Gerrie en Arlene se nuusbrief: April nuus en getuienis

Gerrie en Arlene - Bersig George

Hiermee Gerrie en Arlene se maandelikse nuusbrief vir julle inligting en volgehoue gebede. Watter goeie nuus is dit nie net dat Gerrie se  operasie suksesvol was en dat hy goed aan die herstel is. Watter wonderlike getuienis is dit wat hulle met ons deel – mag ons ook hier in ons eie gemeente sulke getuienisse met mekaar deel. Dit doen wondere vir ander en dien ook as motivering om doelgerig die goeie nuus van Jesus so wyd moontlik te versprei.

Lees meer “Gerrie en Arlene se nuusbrief: April nuus en getuienis”

Madagaskar: Weeklikse nuusflits vanaf Lynette – Die WEEK – 8/05/2022

What a joy and a privilege to have friends in Christ who encourage and advise us by the power of the Holy Spirit. A couple of days ago, it was clear to us that JoshGen School would have to close its doors after twenty years. I found myself either crying or close to tears most of the time.Therefore, it was a surprise when Euphrasie sent me a message and reminded me about a very small piece of land we went to look at a few months ago. At the time, we considered it too small and access was also a problem.

Lees meer “Madagaskar: Weeklikse nuusflits vanaf Lynette – Die WEEK – 8/05/2022”

Madagaskar: Lynette se nuusbrief – Week 1 Mei 2022

Madagaskar 1 Mei 2022

You know that you are overstaying your welcome in a place when the apartment block you live in, catches fire. On Friday at about 5 o’ clock, we heard people yelling down below in the street. This is nothing unusual for this neighbourhood and I put it down to the week-end excesses starting early. When more voices joined in, I thought that it called for a quick glimpse out the window and received quite a fright when we realised that people were urging the inhabitants to get out as the building was on fire. This warranted some action on our part and we grabbed a few things, passports being the most important and fled the apartment.

Lees meer “Madagaskar: Lynette se nuusbrief – Week 1 Mei 2022”

Japan: Elmar en Nadine einde April 2022

Elmar en Nadine Baba

Konnichiwa Nuusbrief  
こんにちは Liewe ondersteuner,Soos ons paasfees gevier het, was ons net weerens herrinner aan die kosbare kruis van Jesus. Die boodskap van die kruis wek ‘n dieper verlange om weer terug te keer na Japan in ons harte op. Na amper drie jaar wat ons in Japan gewoon het, is ons meer as ooit oortuig van ons roeping asook die dringendheid van arbeiders op die sendingveld. Ons is gereeld in kontak met mede-sendelinge wat in Japan woon. Dit maak ons opgewonde om te hoor van al die werk wat die Here besig is om in Japan te doen. Sendelinge het nuwe en kreatiewe bedienings waardeur hulle Japanese mense uitnooi om Jesus te leer ken as hulle Heiland. In die konteks van Japan is dit uiters belangrik om op kreatiewe maniere evangelisasie werk te doen aangesien die meerderheid van Japannese mense selde of selfs nooit die ingang van ‘n kerk betree nie.

Lees meer “Japan: Elmar en Nadine einde April 2022”

Missie Japan – 20 April 2022

Missie Japan 2022-04

Beste Ondersteuner
 
So ‘n vae gevoel van ontevredenheid … wat laag-laag lê. Dit krap hier, en skaaf daar… jy probeer dit peil en die bron daarvan vind. Jy probeer dit weg “entertain”… maar dit kruip altyd weer terug.   
 
Ontevrede … onvergenoegd. Maak nie saak wat die bron daarvan is nie … dit gebeur meestal omdat ons op onsself fokus. Ek fokus op wat EK ontvang. Die produk van MY werk – wat EK vermag het. Of die terugvoer wat EK kry nadat ek baie tyd en moeite in iets ingesit het. En wanneer die uitset skraal blyk te wees en wanneer die terugvoer meestal afwesig is, of ek nie ontvang wat ek dink ek behoort te ontvang nie, dan is ek ontevrede en onvergenoegd.

Lees meer “Missie Japan – 20 April 2022”

Missie Japan Nuusflits – 13 April 2022

Missie Japan Kobe

Beste Ondersteuner,
 
Lente-groete uit Kobe! Net ‘n paar gedagtes van hier voor jy die Paasweek ingaan. 
 Die RCJ (Reformed Church in Japan) Westelike Ring se 34 gemeentes vergader vandag, in Groot Lydensweek. Baie verhale en gebeure word gedeel. ‘n Jong nuwe leraar is aangestel by ‘n gemeente wat vier jaar lank moes wag om hom te kon beroep. ‘n Ander gemeente getuig van hulle pyn en worsteling na hul predikant se bediening gestop moes word omdat hy internet preke misbruik het. In sy plek kom ‘n nuwe leraar wat self deur erge swaarkry is a.g.v. (verbale/emosionele) magsmisbruik in sy vorige gemeente. 

Lees meer “Missie Japan Nuusflits – 13 April 2022”

Nuusflits van Feba Radio – 20 nuwe luisteraarsklubs!

Feba Radio April 2022

“Hulle (die klublede) word nie negatief deur die omstandighede beïnvloed nie, aangesien die betrokke voorval daartoe bygedra het dat húlle ook die waarheid kon vind – die waarheid wat net in Jesus alleen gevind kan word. Dit is daarom dat baie mense die optrede van die jong vrou inspirerend vind en deur dit bemoedig word. Baie luisteraars reageer daarom op die programme wat in die gebied uitgesaai word.” – Ds Amos Siyabu

Lees meer “Nuusflits van Feba Radio – 20 nuwe luisteraarsklubs!”

Oekraïne: Michelle Potgieter

Liewe familie en vriende 

Vanaand is ‘n koue en reënerige aand in Reni. Dit was ‘n stil dag. Niemand mag uit hulle huise gaan nie. Van Vrydagaand tot Maandag oggend moet almal in die Odessa streek binnenshuis bly. Hulle verwag ‘n lug aanval oor die naweek.
Ons kry af en toe waarskuwings op ons telefone “The Government of Ukraine has issued an air raid alert in your region.” Maar die Here is ‘n muur van vuur om ons en my geloof is sterker as ooit in die Here. Ek weet dat Sy vlerke oor ons is daarom sal ons vanaand rustig slaap. 

More sal dit ses maande wees wat die Here vir Ockert kom haal het.  Soveel het gebeur. Ons lewens is omgekeer. Party dae mis ek hom so dat dit ondraaglik is. Donderdag het ek vir Cilliers en Tanya gaan groet voor hulle Duitsland toe vertrek het. Ek stop die kar weer voor ons huis en sit die ligte af. Terwyl die musiek speel sit ek in die donker en kyk. Nou is ons net drie. Ek, Ivan en Benjamin. Ek sit en kyk na die huis hoe ons 26 jaar hier soveel herinneringe gehad het. Die herinneringe speel soos films voor my af. Hoe ons babas in die arm in en uit die hekkie gegaan het. Vyf kinders, kleuters, babas en dan tieners. Hoe ek en Ockert in die stof straat hand aan hand geloop het. Die blydskap oor elke roos wat in die voortuin blom en die rose wat tot bo ons kamervenster rank. Nou is die roosboom se takke nog lewensloos in die koue. Terwyl ek so in die donker sit en huil, voel ek net die Here se teenwoordigheid by my in die motor. Hy vat die seer weg en vertroos my en droog elke traan af. Hy is so naby aan die wat hart gebroke is. Nader as ooit. 

Die volgende oggend gee Hy nuwe vreugde en ons maak kos vir die vlugtelinge, deel kospakkies uit aan gesinne wat swaar kry.

Hulle se dat daar meer as 15000 vlugtelinge in Reni is. Reni is ‘n toevlugsoord! Ons ontvang elke dag vlugtelinge in ons kerkgebou en maak gratis etes. Ons sit by die tafels en luister na hul stories van hoe hulle gevlug het. Baie keer is dit net met die klere aan hul lywe. Ons gee klere, kos en verblyf. Almal in die gemeente help. Ons nooi hulle kerk toe en hulle kom. Van die mense geuig hoeveel genesing hulle ontvang het. ‘n Vrou vertel hoe sy en haar man en kindertjies gevlug het. Dit was so erk dat sy in die kar flou geword het. Ons het ook warm etes na die grenspos geneem waar vlugtelinge tot drie dae wag om die land te verlaat. Dit is ‘ voorreg om nou hier te kan wees.

Die week het ‘n ander gesinnetjie gekom met twee klein kindertjies. Die twee jarige dogtertjie het ‘n seldsame sindroom wat net 70 mense in die wêreld ooit gehad het. Sulke kindertjies lewe net tot twee of drie jaar oud. Sy weeg maar 6kg en kan nie loop nie. Ek het nog nooit voorheen ‘n baba gesien wat soveel vreugde uitstraal nie. Sy wil net drukkie gee en lag altyd. Die mamma vra hulp indien enige iemand van dokters weet wat met sulke kindertjies werk sodat sy behandeling kan kry. Nou met die oorlog kan hulle amper na enige land gaan as vlugtelinge. 

Mari-Alena is veilig terug in  Suid-Afrika. Cilliers en Tanya is veilig in Duitsland. Hannes-Joshua en Anastasia is oppad Amerika toe, hulle wag nog vir hul christelike werkers visums. En ons drie is veilig in Reni. Pappa Hannes en mamma Magda is veilig in Santa Rosa, Kalifornië. 

Baie dankie dat julle bid en intree. Dankie vir elke boodskap en bemoediging. 

Baie dankie vir elke bydrae en hulp. Ons waardeer dit oneindig baie. Vergewe asseblief as ek lank vat om boodskappe te antwoord. Ek is ver agter. Elke dag is ons besig van vroeg tot laat. Elke aand het ons gebed by die kerk. Ons is so dankbaar vir elkeen van julle. Dankie dat julle ons arms hoog hou.

Die Here is my Rots en my veilige vestig. Ek sal niks vrees nie.

Die Here is met ons. Hy is getrou en goed. 

Baie liefde en seën

Makhathini – Nuusflitse April 2022

Ons het berig vanaf Louwrens van Makhathini ontvang dat hulle groot waardering het vir die besoek wat die Getuienisaksie van die Wes Kaap se Daniel de Wet en sy gesin verlede week aan hulle gebring het. Daniel het onder andere ‘n ontmoeting met ‘n groep gemeenteleiers gehad. Die gesprek met hulle oor die gemeente se toekoms was baie insiggewend en rigtinggewend. Hiermee ‘n klompie fotos ter info

Lees meer “Makhathini – Nuusflitse April 2022”

Madagaskar: Lynette’s Mada news April 2022

Dries en Michelle - Madagaskar1

For the first time since I arrived, things seem to move forward. Madagascar has finally conceded to allowing other airlines to fly after they had officially opened the boarders more than a month ago, but only allowed Air France entry. We prefer to go back with Air Ethiopia due to their generous baggage allowance. No dates for flights have been announced, but we are convinced that it will be within the next month. Dries also received his second police clearance certificate, so in theory, he is set to go.

Lees meer “Madagaskar: Lynette’s Mada news April 2022”

M & Family – March Ministry updates

Dear brothers and sisters in Christ

Greetings dear prayer warriors, it’s with love and warm greetings and hugs we send to you this letter. praying that you all are doing well

How cannot give thanks and glory to God, just want to praise God for His healing, after my fourth surgery, the same doctor who said there is no hope, told me a week ago that he is very happy for me I could see again, I said to him that I have many people praying for me, his reply was: wow you can really tell them it’s a miracle

Lees meer “M & Family – March Ministry updates”

Missie Japan – Nuusbrief 18 Maart 2022

Missie japan 18-3-2022

SAAM OP WEG 
soos kleipotte in ‘n gebroke wêreld

Beste Ondersteuner
 
Graadvang beteken altyd baie meer as die ontvang van ‘n akademiese kwalifikasie. Dis ‘n lang reis van saam verras word, saam moeg word en stilstaan langs die pad, saam worstel en groei. Dit gaan oor ‘n integrasie van leer en lewe. Daar was botstil dae (soos by verlede week se plegtigheid), maar ook stormdae (soos met dié groep studente se inhuldiging in April 2018). Só sit ek en dink terwyl ek sien hoe sewe studente ná 4 jaar van harde werk met dankbare harte hulle pad by KRTS voltooi. Dis die sewende keer dat ek die voorreg gehad het om hiervan deel te wees … ‘n klein entjie se saamstap by dié sewentigste gradeplegtigheid van die RCJ kweekskool se geskiedenis. 
 

Lees meer “Missie Japan – Nuusbrief 18 Maart 2022”

Oekraïne – Nuusbrief van Michelle 8 Maart 2022

Oekraïne

Liewe vriende en familie

Ons is veilig en alles gaan goed onder omstandighede.

Ek wil net eers jammer sê dat ek so lanklaas geskryf het.

Ek kom net nie by al die e-posse uit nie.  Dankie vir elke e-pos, bemoediging en boodskap. Ek sal elkeen nog antwoord.

Elke dag maak ons kos, deel kospakkies uit aan vlugtelinge en ook aan mense in die dorp wat nie kos het nie. Elke dag het ons gebed in die kerk.

Lees meer “Oekraïne – Nuusbrief van Michelle 8 Maart 2022”