Julie — Josua en Rigters
18 Julie
Ek bid dat jy vandag rustig sal stilstaan en eerlik na jou eie lewe sal kyk. Neem God se boodskap vandag ernstig op.
Tema: Neem bestek op
Teks: “Die Here het aan Israel die hele land gegee wat Hy met ’n eed aan hulle voorvaders beloof het.” (Jos. 21:43)
- Die Here laat nie die werk van Sy hande vaar nie. Hy sal alles goed laat afloop. (Ps. 138:8)
- Wat die Here aan jou belowe het, sál Hy doen — Hy is getrou.
- Vat ’n oomblik om jou lewe weer in lyn te bring met God se plan.
- Die Here is jou Beskermer — Hy sal jou beskerm, lei en help, elke tree van die pad wat jy stap.
- Stap agter Hom aan.
Gebed
Liewe Vader, dankie dat U my beskerm en getrou is aan U beloftes.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


