Missie Japan Nuusflits: 3 Junie 2022

VERWONDERD oor klein en groot

Beste Ondersteuner 
Verwondering. As dit verdwyn is die lewe – en ook ons geloofslewe voor God – kleurloos en krimpend. Die afgelope tyd word ek pal daaraan herinner deur ervaringe en boodskappe wat my pad kruis. Die goue draad deur alles: wees oop vir die verrassende werk van die Gees!

Pinkster het ons opnuut daaraan herinner … of jy nou naby aan 80 trek (en soos Moses verras word by die brandende bos), of skaars ‘n tiener geword het (soos Samuel in die tempel) … bly oop en verwonderd oor God se roeping in jou lewe en sy onstuitbare genade in klein en groot gebeure.

Daarom hierdie kort nuusflits – wat eerder die foto’s self die stories laat vertel – van waarmee ons besig was die afgelope paar weke. As jy onlangs van ons nuus gemis het, besoek gerus ons blog by www.missiejapan.co.za

Ons bly afhanklik van jou gebede en ondersteuning.
Baie dankie dat ons daarop kan reken!

 
Vrede en seën,
Stéphan, Carina, Annlie (14), Cornelius (12), Lodewyk (10) en Stephan (8).
GEBEDSVERSOEKEBid asb. vir die Here se sorg en leiding m.b.t. die volgende sake:Ons het die afgelope maande baie hard gewerk, en tegelyk baie gaste ontvang aan huis. Bid asb. vir krag, balans en gesondheid.Ons het begin met ’n nuwe fase van bediening in ons plaaslike gemeente (RCJ Kita Kobe), saam met ‘n nuwe leraarspaar, (ds.) Hajime en sy vrou Yuko Nishibori, met hulle seun Hikari. Carina se rol in die kinderbediening hier brei uit. Dank saam met ons die Here daarvoor en vra asb. vir Sy leiding vir wat voorlê.Ons daaglikse werk – ek wat klasgee by die kweekskool, betrokke is by verskeie gemeentes en leraars, ekstra navorsing doen in Missiologie; Carina se voltydse tuisonderrig van ons 4 kinders met verskeie ander (Japannese) studies en werk  – dit verg baie energie en wysheid.’n Belangrike Missie Japan vergadering – Dinsdag 7 Junie 11h00 SA tyd – saam met RCJ Shikoku se kerkleiers oor die pad van samewerking vorentoe.
Ondersteun: maak ‘n verskil Missie Japan is ‘n vrywillige geloofsaksie wat afhanklik bly van ondersteuning deur individue, groepe en gemeentes regoor die wêreld. MAAK ‘N BYDRAEMissie Japan media Volg op FacebookVolg op FacebookVolg op BlogVolg op Blog