaat van aanbieding in 2026. Nuwe inisiatiewe sluit in:

  • Naelversorging en knip onder leiding van twee ervare verpleegster in die 60Pluser-Netwerk span, nl. Jenny Smuts (Gideons Beweging) en Elsabé Oosthuizen (NGK).
  • Kunsvlyt vind plaas onder leiding van die kreatiewe Marisha Vollmeyer van die Shofar gemeente.
  •  Twee Wolwedans gemeenskapslede, Amelda Plaatjies en Letima Julia is sover genooi as komitee lede vir beplanningsdoeleindes. Beide het aanvaar.
  • Die sendingorganisasie YWAM, onder leiding van Marelize Visser, is aktiewe deelnemers aan ons byeenkomste.

Die 60Plusser-Netwerk onderskryf ‘n holistiese en verhoudingsgedrewe benadering.  Die saamwerk oor kleur -en denominale grense heen is kosbaar en oes ‘n ryke skat van welwillendheid en verhoudingsbou in. Daar is ‘n behoefte om meer gestremdes te betrek.

Die Inspirerende Storie van die Wolwedans se florerende Jeugkerk

Jeugkerk - Wolwedans Gemeenskapsinisiatief

In die hart van ons gemeenskap blom iets moois. Dit is ‘n storie van deernis, geloof en die eenvoudige, kragtige daad van opstaan ​​vir mekaar. Wat begin het as ‘n warm maaltyd vir diegene in nood, het geblom in ‘n lewendige beweging van geloof wat die lewens van dosyne kinders elke week raak. Dit is die storie van die Wolwedans Gemeenskapsinisiatief en sy florerende Jeugkerk – ‘n bewys van wat gebeur wanneer ‘n gemeenskap besluit om die hande en voete van Jesus te wees.

‘n Fondasie van Deernis

Elke groot storie het ‘n begin, en die Wolwedans Jeugkerk het nie binne die vier mure van ‘n gebou begin nie, maar rondom die eenvoudige waardigheid van ‘n gedeelde maaltyd. Die Wolwedans Gemeenskapsinisiatief is gebore uit ‘n begeerte om ‘n tasbare behoefte in ons omgewing te vervul. Dit het begin as ‘n weeklikse sopkombuis – ‘n baken van warmte en voeding vir diegene wat dit die nodigste gehad het.

Maar soos die vrywilligers week na week bymekaargekom het, sop uitgeskep en brood gedeel het, het hulle iets diepgaandes besef. Hulle het mae gevul, ja, maar hulle het ook ‘n ruimte vir verbinding geskep. Hulle het verhoudings gebou, na stories geluister en ‘n vertroude teenwoordigheid in die lewens van gesinne geword. Dit was in hierdie omgewing van liefde en praktiese sorg dat ‘n nuwe, God-grootte visie begin wortel skiet het. Hulle het die kinders gesien, vol energie en nuuskierigheid, en ‘n roeping gevoel om nie net hul liggame te koester nie, maar ook hul gees. En so, uit hierdie vrugbare grond van diens, is die Jeugkerk gebore.

Die Jeugkerk: ‘n Plek om te Behoort en te Glo

Die Wolwedans Jeugkerk is geskep met ‘n enkele, kragtige doelwit: om kinders meer oor Jesus te leer en hulle te lei na ‘n persoonlike, lewensveranderende verhouding met Hom. Dit is ‘n vreugdevolle, energieke en verwelkomende ruimte wat spesifiek ontwerp is vir die jongste lede van ons gemeenskap.

Elke Vrydagmiddag, van 14:30 tot 15:30, word die atmosfeer lewendig met die klank van lag, gebed en lofprysing. Die deure is oop vir almal, van kleuters wat hul eerste wankelrige treë gee tot selfversekerde kinders in Graad 7. En die reaksie was niks minder as wonderbaarlik nie. Sommige weke kom ‘n klein, intieme groepie van 30 kinders bymekaar; ander weke loop die ruimte oor met die vreugdevolle chaos van meer as 100 jong siele wat gretig is om te leer en te speel.

Stel jou die toneel voor: klein stemmetjies wat in sang verhef word, saam bid met onskuldige geloof, en oë wyd oop van verwondering terwyl hulle stories uit die grootste Boek ooit geskryf hoor.

Bybel gefundeerde program

Die program is noukeurig gestruktureer, volgens ‘n handleiding wat ‘n swaar klem plaas op die Bybel as die uiteindelike bron van waarheid en wysheid. Elke les, elke liedjie, elke gebed wys terug na die onwrikbare liefde van God.

Geloof in Aksie: Leer Deur Liefde en Spel

Die span agter die Jeugkerk verstaan ​​dat kinders die beste leer wanneer hulle betrokke is en pret het. Terwyl die kern van elke byeenkoms toegewy is aan saam aanbidding en die delf in God se Woord, weet hulle ook hoe belangrik dit is om kinders kinders te laat wees.

Daarom word die program liefdevol afgewissel met goeie outydse pret. Van tyd tot tyd word die Bybels en lesplanne opsy gesit vir ‘n lewendige speletjiesmiddag. Dit is in hierdie oomblikke – tydens ‘n vurige sokkerwedstryd, ‘n afloswedloop of ‘n gedeelde giggel – dat vriendskappe gesmee word en die liefde van die span op ‘n ander, maar ewe kragtige, manier getoon word. Dit is ‘n pragtige herinnering dat ons geloof nie net gaan oor wat ons weet nie, maar hoe ons mekaar in gemeenskap leef en liefhet.

‘n Interkerklike Familie

Een van die mooiste aspekte van die Wolwedans Jeugkerk is sy hart vir eenheid. Dit is ‘n interkerklike inisiatief, ‘n pragtige tapisserie geweef uit verskillende drade van die Christelike geloof, alles verenig deur ‘n gemeenskaplike liefde vir Jesus en ‘n gedeelde passie vir die volgende geslag. Dit staan ​​as ‘n kragtige herinnering dat, alhoewel ons Sondag in verskillende geboue mag aanbid, ons almal deel is van een familie onder God. Hierdie gees van eenheid maak dit ‘n ware gemeenskapspoging, wat die hart van die Evangelie weerspieël wat mure afbreek en brûe van liefde bou.

Jy word uitgenooi om deel te wees van die storie

Die werk van die Jeugkerk is ‘n arbeid van liefde, maar dit is ook ‘n betekenisvolle onderneming. Om tot 100 kinders elke week te bereik, verg energie, kreatiwiteit en ‘n toegewyde span gewillige harte. En dit is waar jy inkom.

Dit is ‘n oproep om nie net van ver af te kyk nie, maar om in ‘n storie te tree wat God in ons midde skryf. Jy hoef nie ‘n teoloog of ‘n jeugpastoor te wees om ‘n verskil te maak nie. Jy benodig net ‘n hart wat vir kinders klop en ‘n begeerte om hulle te sien floreer.

Daar is soveel maniere om betrokke te raak. Kan jy ‘n uur van jou tyd op ‘n Vrydagmiddag aanbied? Miskien kan jy help om ‘n wedstryd te lei, ‘n samewerking aanbied.

Sendingnuus – Madagaskar: The Week 22 Februarie 2026

Madagaskar - The week 22 Feb 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

The Adventure and Expedition Rangers concluded their series on the book of Romans last week and the theme was that as believers, God gives us hope and that is how we are able to live in a world filled with sadness and trials. In Christ we have hope as we shall one day spend eternity in the presence of God. I was reminded of this truth three times last week.

Lees meer “Sendingnuus – Madagaskar: The Week 22 Februarie 2026”

Missie Japan: LYDENSTYD IN JAPAN

Missie Japan NG Kerk Groot-Brakrivier

Teen dié tyd van die jaar in Japan voel ek soms die winter kaalheid en kouefronte kan gerus nou end kry. Maar daar lê gewoonlik nog heelwat bibberweer voor die deur. Dan moet ek myself staal. Gelukkig is dit ook net mooi dan wanneer die Wintersoet (ook bekend as Wax Plum in Engels, Rōbai in Japannees = 蝋梅) helder blom in die snerpende koue. Asof die opstandings-Lig rééds deur die krake van Lydenstyd inskyn in Japan … Vanjaar weer, in die parkeer terrein teen ons huis, het die Wintersoet boom teen einde Januarie nie teleurgestel nie. Saam met Nagtegaal se eerste spitsvondige gesang, ná ‘n lang winterstilte, sien en hoor ons nou die vroeë tekens van lente oral om ons. Wat ‘n vreugde!

Lees meer “Missie Japan: LYDENSTYD IN JAPAN”

Sendingnuus Japan: Ds Tobie de Wet

Mission Japan

Sondag 15 Februarie 2026.

Die afsluiting van nog ‘n periode in ons lewe en bediening, ons laaste erediens en liefdesmaal in Niihama, ‘n afskeid😢Nogal emosioneel dreinerend. Tog ‘n vreugdevolle hoogtepunt met die doop van een van ons lidmate na meer as ‘n jaar van saam weeklikse Dondernamiddag Bybelstudie en sy getroue erediens bywoning onafgebroke elke liewe Sondag🙏🏻‼️

Lees meer “Sendingnuus Japan: Ds Tobie de Wet”

Sendingnuus Madagaskar The Week 8 Februarie 2026

Madagaskar Feb 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

This year’s cyclone season proves to be one of the worst for Madagascar. Cyclone Gezani struck the port city of Tamatave on Tuesday night and it was reported that 75% of the second biggest city in Madagascar was either destroyed or damaged. The final death toll is not known yet, but so far we know that 40 people lost their lives. This particular cyclone started far away in the Indian Ocean, moved across Madagascar and gained strength in the Mozambican channel where it caused a lot of damage on the Mozambican coast. It is now turning back on itself and heading for the south of Madagascar. Please pray that Gezani will move down south before it makes landfall again.

Lees meer “Sendingnuus Madagaskar The Week 8 Februarie 2026”