Julie — Josua en Rigters
17 Julie
My gebed vir jou is dat jy met sagte oë na die mense om jou sal kyk. Hier is die Woord van God vir vandag.
Tema: Sorg vir ander mense
Teks: “Die Israeliete het toe die bevel van die Here uitgevoer en uit hulle woongebiede vir die Leviete dorpe met weivelde gegee.” (Jos. 21:3)
- Die Here is vir almal goed en Hy ontferm Hom oor alles wat Hy gemaak het — laat jou hart ook so wees teenoor ander. (Ps. 145:9)
- Die Here sien jou raak, en daarom sal Hy vir jou sorg.
- Hy gebruik dikwels die mense wat jou pad kruis om vir jou te sorg — maak jou hart daarvoor oop.
- Ontvang dit met dankbaarheid, maar onthou: jy kan ook vir iemand anders ’n helper wees.
Gebed
Liewe Vader, dankie dat U my raaksien — help my om ook ander raak te sien.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


