Ander sending nuus – Gerrie en Arlene se nuusbrief vir Maart 2022

Markus 16:15 “En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.”
Uitgestuurde Sendelinge van NG Gemeente George-Bergsig.
Ondersteuning op ´n geloofsbasis deur gemeentes en individue
Projekspan leidster: Nora De Wit 082 375 3060 – noradewit7@gmail.com

Nuusbrief – Maart 2022
Liewe Ondersteuner, Bidders, Vriende en Familie,
Ons eerste EMT (Ethnos Mission Training) opleidingskursus vir 2022 is afgehandel (Februarie – Maart). Dit was werklik geseënd en die Here het baie mense aangeraak. Daar het sterk getuienisse uit voortgespruit waarin individue getuig het van hoe Die Here tot hulle gespreek het deur die kursus. Alle eer, dank en lof kom die Here toe.


Ons is ook steeds by SIM betrokke (via die internet) met die ontvang en verwerking van alle navrae mbt persone wat belangstelling toon vit sending en moontlik wil aansluit by SIM as sendelinge. Die getalle en tipes navrae wissel maar steeds tussen diegene wat net uitvra oor SIM en sending tot diegene wat werklik aangeraak is deur God se roeping tot deelname aan die sendingtaak om die Evangelie tot aan die uithoeke van die wêreld te gaan verkondig. Alhoewel die SIM kantoor amtelik na Natal verskuif het is daar nog steeds ´n klein aantal personeel by die vorige kantoor in Tokai werksaam.


Persoonlik: Ek verwys na die gedagte in my vorige nuusbrief dat 2022 sommer volspoed afgeskop het. Min het ek geweet toe ek dit geskryf het HOE vining die lewe kan verander en at regtig vir ons voorlê. Gerrie is die 11de Februarie gediagnoseer met gevorderde prostaatkanker. Hy het die 23ste Maart ‘n radikale prostaat verwyderings operasie ondergaan. Op die 30ste Maart het ons die goeie nuus ontvang dat alle kanker verwyder is en geen verdere bestraling is nodig nie. Ons Prys God vir Sy genade onbeskryflik groot. Hy is huidig op die herstelpad na die sjirurgie..stadig maar seker. Volgens medici kan dit maar ‘n lang en redelike stadige herstelproses wees.


Ons kan net jubel, juig en getuig van God se liefde, genade en voorsiening. Ons het nie ‘n mediese fonds nie, maar die Here het deure ge-open, die operasie was met die nuutste tegnologie gedoen nl Robotiese chirurgie. Ons het ook die voorreg gehad om aansoek te doen vir finansiele bystand by SIM. Prys die Here, Hy het dit so bewillig dat hulle help, met 90% van die kostes deur SIM se interne mediese hulpfonds, en ons praat van honderde duisende rande!!!


MAAR die mees wonderlikste getuienis van ALLES is dat ons kan getuig, en mag weet, waar ons waarlike hulp vandaan gekom het, en dit is van ons Drie Enige God!!!!


Ons loop werklik met ‘n wolk van getuienisse.

“Terwyl ons dan so ‘n groot skare geloofgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof…” Heb 12:1-2a


Hierdie foto het my so diep laat dink/ terug dink oor ons 2 se lewenspad. Soms kronkel
jou lewenspad in jou gedagtes voor jou uit, en dit lyk so lank en onvoorspelbaar of onseker. Ons weet nooit wat hou die dag van môre in nie MAAR ons kan getuig dat hoe moeilik, hoe onseker ookal, die Here ons God is ALTYD met ons. Die gedagte vat my nou ook dekades terug toe God ons geroep het om die Evangelie te verkondig as sendelinge met die belofte van Joshua 1:9 “Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrk nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.

Soli deo Gloria!!!!!!


Bid asb saam met ons:
• Vir ons gesondheid en Gerrie se herstel
• Vir die vermoe om te kan volhard in die geloof en werk
• Vir ons kollegas by SIM en ETHNOS
• Vir alle Moslems gedurende Ramadan – dat hulle Jesus sal leer ken as hulle verlosser.
DANK God vir Sy wil wat Hy laat geskied het met Gerrie se gesondheid.
Dankie vir julle gebede, ondersteuning en belangstelling – ons waardeer dit opreg!
Seën en Vrede
Gerrie en Arlene


SA vir WÊRELDSENDING
Sel en WhatsApp nrs. Gerrie 067 084 7256
(Ook op Signal) Arlene 076 446 1407
Bankbesonderhede:
Naam van rekening: NG KERK BERGSIG – SAAWE
Tipe en nommer: ABSA Besigheids spaarrekening
nr. 93 5202 1094
Takkode: 632005
Markus 16:15 “En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en
verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.”
Gerrie en Arlene Coetzee
Uitgestuurde Sendelinge van NG Gemeente George-Bergsig.
Ondersteuning op ´n geloofsbasis deur gemeentes en individue
Projekspan leidster: Nora De Wit 082 375 3060 – noradewit7@gmail.com