Beste Ondersteuner,
Lente-groete uit Kobe! Net ‘n paar gedagtes van hier voor jy die Paasweek ingaan.
Die RCJ (Reformed Church in Japan) Westelike Ring se 34 gemeentes vergader vandag, in Groot Lydensweek. Baie verhale en gebeure word gedeel. ‘n Jong nuwe leraar is aangestel by ‘n gemeente wat vier jaar lank moes wag om hom te kon beroep. ‘n Ander gemeente getuig van hulle pyn en worsteling na hul predikant se bediening gestop moes word omdat hy internet preke misbruik het. In sy plek kom ‘n nuwe leraar wat self deur erge swaarkry is a.g.v. (verbale/emosionele) magsmisbruik in sy vorige gemeente.
Nuusflits van Feba Radio – 20 nuwe luisteraarsklubs!
“Hulle (die klublede) word nie negatief deur die omstandighede beïnvloed nie, aangesien die betrokke voorval daartoe bygedra het dat húlle ook die waarheid kon vind – die waarheid wat net in Jesus alleen gevind kan word. Dit is daarom dat baie mense die optrede van die jong vrou inspirerend vind en deur dit bemoedig word. Baie luisteraars reageer daarom op die programme wat in die gebied uitgesaai word.” – Ds Amos Siyabu
Lees meer “Nuusflits van Feba Radio – 20 nuwe luisteraarsklubs!”Oekraïne: Michelle Potgieter
Liewe familie en vriende
Vanaand is ‘n koue en reënerige aand in Reni. Dit was ‘n stil dag. Niemand mag uit hulle huise gaan nie. Van Vrydagaand tot Maandag oggend moet almal in die Odessa streek binnenshuis bly. Hulle verwag ‘n lug aanval oor die naweek.
Ons kry af en toe waarskuwings op ons telefone “The Government of Ukraine has issued an air raid alert in your region.” Maar die Here is ‘n muur van vuur om ons en my geloof is sterker as ooit in die Here. Ek weet dat Sy vlerke oor ons is daarom sal ons vanaand rustig slaap.
More sal dit ses maande wees wat die Here vir Ockert kom haal het. Soveel het gebeur. Ons lewens is omgekeer. Party dae mis ek hom so dat dit ondraaglik is. Donderdag het ek vir Cilliers en Tanya gaan groet voor hulle Duitsland toe vertrek het. Ek stop die kar weer voor ons huis en sit die ligte af. Terwyl die musiek speel sit ek in die donker en kyk. Nou is ons net drie. Ek, Ivan en Benjamin. Ek sit en kyk na die huis hoe ons 26 jaar hier soveel herinneringe gehad het. Die herinneringe speel soos films voor my af. Hoe ons babas in die arm in en uit die hekkie gegaan het. Vyf kinders, kleuters, babas en dan tieners. Hoe ek en Ockert in die stof straat hand aan hand geloop het. Die blydskap oor elke roos wat in die voortuin blom en die rose wat tot bo ons kamervenster rank. Nou is die roosboom se takke nog lewensloos in die koue. Terwyl ek so in die donker sit en huil, voel ek net die Here se teenwoordigheid by my in die motor. Hy vat die seer weg en vertroos my en droog elke traan af. Hy is so naby aan die wat hart gebroke is. Nader as ooit.
Die volgende oggend gee Hy nuwe vreugde en ons maak kos vir die vlugtelinge, deel kospakkies uit aan gesinne wat swaar kry.
Hulle se dat daar meer as 15000 vlugtelinge in Reni is. Reni is ‘n toevlugsoord! Ons ontvang elke dag vlugtelinge in ons kerkgebou en maak gratis etes. Ons sit by die tafels en luister na hul stories van hoe hulle gevlug het. Baie keer is dit net met die klere aan hul lywe. Ons gee klere, kos en verblyf. Almal in die gemeente help. Ons nooi hulle kerk toe en hulle kom. Van die mense geuig hoeveel genesing hulle ontvang het. ‘n Vrou vertel hoe sy en haar man en kindertjies gevlug het. Dit was so erk dat sy in die kar flou geword het. Ons het ook warm etes na die grenspos geneem waar vlugtelinge tot drie dae wag om die land te verlaat. Dit is ‘ voorreg om nou hier te kan wees.
Die week het ‘n ander gesinnetjie gekom met twee klein kindertjies. Die twee jarige dogtertjie het ‘n seldsame sindroom wat net 70 mense in die wêreld ooit gehad het. Sulke kindertjies lewe net tot twee of drie jaar oud. Sy weeg maar 6kg en kan nie loop nie. Ek het nog nooit voorheen ‘n baba gesien wat soveel vreugde uitstraal nie. Sy wil net drukkie gee en lag altyd. Die mamma vra hulp indien enige iemand van dokters weet wat met sulke kindertjies werk sodat sy behandeling kan kry. Nou met die oorlog kan hulle amper na enige land gaan as vlugtelinge.
Mari-Alena is veilig terug in Suid-Afrika. Cilliers en Tanya is veilig in Duitsland. Hannes-Joshua en Anastasia is oppad Amerika toe, hulle wag nog vir hul christelike werkers visums. En ons drie is veilig in Reni. Pappa Hannes en mamma Magda is veilig in Santa Rosa, Kalifornië.
Baie dankie dat julle bid en intree. Dankie vir elke boodskap en bemoediging.
Baie dankie vir elke bydrae en hulp. Ons waardeer dit oneindig baie. Vergewe asseblief as ek lank vat om boodskappe te antwoord. Ek is ver agter. Elke dag is ons besig van vroeg tot laat. Elke aand het ons gebed by die kerk. Ons is so dankbaar vir elkeen van julle. Dankie dat julle ons arms hoog hou.
Die Here is my Rots en my veilige vestig. Ek sal niks vrees nie.
Die Here is met ons. Hy is getrou en goed.
Baie liefde en seën
Makhathini – Nuusflitse April 2022
Ons het berig vanaf Louwrens van Makhathini ontvang dat hulle groot waardering het vir die besoek wat die Getuienisaksie van die Wes Kaap se Daniel de Wet en sy gesin verlede week aan hulle gebring het. Daniel het onder andere ‘n ontmoeting met ‘n groep gemeenteleiers gehad. Die gesprek met hulle oor die gemeente se toekoms was baie insiggewend en rigtinggewend. Hiermee ‘n klompie fotos ter info
Lees meer “Makhathini – Nuusflitse April 2022”Wolwedans besoek 6 April 2022
Gister se uitreik na Wolwedans was geseend en kon ons weer vir 80 gesinne bedien met die Goeie Boodskap, sop en brood, danksy die goeie ondersteuning van ons gemeentelede met die deurlopende voorsiening van sop. Hiermee ook fotos van waarmee die dames van die naaldwerkprojek tans besig.
Groete in Jesus
Lees meer “Wolwedans besoek 6 April 2022”Madagaskar: Lynette’s Mada news April 2022
For the first time since I arrived, things seem to move forward. Madagascar has finally conceded to allowing other airlines to fly after they had officially opened the boarders more than a month ago, but only allowed Air France entry. We prefer to go back with Air Ethiopia due to their generous baggage allowance. No dates for flights have been announced, but we are convinced that it will be within the next month. Dries also received his second police clearance certificate, so in theory, he is set to go.
Lees meer “Madagaskar: Lynette’s Mada news April 2022”M & Family – March Ministry updates
Dear brothers and sisters in Christ
Greetings dear prayer warriors, it’s with love and warm greetings and hugs we send to you this letter. praying that you all are doing well
How cannot give thanks and glory to God, just want to praise God for His healing, after my fourth surgery, the same doctor who said there is no hope, told me a week ago that he is very happy for me I could see again, I said to him that I have many people praying for me, his reply was: wow you can really tell them it’s a miracle
Lees meer “M & Family – March Ministry updates”Missie Japan – Nuusbrief 18 Maart 2022
SAAM OP WEG
soos kleipotte in ‘n gebroke wêreld
Beste Ondersteuner
Graadvang beteken altyd baie meer as die ontvang van ‘n akademiese kwalifikasie. Dis ‘n lang reis van saam verras word, saam moeg word en stilstaan langs die pad, saam worstel en groei. Dit gaan oor ‘n integrasie van leer en lewe. Daar was botstil dae (soos by verlede week se plegtigheid), maar ook stormdae (soos met dié groep studente se inhuldiging in April 2018). Só sit ek en dink terwyl ek sien hoe sewe studente ná 4 jaar van harde werk met dankbare harte hulle pad by KRTS voltooi. Dis die sewende keer dat ek die voorreg gehad het om hiervan deel te wees … ‘n klein entjie se saamstap by dié sewentigste gradeplegtigheid van die RCJ kweekskool se geskiedenis.
Wolwedans besoek 9 Maart 2022
Wolwedans besoek op 9 Maart 2022
Die uitreik was baie suksesvol en het ons ‘n boodskap oor Lydenstyd oorgedra en droë sopbestanddele (3 pakkies elk) en brood uitgegee vir 80 gesinne. Die oumas het ook gewone sop ontvang. Hiermee ook fotos waar van die dames hulle handewerk vertoon het:
Lees meer “Wolwedans besoek 9 Maart 2022”Oekraïne – Nuusbrief van Michelle 8 Maart 2022
Liewe vriende en familie
Ons is veilig en alles gaan goed onder omstandighede.
Ek wil net eers jammer sê dat ek so lanklaas geskryf het.
Ek kom net nie by al die e-posse uit nie. Dankie vir elke e-pos, bemoediging en boodskap. Ek sal elkeen nog antwoord.
Elke dag maak ons kos, deel kospakkies uit aan vlugtelinge en ook aan mense in die dorp wat nie kos het nie. Elke dag het ons gebed in die kerk.
Lees meer “Oekraïne – Nuusbrief van Michelle 8 Maart 2022”Madagaskar – Lynette’s Madanews : Update 5 March 2022
I know that there has not been an update from our side for a while, so to dispel any ‘fake news’, let me share with you what is happening.
During the week, a date has been given for the re-opening of Madagascar’s borders. Starting from 5 March theoretically, flights from other countries apart from France should open up. No indication has been given when this will include Nosy Be, but we are hopeful that it will be by the end of March or April.
Lees meer “Madagaskar – Lynette’s Madanews : Update 5 March 2022”Sending aksie – Gerrie en Arlene Coetzee
Markus 16:15 “En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en
verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.”
Uitgestuurde Sendelinge van NG Gemeente George-Bergsig.
Ondersteuning op ´n geloofsbasis deur gemeentes en individue
Projekspan leidster: Nora De Wit 082 375 3060 – noradewit7@gmail.com
Uitreik aan Wolwedans – 23 Februarie 2022
Baie dankie weereens vir almal se bydrae om Wolwedans te help opbou. U skenkings dien ‘n dubbele doel:
- Die ontvangers is vry om die skenkings te gebruik vir skeppings en produkte om ‘n eie geldjie te verdien (hou in gedagte Wolwedans het ‘n besondere hoë werkloosheidsyfer)
- Die skenkings of eie skeppings kan aan ander wat dit moontlik nodiger het (en waarvan ons nie noodwendig bewus is nie), herversprei word
Let wel: U skenkings van komberse of klere word aan verdienstelike ontvangers gegee en mag dus nie verkoop word nie.
Die uitreik na Wolwedans woensdag was weer ‘n goeie uitreik waar ons hulle met ‘n boodskap, sop, en brood bedien het. Ons het ook baie lap,wol,gare, ens. Ontvang waarvoor hulle baie dankbaar voor is en weer kan aangaan met hul onderskeie projekte.
Ons sal van tyd tot tyd foto’s plaas van produkte. Hou egter in gedagte dat handgemaakte produkte tyd vat om te maak, veral binne die konteks soos hierbo uiteengesit, en te midde van baie maatskaplike uitdagings.
Weereens baie dankie vir almal se welwillendheid om die Getuienisbediening meer veerkragtig en diensbaar te maak!
Lees meer “Uitreik aan Wolwedans – 23 Februarie 2022”Oekraïne – Dringende Gebedsbrief: Michele
Liewe familie en vriende
Die Here sê in Johannes 14:27
Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.
Ons word vanmore wakker met die nuus dat Rusland op twee plekke Oekraine begin binneval het. Maar die Here se vrede is in ons harte. Ons weet dat Hy ons vashou en beskerm. Ek weet dat ons in Sy wil is.
Lees meer “Oekraïne – Dringende Gebedsbrief: Michele”Oekraïne: Michelle se Nuusbrief 13 Februarie 2022
Liewe vriende en familie
Dit is wonderlik om terug te wees in Oekraine. ‘n Week is verby en daar het so baie gebeur.
Dit was ook moeilik en goed om in ons huis te wees. Dit is ‘n groot aanpassing om self al die besluite te neem.
Nou verstaan ek eers hoe maklik die lewe met Ockert was. Hy het alles gereel en ek het net saamgery. Maar ek leer om meer en meer my Vader se stem te hoor en Hom te gehoorsaam.
Lees meer “Oekraïne: Michelle se Nuusbrief 13 Februarie 2022”Missie Japan Nuusflits – 14 Februarie 2022
SENDELING IN JAPAN
Wat beteken dit?
Wat Beteken dit om ‘n Sendeling te wees in Japan?
Oor brandende bosse…en brandende harte (wat nie uitbrand nie…)
Beste Ondersteuner
Dertien jaar gelede, ses maande volswanger, met ‘n 18 maande oue, hiper-aktiewe dogtertjie, was daar min tyd vir my Japannese taalstudies. Destyds het ons allerhande dinge blameer en onsself baie jammer gekry, omdat nie een van ons vier kinders goeie slapers was nie. Inteendeel, hulle het bitter min geslaap. Min slaap. Aktiewe kleuter én ‘n pap babatjie.
Madagaskar – Update!
I can hardly believe that I have been back in SA for more than a month. The Cape is beautiful, but I have to get used to the daily changes in the weather; from wind to a heat wave to rain and cold weather, all within a few days.
Lees meer “Madagaskar – Update!”Konnichiwa Nuusbrief
Konnichiwa Nuusbrief
Liewe ondersteuner,
Ons skryf hierdie nuusbrief nie uit ‘n koue Japan nie, maar hier vanuit ‘n sonnige Suid-Afrika. Terwyl ons harte verlang om weer in Japan te wees, is ons dankbaar vir elke oomblik saam ons geliefde familie en vriende. Ons koester hierdie tyd en sien dit as ‘n geskenk uit die Here se Hand. Ons sien ook uit na toekomstige geleenthede waar ons met julle, ons ondersteuners, kan tyd saam spandeer. Ons bid dat hierdie tyd in Suid-Afrika mag dien as ‘n tyd waarin ons dieper verhoudings met u kan bou.
In hierdie nuusbrief wil ons baie graag groot nuus met u deel. Ons deel graag met u ‘n brief spesifiek gerig aan u, inligting oor waar onsself nou in Suid-Afrika bevind en waarmee ons tans besig is.
Brief aan u, ons ondersteuner.
Missie Japan Nuusflits – 1 Februarie 2022
IETS VAN ALLES in 2022
Beste Ondersteuner
As gedeelde vreugde verdubbel, en gedeelde smart halveer, wat gebeur met gedeelde Corona?! Die afgelope week was dit ons gesin se beurt om uit te vind (saam met Carina se broer Nico en sy vriendin wat tydelik by ons oorbly). Ons was almal tegelyk redelik plat, maar is baie verlig om weer aan die gang te wees, al is dit nog bietjie wankelrig. Die sesde infeksie-vlaag is besig om ‘n piek te bereik in Japan, met 85000 nuwe gevalle vandag. Ons dien nog die laaste dae van verpligte isolasie uit, maar sien weer kans vir wat kom. Intussen werk ons aanlyn voort …
Oekraïne – Reni Gebedsbrief: Ons is oppad!
Hiermee die nuus dat Michele, Cilliers en Ivan môre na die Oekraïne terugkeer – hulle doen dit met groot geloof dat hulle sal kan ingaan, aangesien die grense vir SA nog toe is. Ons kan vir hulle bid aangesien die risiko groot is dat hulle na Turkye sal moet terugkeer.
Liewe vriende en familie.
Die Here is goed. Alles is in Sy hand. Hy hou ons elke dag vas en vir Hom is alles moontlik. Hy maak deure oop en toe. Hy is almagtig.
Lees meer “Oekraïne – Reni Gebedsbrief: Ons is oppad!”
