Week 01 Dag 02 – ‘n Dobbellaar – Ons is die plan: 9 Weke van Transformasie

Ons is die Plan 9 Weke Week01 Dag2

Is jou selfoon af? Jy het nou ’n afspraak met God … wees bewus van sy teenwoordigheid en wanneer jy gereed is om na Hom te luister, kan jy die volgende Skrifgedeelte lees.

Gebed

Dink biddend ná oor:
Gen 1:1:
11In die begin het God die hemel en die aarde geskep. 
Ps 90:2:
2Voordat die berge gebore is
en U die aarde en die bewoonbare
wêreld voortgebring het,
ja, van altyd af en vir ewig is U God.

Stel jouself oop om jou te verwonder oor die grootsheid van God.

Dink na en besin

Van wanneer af was God daar – van ewigheid af? Ons kan ons dit nie voorstel nie, maar God wás reeds daar vóór die begin – voor die eerste woorde van Gen 1:1.

Kyk na die skets hierbo: Die ruimte van die ovaal stel die ewigheid of God voor, terwyl die lyn tyd voorstel.
Ÿ Watter deel van die lyn is die verste van die ewigheid / God af? Die ewigheid kan nie in terme van tyd gemeet word nie. Soos wat God tyd geskep het (A), sal tyd ook weer ophou (B).

Delf Dieper

DIEPER DELF: Vgl Gen 1:14, 15; Op 21:1, 23, 25.

Gen 1:14, 15:
14God het gesê: “Laat daar ligte wees aan die hemelgewelf om skeiding te maak tussen dag en nag. Hulle moet daar wees vir tekens en vir vaste tye, en vir dae en jare. 15Hulle moet daar wees as ligte aan die hemelgewelf om lig te gee op die aarde.” Dit het toe so gebeur.

Op 21:1, 23, 25
211Toe het ek ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het tot niet gegaan, en die see bestaan nie meer nie.
23Ook het die stad nie die son en die maan nodig om haar te verlig nie, want die heerlikheid van God het haar verlig, en die Lam is haar lamp.
25Haar poorte sal bedags nie gesluit word nie, en daar sal ook nie meer nag wees nie.

Genesis 1 tot 3 sê één belangrike ding: God IS voordat daar enigiets was, en uit niks het Hy die kosmos volgens sy ewigheidsplan tot stand gebring! Kan jy jou die almag en die grootsheid van die Skeppergod indink, wat die heelal in al sy glorie gemaak het?

Gebed

Raak vir ’n oomblik stil, “sien” die aarde, sterre, planete en sonnestelsels in jou geestesoog en aanbid God vir wie Hy is …

God is nie (soos die lied Spanish Train van Chris de Burgh wil voorgee) ’n dobbelaar wat sy skepping en my en jou ewige bestemming op die spel plaas, of sal toelaat dat enige iemand ’n stok in sy wiel steek, of sy ewigheidsplan omverwerp nie! Die geskiedenis bewys die waarheid hiervan. Daarom lees ons ook telkens in die Nuwe Testament die woorde “… sodat die Skrif vervul sou word …” … en daarom begin die Nuwe Testament in Matt 1:1 met die geslagsregister van Jesus Christus – net om te sê: God se plan is op koers!

God is verseker nie planloos nie! Hy is ook nie reaktief (asof Hy vir die mens wag om iets te doen waarop Hy kan reageer) nie. Nee, Hy is die ewige, onveranderlike God wat sy ewige plan uitvoer tot sy eer. Dis ’n voorreg om te weet dat God mense (soos ek en jy) gebruik om sy plan tot uitvoer te bring. Dink maar aan Jesus wat gesê het: “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook” (Joh 20:21).

Delf Dieper

DIEPER DELF: Vgl Ps 33:10-11; 1 Pet 1:20. Oorweeg gerus om Gideon Joubert se Die Groot Gedagte te lees.

Ps 33:10-11:
10Die Here verydel
die raadsplanne van nasies,
Hy dwarsboom die planne van volke.
11Die raadsplan van die Here
bestaan vir ewig,
die planne wat Hy bedink,
van geslag tot geslag.

1 Pet 1:20:
20Hy is wel vooraf geken, voor die grondlegging van die wêreld. Hy is egter eers in hierdie eindtyd geopenbaar, ter wille van julle 21wat deur Hom glo in God, wat Hom uit die dood opgewek, en heerlikheid aan Hom gegee het. Daarom is julle geloof en hoop op God gerig.

Beantwoord die vrae

Dink na oor en antwoord die volgende vrae:
Wat sê God se Woord vir jou oor jou skeppingsdoel en God se wil (ewige plan)?


Hoe rig jy jou lewe (huwelik, werk, toekomsplanne, ens.) in sodat dit in lyn kom met God se doel vir jou lewe?


Skryf die dinge neer wat jy moet aflê.


Skryf die dinge neer wat jy moet doen.


Ons is die Plan 9 Weke Week01 Dag2
Ons is die Plan 9 Weke Week01 Dag2
Delf Dieper

DIEPER DELF: Ons is die Plan handboek, p 2-13
Wat sou Albert Einstein bedoel het, toe hy by geleentheid uitgeroep het: “God does not play dice!”?
Watter troos en versekering bied Ps 49:8-16; 1 Kor 6:19-20 vir jou in hierdie verband? Lees ook Ps 22:28-32; Rom 1:19-25. Wat is God se doel met die skepping (mens ingeslote)?

Ps 49:8-16;

8Een familielid kan nooit
‘n ander vrykoop nie,
hy kan nie aan God die losprys
vir hom betaal nie,
9want die vrykoopprys
vir hulle lewens is te hoog
en hy moet vir altyd daarvan afsien
10dat hy vir ewig kan leef
en die graf nie sal sien nie.
11‘n Mens sien immers
dat wyse mense sterf;
saam met die dwaas
en die onverstandige vergaan hulle
en laat hulle besittings aan ander na.
12Hulle graf is hulle tuiste vir altyd,
hulle woning van geslag tot geslag.
Hulle noem stukke grond na hulleself,
13maar ‘n mens met skatte
is nie blywend nie;
hy is net soos die diere –
hulle gaan ten gronde;
14dit is hulle lewenspad,
dié wat vol selfvertroue is,
hulle einde,
dié wat van hulle eie uitsprake hou. •Sela
15Soos kleinvee is hulle
vir die •doderyk bestem,
die dood is hulle herder,
teen die môre heers opregtes oor hulle.
Hulle liggame is bestem
vir vertering deur die doderyk,
ver van hulle indrukwekkende wonings.
16Maar God sal my lewe vrykoop
uit die mag van die doderyk,
ja, Hy sal my wegneem. •Sela

1 Kor 6:19-20
19Of weet julle nie dat julle liggaam, wat julle van God ontvang het, ‘n tempel is van die Heilige Gees in julle, en dat julle nie aan julleself behoort nie? 20Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan met julle liggaam.

Ps 22:28-32

28Almal tot aan die uithoeke
van die aarde
moet daaraan dink
en hulle tot die Here bekeer.
Al die familiegroepe van die nasies
moet voor U in aanbidding buig;
29want aan die Here
behoort die koningskap,
en Hy heers oor die nasies.
30Ja, voor Hom sal almal
wat oordadig leef,
in aanbidding neerbuig;
voor Hom sal alle sterflinge kniel,
elkeen wat nie die lewe kan behou nie.
31‘n Nageslag sal Hom dien;
hulle sal van my Heer vertel
aan die volgende geslag.
32Hulle sal kom en sy geregtigheid
bekend maak aan mense
wat nog gebore moet word:
Hy het dit gedoen.

Rom 1:19-25

19aangesien dit wat van God geweet kan word, aan hulle bekend is. God het dit immers aan hulle bekend gemaak. 20Want sy onsigbare eienskappe, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, word van die skepping van die wêreld af in sy werke begryp en is duidelik sigbaar. Gevolglik is hulle sonder verontskuldiging; 21want alhoewel hulle God ken, het hulle Hom nie as God geëer of gedank nie. Inteendeel, hulle denke het sinloos geword en hulle onverstandige harte is verduister. 22Alhoewel hulle beweer dat hulle wys is, het hulle dwaas geword. 23Hulle het naamlik die heerlikheid van die onsterflike God verruil vir ‘n afbeelding soos dié van ‘n sterflike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere.

24Daarom het God hulle deur middel van die begeertes van hulle harte oorgegee aan onreinheid, naamlik om hulle liggame onder mekaar te onteer 25– hulle wat die waarheid van God vir die leuen verruil het en geskape wesens aanbid en gedien het in plaas van die Skepper, wat tot in ewigheid lofwaardig is. Amen.

Wenk

WENK: Praat met iemand na aan jou oor God se spesifieke plan en doel met jou lewe. Vra sy of haar ondersteuning en voorbidding en begin bewustelik God se wil uit te leef.

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg:
Dr. Frans Hanke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hanke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Week 01 Dag 01 – ‘n Skroef los – Ons is die plan: 9 Weke van Transformasie

Ons is die plan Week 1 dag 1

Jy gaan in hierdie Bybelstudies kort-kort gevra word om na God se stem te luister. In die Ou Testament kry ons gereeld te doen met profete wat sê: “So spreek die Here!” Ook na Jesus se hemelvaart kry ons voortdurend die indruk dat die vroeë Christene die Here “se stem” gehoor het, maar die vraag is of dit vandag nog so werk? In die weke wat kom gaan ons indringend hieroor besin.
Ek vertrou dat jy die voorwoord en die aanwysings hoe om hierdie gids te gebruik, goed deurgelees het. Hoe jy hierdie eerste dag van die volgende 9 weke benader, gaan grootliks bepaal hoe verrykend die ervaring vir jou gaan wees. Jy kan deur elke studie blits en dan verwag om ’n paar nuwe insigte raak te lees, maar dit is nie ons verwagting en hopelik ook nie joune nie. Ons vertrou
hierdie gaan 9 weke van transformasie wees – weke waarna jy vir die res van jou lewe met groot dankbaarheid sal terugkyk. Weke wat sal maak dat jy nooit weer dieselfde kan wees nie. Daarom is hierdie materiaal meer as ’n Bybelstudie – dit is veronderstel om ’n “ervaring” te wees. So ernstig is ons hieroor dat ’n span gebedsondersteuners daagliks vir elke persoon bid wat met die materiaal besig is – ook vir jou!
Nou weet jy hoe ernstig ons hieroor is.

Gebed

Ek wil voorstel dat jy ’n paar minute emosioneel en geestelik stil raak in God se teenwoordigheid. Vertel Hom van jou verwagting om ’n besondere ontmoeting met Hom te hê. Moenie gejaagd wees nie. Jy hoef nie heeltyd te praat nie – wees ook stil en ontvanklik om te hoor wat Hy deur sy Gees vir jou wil sê.

Lees die skrifgedeeltes

Hier is ’n paar Skrifgedeeltes wat jy met groot aandag en nadenke moet lees. Doen dit met die wete dat die Here deur sy Woord aan die woord is:
Deut 6:1-13:
1“Dit dan is die gebod, die vaste voorskrifte en beslissings wat die Here julle God my beveel het om julle te leer, dat julle dit kan uitleef in die land waarheen julle oortrek om dit in besit te neem – 2sodat jy ontsag mag hê vir die Here jou God, deur al sy vaste voorskrifte en gebooie wat ek jou beveel, na te kom so lank jy leef, jy en jou kinders en jou kleinkinders, en sodat jy ‘n lang lewe mag hê. 3Jy moet luister, Israel; kom dit nougeset na dat dit met jou goed mag gaan en dat julle baie meer mag word soos wat die Here die God van jou voorouers jou beloof het – ‘n land wat oorloop van melk en heuning.”
DIENS AAN DIE HERE ALLEEN
4“Luister, Israel, die Here is ons God, die Here alleen. 5Jy moet die Here jou God met hart en siel liefhê en met al jou krag. 6En hierdie woorde wat ek vandag vir jou voorskryf, moet jy op die hart dra. 7Herhaal dit vir jou kinders en praat met hulle daaroor wanneer jy in jou huis sit en wanneer jy op pad is, wanneer jy gaan lê en wanneer jy opstaan. 8Bind dit as ‘n teken om jou hand en laat dit ‘n versiering op jou voorkop wees. 9Skryf dit op die deurkosyne van jou huis en op jou stadspoorte.
10“Wanneer die Here jou God jou inbring in die land wat Hy aan jou voorvaders, aan Abraham, Isak en Jakob, met ‘n eed beloof het om vir jou te gee – groot en mooi stede wat jy nie gebou het nie, 11huise vol met alles wat goed is, wat jy nie gevul het nie, uitgekapte opgaarputte wat jy nie uitgekap het nie, wingerde en olyfboorde wat jy nie geplant het nie, en jy dan eet en versadig word, 12moet jy oppas dat jy nie die Here vergeet wat jou uit Egipteland, uit ‘n plek van slawerny, uitgelei het nie. 13Vir die Here jou God moet jy ontsag hê: Hom moet jy dien, en slegs in sy Naam moet jy sweer.
20-21;
20“Wanneer jou kind in die toekoms vir jou vra, ‘Wat is die bedoeling van die bepalings, die vaste voorskrifte en beslissings wat die Here ons God vir julle voorgeskryf het?’ 21dan moet jy vir jou kind sê, ‘Ons was slawe vir die farao in Egipte, maar die Here het ons met ‘n sterk hand uit Egipte uitgelei. 

Hos 11:1-11:
GOD SE LIEFDE VIR ISRAEL
111“Toe Israel ‘n kind was,
het Ek hom al liefgehad,
en uit Egipte het Ek my seun geroep.
2Toe daar later net so
na hulle geroep is,
het hulle van My af weggegaan.
Hulle het vir die Baäls offers geslag,
vir afgodsbeelde die rook
van offers laat opstyg.
3“Ek self het Efraim leer loop,
Ek het hulle in my arms geneem,
maar hulle wou nie erken
dat Ek hulle versorg nie.
4“Met menslike bande
het Ek hulle nadergetrek,
met die toue van liefde.
Ek was vir hulle soos dié
wat die juk lig
wat teen hulle kake druk.
Ek het na Efraim afgebuk,
hom gevoed.
5“Hy sal nie na Egipteland teruggaan nie,
maar Assirië, dié sal sy koning wees;
want hulle het geweier
om hulle te bekeer.
6Die swaard sal deur sy stede gaan
en sy orakelpriesters uitroei;
dit sal hulle vernietig oor die raad
wat hulle gegee het.
7My volk sal opgehang
word vir sy afvalligheid,
en na die juk sal hulle hom roep,
‘n juk wat glad nie gelig sal word nie.
8“Hoe kan Ek jou prysgee, Efraim?
Hoe kan Ek jou oorlewer, Israel?
Hoe kan Ek jou prysgee soos Adma,
jou maak soos Sebojim?
My hart is diep ontroer in My,
die deernis brand in My.
9Ek sal nie in my brandende toorn
optree nie;
Ek sal nie omdraai en Efraim
vernietig nie;
want Ek is God, nie ‘n mens nie –
die Heilige in jou midde;
Ek sal nie in woede kom nie.”
10Hulle sal die Here volg.
Soos ‘n leeu sal Hy brul;
wanneer Hy brul,
sal kinders bewend
van die see af kom.
11Hulle sal bewend aankom
soos voëls uit Egipte,
en soos ‘n duif
uit die land Assirië.
“Ek sal hulle in hulle huise laat woon,”
is die uitspraak van die Here.
12:7:
7Maar jy, na jou God moet jy terugkeer.
Lê jou toe op troue liefde en wat reg is,
en wag altyddeur op jou God.

Joh 3:16-21;
16Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy unieke Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. 17God het immers nie sy Seun na die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom verlos kan word. 18Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie, maar wie nie glo nie, staan reeds veroordeel omdat hy nie in die Naam van die unieke Seun van God geglo het nie. 19En dit is die oordeel: Die lig het in die wêreld gekom, maar die mense het die duisternis liefgehad bo die lig, omdat hulle dade boos was. 20Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, sodat sy dade nie aan die kaak gestel kan word nie. 21Maar wie volgens die waarheid leef, kom na die lig, sodat sy dade bekend kan word, dat hulle in God gedoen is.
14:23.
23Jesus antwoord hom: “As iemand My liefhet, sal hy ter harte neem wat Ek sê, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon.

Beantwoord die vrae

Jy kon sekerlik agterkom dat hierdie gedeeltes iets te sê het oor die verhouding tussen God en sy kinders. Hoe sou jy die kernwaarheid wat in hierdie verse voorkom, beskryf?


Voel dit ook soms asof jou verhouding met die Here nie intiem is nie; asof dit nie eg is nie en jou sogenaamde stiltetyd niks meer as ’n gewoonte is nie?

Soms probeer ons enige verskoning om die stiltetyd uit te stel, kort te knip of selfs af te stel. Dan is daar mos ’n skroef los! Sekerlik is dit nie wat God in gedagte het nie – en die gedeeltes wat jy sopas gelees het, beaam dit. Inteendeel, die hele Bybelse boodskap bevestig dit. Kortom, ek wil vir jou ’n vraag vra. Hoe sien jou verhouding met die Here op hierdie oomblik daaruit?
Kom ek help jou om die vraag te beantwoord. Vat ’n skryfding en BID en BESIN oor die volgende vrae – en skryf neer hoe jy dit beleef. Moenie dat afsprake of die horlosie jou aanjaag nie – laat die Here toe om vir jou insig te gee oor die ware toedrag van sake.

Beantwoord die vrae

Hoe voel jy op die oomblik oor God: opgewonde, teleurgesteld of dalk kwaad vir Hom? Hoekom sê jy so?



Was jou geestelike wasgoed eerlik voor God!
Ÿ Identifiseer elke afsonderlike kledingstuk – noem die sonde, teleurstelling, seerkry, probleem, behoefte by die naam.



Ÿ Watter kledingstukke is so erg verslete dat jy dit liefs moet weggooi (Heb 12:1-3)?

AANMOEDIGING OM TE VOLHARD

121Daarom, terwyl ons ook so ‘n groot wolk getuies rondom ons het, laat ons van elke las ontslae raak, van die sonde wat ons so maklik omring, en die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, 2die oog gerig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, Hy wat ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig gestel is, die kruis verduur het, die skande daarvan gering geag het, en sy plek aan die regterkant van die troon van God ingeneem het. 3Dink inderdaad aan Hom wat so ‘n vyandigheid van die kant van sondaars teen Hom verduur het, sodat julle nie geestelik moeg raak en uitsak nie.



Hoe dink jy voel God oor jou verhouding met Hom? (Kyk na Matt 15:8; Op 2:1-7 en as jy nog tyd het, lees ook Eseg 8:12.)

Matt 15:8

8“ ‘Hierdie volk eer My met die lippe,
maar hulle harte is ver van My af;

Op 2:1-7

21“Skryf aan die boodskapper van die •gemeente in Efese:
“Dit sê Hy wat die sewe sterre in sy regterhand hou, en wat tussen die sewe goue kandelare rondbeweeg,

2“ ‘Ek ken jou dade, jou inspanning en volharding, en weet dat jy slegte mense nie kan verdra nie. Daarom het jy daardie mense wat sê dat hulle •apostels is, maar nie is nie, getoets, en hulle as leuenaars uitgewys. 3Verder hou jy aan om te volhard, en het jy ter wille van my Naam baie verduur, sonder om moeg te word. 4Maar Ek hou dit teen jou dat jy jou eerste liefde versaak het. 5Onthou dan waarvandaan jy uitgesak het, en bekeer jou: Gaan doen weer wat jy vroeër gedoen het. Anders, as jy nie tot bekering kom nie, sal Ek na jou toe kom, en jou kandelaar van sy staanplek af verwyder. 6Maar dít tel in jou guns: Jy haat die dade van die Nikolaïete, wat Ek ook haat. 7“ ‘Laat dié wat ore het, luister na wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan wie oorwin, sal Ek te ete gee van die boom van die lewe wat in God se paradys staan.’ ”

Eseg 8:12

12Hy sê toe vir my: “Het jy gesien, mensekind, wat die oudstes van die huis van Israel besig is om te doen in die donker, elkeen in sy binnekamers vol afbeeldings? Want hulle sê, ‘Die Here sien ons nie; die Here het die land verlaat.’ ”


Luister na die lied

Luister na snit 1 (GENADE) op die ingeslote CD.

Johann Botes / ProChristo – Genade.


As die son se laaste strale deur die doringbome skyn
In die verte warrelwinde die rooigeelstof omhein
Staan ek stom, verbysterd nader met my oog na bo gekeer
Vind ek vrede in my Vader, my Heer

As die storms eers verby is en die wolke prentjies maak
En die druppels strome water in die droë vore raak
Sing my hart ’n lied van vreugde, reik my hande self na bo
Weet ek seker dat ek in my Vader glo

Soos die maanlig donker skadu’s wat my bangmaak laat verdwyn
Is u liefde en u almag, is u lig wat in my skyn
Soos die arend sweef daarbowe met sy vlerke oopgesprei
Is die Vader se genade ook vir my

As die boom sy blare afgooi en sy skadu skraler raak
En die blaremat verander soos die wind sy paaie maak
Dors my siel na u beskerming, na u sorg o troue Heer
Word verlange na die hemel meer en meer

Gebed

Het jy dalk ’n behoefte om iets vir die Here te sê na aanleiding van jou ervaring met Hom? Dalk wil jy opnuut jou lewe aan Hom toewy. Doen dit gerus …

Wenk

WENK: Skryf in enkele woorde op ’n kaartjie wat die Here vir jou gesê het. Jy sal dit sekerlik vandag met jou wil “saamneem”. Sit dit in jou sak en dra dit saam met jou; sit dit so op jou lessenaar dat jy dit nie kan miskyk nie. Dink daaroor en praat deurlopend met die Here daaroor. (Agter in die gids is ’n bladsy met kaartjies vir hierdie doel wat uitgeskeur kan word.)

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg:
Dr. Frans Hanke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hanke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Inhoudsopgawe: Ons is die plan – 9 weke van transformasie

Voorwoord
Wat is jou verwagting?
Hoe om die gids en CD te gebruik

Week 01: God en sy mense
Dag 01: ’n Skroef los?
Dag 02: ’n Dobbelaar?
Dag 03: Wat kry ek daaruit?
Dag 04: Nie sommer-so nie
Dag 05: Eienaar? Vennoot?
Week 01: Groepgesprek

Week 02: Die Plan
Dag 06: Padkaart
Dag 07: Wat soek ek waar?
Dag 08: Ons het dit nie uitgedink nie
Dag 09: Volslae mislukkings
Dag 10: Ons doen beter
Week 02: Groepgesprek

Week 03: Die Heilige Gees en die Plan
Dag 11: ’n Merkie
Dag 12: Ongerieflik
Dag 13: Soos ek
Dag 14: Op my eie
Dag 15: Vandag nog?
Week 03: Groepgesprek

Week 04: God se mense praat met Hom
Dag 16: Tweerigting kommunikasie?
Dag 17: Intiem met God?
Dag 18: Soos Pa!
Dag 19: Kan gebed die wêreld verander?
Dag 20: Die anderkant van die munt
Week 04: Groepgesprek

Week 05: God praat met sy mense
Dag 21: Troebel water
Dag 22: Arm van gees?
Dag 23: “Gaan lê maar weer”
Dag 24: Rooi ligte
Dag 25: ‘n Lewende verhouding
Week 05: Groepgesprek

Week 06: Rigtingloos sonder visie
Dag 26: “Ain’t no definition gonna help”
Dag 27: Ons kan daarsonder
Dag 28: Soekers wat nooit vind …
Dag 29: Die Ferrari en die Caterpillar
Dag 30: As jy aan my druk …
Week 06: Groepgesprek

Week 07: Laat u Koninkryk kom
Dag 31: Uit die mode
Dag 32: ’n Koning …?
Dag 33: Vir burgers van die Koninkryk
Dag 34: “Geestelike” groei?
Dag 35: Die kiem
Week 07: Groepgesprek

Week 08: Leiers en Verhoudings
Dag 36: Die nek van die plek …?
Dag 37: Soos ek sê – nie soos ek maak nie
Dag 38: Soos Alexander!
Dag 39: As jy dit nie het nie …
Dag 40: Jy’s jammer …?
Week 08: Groepgesprek

Week 09: Die Plan kom tot uiting
Dag 41: Tekkie op die teer
Dag 42: My belydenis is ten minste reg …
Dag 43: Dissipels van alle nasies
Dag 44: Verskil … en maak ’n verskil!
Dag 45: Is jy?
Week 09: Groepgesprek

Bylae 1: 45 Boublokke
Bylae 2: Die model in ’n neutedop
Bylae 3: Ek het ’n droom (Snit 15 op CD)
Bylae 4: CD – Nege weke van transformasie
Bylae 5: Om saam met jou te dra

Hoe om die gids te gebruik: Ons is die plan – 9 weke van transformasie

Hoe om die gids te gebruik

Hoe jy dié gids gebruik is van groot belang. As jy soos ek is, sal jy die inleidings en voorskrifte ignoreer en dadelik by die eerste studie inval – dit sal ’n reuse flater wees! So, sit maar 5 minute opsy om verder te lees, sodat jy die maksimum voordeel uit die bundel kan kry.
Kom ons begin by die begin. Die bundel bestaan uit 45 Bybelstudies – dus 9 weke. Vir elke week en dag, is daar ’n besondere tema. Hierdie week- en dagtemas word bo-aan elke studie aangedui.
Die struktuur van die studies is nie elke dag dieselfde nie, want onthou, verskillende persone het hieraan meegewerk. Ons het egter tog ’n basiese raamwerk ingebou sodat jy nie elke dag van nuuts af hoef te wonder wat aangaan nie. Om hiermee te help, gebruik ons ikons, prentjies wat jou deur elke dag se studie sal begelei. Die prentjies beteken die volgende:

Gebed

Geleentheid om te bid; stil te word; te luister …

Lees die Skrif

Skrifgedeeltes wat jy moet lees

Skryf / Vul in

Jy moet jou skryfding nadertrek


Doen die volgende

Hierdie uitroepteken sal jou herinner aan dinge wat jy moet doen

Dink na / Besin

Wanneer jy hierdie weerligstraal sien, wil ons hê jy moet oor iets nadink en besin

Wenk

Die skryfblokkie gee interessante wenke, of maak opmerkings, wat die dag se studie sal verryk

Luister na lied

Jy moet luister na ’n spesifieke snit luister

Delf dieper
Delf dieper

Ons wil nie graag hê jy moet vasval in talle Skrifverwysings nie – die dieper delf vergrootglas gee egter bykomstige verwysings wat gelees kan word deur dié wat behoefte daaraan het

Hierdie prentjies behoort jou te help sodat jy nie in die materiaal sal verdwaal nie. Volg dus net rustig die verloop van elke dag se studie en gepaardgaande wenke.

Aan die einde van elke dag se studie, is daar ’n boublok wat probeer om die kernwaarheid van die dag in ’n enkelsin saam te vat.

Aan die einde van elke week se studies is daar ’n groepstudie wat gebruik kan word vir persone wat afsonderlik en gesamentlik deur die materiaal werk. Ek wil aanbeveel dat jy, nadat jy elke dag se studie afgehandel het, na die bladsy vir die week se groepgesprek sal blaai en invul wat van toepassing is. Dit beteken dat jy met die gids in jou hand die groepstudie kan bywoon en ’n opwindende saamgesels te wagte kan wees.

Ons probeer om jou deurlopend te help fokus. Daarom maak ons gebruik van kernwaarhede. Hierdie kort uitsprake som eintlik die hele studie vir elke dag op.
Ons het op sekere konvensies besluit toe die gids saamgestel is. Die afkortings wat vir Bybelboeke gebruik word, is ooreenkomstig die benadering wat deur die 1983 vertaling van die Afrikaanse Bybel gevolg word. Die woord “kerk” word soms met ’n hoofletter en ander kere met ’n kleinletter gespel. Wanneer ’n hoofletter gebruik word, word daar verwys na die universele Kerk – die Kerk van Jesus Christus deur die eeue oor die wêreld. Die spelling met ’n kleinletter verwys hoofsaaklik na die kerk soos wat dit as plaaslike gemeente manifesteer. Wanneer die woord “Koninkryk” met ’n hoofletter gespel word, word verwys na God se Koninkryk. Die woorde “missionêr” en “missioneel” word ook beide gebruik. Die woord “missioneel” verwys veral na die Bybelse beginsel dat die hele Kerk deur God gestuur word. Hy is die Een wat stuur! Dit word dus gebruik wanneer na die Kerk of gemeente se karakter, aard en eienskappe van gestuurdheid verwys word.

Daar word telkens in ’n blokkie aangetoon waar in die Ons-is-die-Plan handboek jy meer inligting oor die dag se onderwerp te lese kan kry. Dit sal die moeite werd wees as jy hierdie gedeeltes in die handboek onder oë kan kry, want daarin word natuurlik baie meer breedvoerig oor dié sake geskryf. (Handboek op aanvraag by diePlan se kantoor beskikbaar.)

Ons probeer jou belewenis verryk deur soms ’n CD-snit aan te beveel waarna jy moet luister. Dit sal goed wees as jou Bybelstudieplek daarvoor voorsiening maak. Indien nie, kan jy net die woorde van die snit lees soos dit in die gids weergegee word.

Hierdie Bybelstudiemateriaal vorm ’n geïntegreerde geheel. Op die binne-agterblad is ’n volkleurmodel wat dit verduidelik. Kyk gerus daarna, maar moenie bekommerd wees as dit aanvanklik onduidelik is nie. Teen die einde van week 9 sal ek jou begelei om alles as ’n logiese geheel te verstaan.

Die gids is doelbewus as ’n A4-grootte ontwerp. Dit vergemaklik die skrywery wanneer jy daaruit werk.

Ten slotte. Ek weet dat kortpad soms die maklikste pad is. Vermy dit asseblief! Stel jouself in om elke aktiwiteit en opdrag in die gids deur te werk. Anders gaan jy nie die volle voordeel van die 9 weke ervaar nie. Hoeveel tyd is daarvoor nodig? Met 30 minute per dag behoort jy elke studie te kan deurwerk, maar ek glo dat ’n uur per dag meer geleentheid vir in-diepte oordenking bied en dus ’n ryker ervaring sal waarborg.

Daar word voorgestel dat die groepgesprekke as volg hanteer word:


Wanneer die studie ook in groepverband gebruik word, moet elke deelnemer daaraan, na afloop van elke dag se studie, na die bladsye blaai wat vir die komende groepgesprek voorsiening maak.

Die volgende vrae word dan kortliks beantwoord:
Ÿ Bybelverse wat jou vandag aangespreek het.
Ÿ Belewenisse en ervarings tydens vandag se Bybelstudie.
Ÿ Wat het jy geleer of ontdek?
Ÿ Hoe het vandag se studie jou tot aksie geïnspireer, hoe het jy geestelik gegroei of jou lewe verander?
Ÿ Iets wat jy graag met die groep wil deel of bespreek?

Dit is natuurlik nie nodig om elke dag op al die vrae te reageer nie. Soos die week verloop, ontwikkel daar natuurlik ’n groeiende reaksie op elke vraag wat aan die einde van die week met die groep bespreek kan word.

Op die dag van die groepstudie, kom elke deelnemer met sy Bybelstudiegids na die byeenkoms en maak dit by die week se groepstudie oop. Iemand fasiliteer die gesprekke, besprekings en verloop van die byeenkoms.

Die volgende struktuur kan gebruik word:
Ÿ Begin deur geleentheid te gee om nuus met mekaar te deel.
Ÿ Lofprysing en aanbidding: ’n Paar liedere kan saamgesing word met geleentheid vir gebed tussenin – of alternatiewelik, net geleentheid vir gebed.
Ÿ Begin dan deur elkeen van die bogenoemde 5 vrae of stellings te bespreek. Op dié manier word daar byvoorbeeld uit die Woord gelees en kry ’n persoon geleentheid om te sê waarom die spesifieke Skrifgedeeltes hom of haar aangespreek het. Nadat daar nie meer bydraes oor ’n vraag of stelling is nie, word die volgende een hanteer.
Ÿ As daar spesifieke voorstelle in die gids vir die dag se studie is, kan dit gebruik word – byvoorbeeld ’n snit van die CD.
Ÿ Die fasiliteerder luister fyn na die gesprekke en bydraes en identifiseer deurlopend punte vir gebed. Dit word by die opskrif “gebedsonderwerpe” neergeskryf. Aan die einde van die byeenkoms, word persone gevra om die fasiliteerder se lys gebedsonderwerpe aan te vul. Hierna lees die fasiliteerder die onderwerpe vir die groep wat dit dan in hul eie gidse kan aanteken om deur die loop van die volgende week persoonlik daarvoor te bid. Die groepgesprek kan dan afgesluit word met gesamentlike gebed vir dié genoemde sake.
Ÿ Ten slotte word daar aan die einde van die groepstudieblad oor elke dag se boublok ’n vraag gevra, of ’n stelling gemaak. Hierdie 5 vrae of stellings kan tot prikkelende gesprekke aanleiding gee. Indien tyd beskikbaar is, kan die groep ook van hierdie vrae of stellings bespreek.


Voorwoord en jou verwagtinge: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Na ’n periode van bykans twee-en-’n-half jaar waartydens Frans Hancke die
Ons-is-die-Plan werkwinkel by verskeie gemeentes en ander geleenthede
aangebied het, was die enigste “negatiewe” kommentaar wat ek van
kerkleiers gehoor het: “Wow! … Hoe kry ons hierdie inligting by ons lidmate?”
Ek het verstaan wat hulle bedoel. Alhoewel die werkwinkel primêr op die
kerkleierskap gerig word, is die inhoud van so ’n aard dat enigeen wat dit
bywoon, werklik besef: Die Bybelse verstaan van die roeping en taak van die
Kerk weerklink in hierdie tyd van teologiese verwarring verrassend suiwer en
Woordgetrou deur hierdie materiaal. Juis daarom is dit belangrik om lidmate
hieraan bloot te stel! Verder het ek verskeie van hierdie werkwinkels self
bygewoon en kan daarom getuig dat die Heilige Gees mense se lewens
aanraak en in sommige gevalle selfs radikaal verander! Dan moet daar mos ’n
antwoord gevind word vir hierdie versugting van kerkleiers!
Die antwoord wat Frans (saam met ’n span) by die Here gekry het, was om die
inligting in die vorm van ’n Bybelstudieboek beskikbaar te stel. Nou kan
gelowiges self vanuit God se Woord deur die Heilige Gees gelei word tot ’n
nege weke proses van transformasie en groei in hul kennis van en verhouding
met God – asook hul geloof in Hom!
Frans het verskeie kundiges genader wat bereid was om as medewerkers op
te tree. Prof Dons Kritzinger, Prop Ensie Enslin, Ds Evert Bergh, Dr Gideon
van der Watt, Me Melanie Strydom, Ds Peet Grobbelaar, Ds Pieter Pretorius,
Prof Pieter Verster, Ds Riaan van der Mescht en Ds TC du Toit het bygedra tot
hierdie boek wat jy in jou hand het. Wat ’n voorreg was dit nie vir elkeen van
ons wat hiertoe meegewerk het nie!
Self kan ek getuig van wat die besig-wees met hierdie Bybelstudiestukke die
afgelope paar maande vir my persoonlik beteken het! Miskien is dit beter
gestel om te sê dat God hierdie tyd met my op ’n besondere manier besig was
… en ek loof en aanbid Hom daarvoor!
Mag dit ook jou ervaring gedurende die volgende nege weke wees!
“Soli Deo Gloria”.

Ensie Enslin


Hierdie is dalk een van die belangrikste vrae wat jy moet antwoord. Dit wil voorkom asof daar altyd ’n sterk verband bestaan tussen wat mense verwag en wat hulle kry. ’n Mens sou kon sê jy kry gewoonlik wat jy verwag. Verwag jy min, sal jy min kry – en omgekeerd.
Dit is dus belangrik dat jy eers hierdie saak met jouself uitmaak:
Ÿ Waarom pak ek hierdie 9 weke van transformasie aan?
Ÿ Doen ek dit vrywillig; of is ek deur persone of groepe onder druk geplaas?
Ÿ Wat verwag ek van die volgende 9 weke?
Ek wil jou aanmoedig om hierdie studies met ’n reuse verwagting aan te pak.
Hoekom sê ek so?
Eerstens, omdat die materiaal op die Bybel, op die Woord van die lewende God, gegrond is. Die Woord van die Here is lewendig en skerper as ’n tweesnydende swaard – sy Woord keer nooit leeg terug nie.
Tweedens, omdat die materiaal te make het met ’n werkwinkel wat al vir meer as twee jaar by gemeentes aangebied word en wat telkens deur die Here gebruik word om die lewens van mense (soms radikaal) te verander.
Derdens is hierdie ’n besondere bundel omdat dit die insette en bydraes van besondere kundiges bevat. Kyk gerus op die agterblad en jy sal verstaan waarom ek so sê.
Vierdens is die materiaal lekker leesbaar, maklik om te verstaan en word vars en nuwe maniere gebruik om te verseker dat hierdie 9 weke ’n besondere ervaring sal wees.
Vyfdens, omdat daar ’n hele netwerk van voorbidders is wat daagliks intree vir elke persoon wat met die materiaal besig is.
Laastens, omdat hierdie materiaal iets probeer openbaar van God se besondere liefde vir en betrokkenheid by sy mense. Dit gaan dus oor God; en hoe kan ons dan ooit in die teenwoordigheid van God kom sónder ’n verwagting?


Ek wil voorstel dat jy eers weer jou verwagting oordink voordat jy verder lees.
Ek wil waag om te sê dat jy met vrymoedigheid kan verwag dat jy die volgende 9 weke ’n besondere ervaring met God sal hê. Ek wil waag om te sê dat jou lewe verryk, verdiep en verander sal word. Ek wil durf sê dat jy na 9 weke sal terugkyk na vandag en erken dat jy nooit weer dieselfde sal wees nie!

Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Kopiereg:
Frans Hancke, McClintockstraat 2, Monumenthoogte, Kimberley, 8301
Eerste uitgawe:
November 2006
Uitgewer:
diePlan; McClintockstraat 2, Monumenthoogte, Kimberley, 8301
Omslagontwerp en uitleg:
P Wagener Hancke
Finale manuskripversorging:
Bybel Media, Cecilia Geyser, Hendriena Vorster, Petro Botha
Gedruk deur:
Swift Print, Kimberley
Ingeslote CD:
Musiek en Lirieke: Johann Botes
Kopiereg: Johann Botes
Verwerkings: Eddie Goldberg
Sanggroep: Johann Botes, Daleen Kriek en Elize Hancke
Musiek CD’s beskikbaar by: diePlan, McClintockstraat 2, Monumenthoogte, Kimberley, 8301
Geboorte van ’n Visie: (Snit 14 op CD)
Outeur: Frans Hancke
Voorleser: Anton Smith
Ateljee: SABC
Ek het ’n Droom: (Snit 15 op CD)
Outeur: Frans Hancke
Voorleser: Ensie Enslin
Ateljee: ProChristo Global Mission
Die outeurs van hierdie Bybelstudiegids stem nie noodwendig met mekaar se interpretasies en formulerings saam nie.
Ons-is-die-Plan word ook in die formaat van ’n werkwinkel by gemeentes aangebied.
’n Boek met die titel Ons is die Plan – Die gemeente met ’n verskil maak ’n verskil … is beskikbaar en dek die materiaal op ’n omvattende wyse.
Dieselfde boek is ook in Engels beskikbaar met die titel We are the Plan – The Church with a difference makes a difference …
’n CD-weergawe van hierdie Bybelstudiegids is beskikbaar.
Vir verdere navrae kontak Frans Hancke by frans@dieplan.org

Voorwoord: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Na ’n periode van bykans twee-en-’n-half jaar waartydens Frans Hancke die Ons-is-die-Plan werkwinkel by verskeie gemeentes en ander geleenthede aangebied het, was die enigste “negatiewe” kommentaar wat ek van kerkleiers gehoor het: “Wow! … Hoe kry ons hierdie inligting by ons lidmate?”
Ek het verstaan wat hulle bedoel. Alhoewel die werkwinkel primêr op die kerkleierskap gerig word, is die inhoud van so ’n aard dat enigeen wat dit bywoon, werklik besef: Die Bybelse verstaan van die roeping en taak van die Kerk weerklink in hierdie tyd van teologiese verwarring verrassend suiwer en Woordgetrou deur hierdie materiaal. Juis daarom is dit belangrik om lidmate hieraan bloot te stel! Verder het ek verskeie van hierdie werkwinkels self bygewoon en kan daarom getuig dat die Heilige Gees mense se lewens aanraak en in sommige gevalle selfs radikaal verander! Dan moet daar mos ’n antwoord gevind word vir hierdie versugting van kerkleiers!
Die antwoord wat Frans (saam met ’n span) by die Here gekry het, was om die inligting in die vorm van ’n Bybelstudieboek beskikbaar te stel. Nou kan gelowiges self vanuit God se Woord deur die Heilige Gees gelei word tot ’n nege weke proses van transformasie en groei in hul kennis van en verhouding met God – asook hul geloof in Hom!
Frans het verskeie kundiges genader wat bereid was om as medewerkers op te tree. Prof Dons Kritzinger, Prop Ensie Enslin, Ds Evert Bergh, Dr Gideon van der Watt, Me Melanie Strydom, Ds Peet Grobbelaar, Ds Pieter Pretorius, Prof Pieter Verster, Ds Riaan van der Mescht en Ds TC du Toit het bygedra tot hierdie boek wat jy in jou hand het. Wat ’n voorreg was dit nie vir elkeen van ons wat hiertoe meegewerk het nie!
Self kan ek getuig van wat die besig-wees met hierdie Bybelstudiestukke die afgelope paar maande vir my persoonlik beteken het! Miskien is dit beter gestel om te sê dat God hierdie tyd met my op ’n besondere manier besig was … en ek loof en aanbid Hom daarvoor!
Mag dit ook jou ervaring gedurende die volgende nege weke wees!

“Soli Deo Gloria”.

Ensie Enslin

Stof tot naddenke: Het jy al moord gepleeg

“…’Jy mag nie moord pleeg nie, en elkeen wat moord pleeg, is strafbaar voor die regbank. Maar ek sê vir julle: Elkeen wat vir sy broer kwaad is, is al strafbaar voor die regbank. Verder, elkeen wat sy broer uitskel vir ‘n gek, is strafbaar…”

Matt: 5: 21-22

Moord gepleeg, “Moet nie laf wees nie, nie ek nie!” is ons almal se oombliklike antwoord. Indien ons egter bietjie verder lees in Matteus begin ons egter twyfel aan ons eie onskuld aan moord. In die bergpredikasie wys Christus ons op die oordeel wat ons oor onsself kan bring. Om kwaad te word vir my broer (bloedbroer, geestelike broer of selfs iemand wat ek nie ken nie) is in Christus se oë gelykstaande aan moord. Hoe is dit moontlik? As ons mooi daaroor gaan nadink, wat gebeur wanneer jy kwaad is? Jy begin altyd vir jouself regverdiging in die tweestryd soek. Jy bespreek dit dikwels met die mense naaste aan jou, met ander woorde jy versprei ‘n storie met slegs die een kant van die storie in die lig. Jy redeneer: ‘Ek kan maar kwaad wees want hy/sy/hulle het my soveel kwaad aangedoen’. Dit wat teen my gedoen is kan ook iets wees wat hulle nie eers besef nie. Dit kan soms bewustelik of onbewustelik wees.

So ‘n ‘eensydige storie’ kan verreikende gevolge hê. In ons kwaad word reaksie sê ons so maklik iemand is gek, onnosel of ‘n idioot. Sodra iemand nie met ons sienswyse of uitkyk op die lewe saamstem nie, reken ons dadelik dat hulle van mindere verstandelike vermoëns is. Ons gebruik so dikwels snydende taal om iemand te verkleineer en ons self sodoende te laat beter voel. Deur hierdie kwaad word kan iemand uit ‘n gemeenskap verdryf word. Iemand kan eenkant toe geskuif word. Dit pas ons, want ons is kwaad.

Deur so te reageer is ons besig om onsself lelik in die voet te skiet, volgens Christus. In God se oë is dit gelykstaande aan moord. Hoe is dit moontlik? Maklik, want in jou kwaad word verloor jy jouself, asook dikwels insig in die ander kant van die storie. Die ander se seer en pyn. Mense word dikwels eenkant geskuif en dit lei tot ‘sosiale moord’ vir daardie persoon. Mens sien dit dikwels in die normale gang van die dag. Christus maan ons om te besef dat om kwaad te word, voor God dieselfde oordeel sal kry as wanneer jy moord pleeg. Kom ons dink twee maal voor ons in woede, kwetsende woorde uiter! Kom ons dink twee maal voor ons iemand probeer kwaad maak. Laat ons liewer versoening soek met almal vir wie ons kwaad is.

Jou verwagtinge: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Hierdie is dalk een van die belangrikste vrae wat jy moet antwoord. Dit wil voorkom asof daar altyd ’n sterk verband bestaan tussen wat mense verwag en wat hulle kry. ’n Mens sou kon sê jy kry gewoonlik wat jy verwag. Verwag jy min, sal jy min kry – en omgekeerd.
Dit is dus belangrik dat jy eers hierdie saak met jouself uitmaak:
Ÿ Waarom pak ek hierdie 9 weke van transformasie aan?
Ÿ Doen ek dit vrywillig; of is ek deur persone of groepe onder druk geplaas?
Ÿ Wat verwag ek van die volgende 9 weke?
Ek wil jou aanmoedig om hierdie studies met ’n reuse verwagting aan te pak.
Hoekom sê ek so?
Eerstens, omdat die materiaal op die Bybel, op die Woord van die lewende God, gegrond is. Die Woord van die Here is lewendig en skerper as ’n tweesnydende swaard – sy Woord keer nooit leeg terug nie.
Tweedens, omdat die materiaal te make het met ’n werkwinkel wat al vir meer as twee jaar by gemeentes aangebied word en wat telkens deur die Here gebruik word om die lewens van mense (soms radikaal) te verander.
Derdens is hierdie ’n besondere bundel omdat dit die insette en bydraes van besondere kundiges bevat. Kyk gerus op die agterblad en jy sal verstaan waarom ek so sê.
Vierdens is die materiaal lekker leesbaar, maklik om te verstaan en word vars en nuwe maniere gebruik om te verseker dat hierdie 9 weke ’n besondere ervaring sal wees.
Vyfdens, omdat daar ’n hele netwerk van voorbidders is wat daagliks intree vir elke persoon wat met die materiaal besig is.
Laastens, omdat hierdie materiaal iets probeer openbaar van God se besondere liefde vir en betrokkenheid by sy mense. Dit gaan dus oor God; en hoe kan ons dan ooit in die teenwoordigheid van God kom sónder ’n verwagting?

Ek wil voorstel dat jy eers weer jou verwagting oordink voordat jy verder lees.
Ek wil waag om te sê dat jy met vrymoedigheid kan verwag dat jy die volgende 9 weke ’n besondere ervaring met God sal hê. Ek wil waag om te sê dat jou lewe verryk, verdiep en verander sal word. Ek wil durf sê dat jy na 9 weke sal terugkyk na vandag en erken dat jy nooit weer dieselfde sal wees nie!

Stof tot nadenke: ‘n Helder lig in die donker

“…Ons sal aan die volgende geslag vertel van die roemryke dade van die Here en van sy mag, van die wonderdade wat Hy gedoen het”

Ps. 78: 4

In Psalm 78 word ons gewys op ons verpligting om die Woord van die Here aan ons nageslag bekend te maak. In Dr. Fanie Bergh se preek van Sondag 2 Oktober vergelyk hy dit met die hardloop van ‘n aflos. Indien ons nie die aflosstokkie in die hande van die volgende naelloper oorgee nie, is ons dadelik uit die wedloop. Elke ouer en grootouer in hierdie lewe moet dit dus op hulle neem om hulle kinders en kinds-kinders te vertel van die wonderlike gawe van Christus. Dit is slegs moontlik indien jy as gelowige volkome glo in die woord van God. As jy dit jou eie gemaak het en passievol glo dat dit die enigste weg is. Ons moet waak om nie ‘n verkeerde aflosstokkie oor te gee, soos die geval in die ou film ‘Blackbeards Ghost’, waar, net soos op hierdie aarde, alles geoorloof is om die aardse wenpaal te bereik.

In hierdie wêreld met sy misplaaste persepsies van wat reg is, afknouery, veroordeling van die waarheid tot voordeel van sekere mense, moord, diefstal, magsbejagdheid en oorloë skep ‘n baie donker prentjie vir die nageslag. Ons wat vashou aan die geloof, hoop en die liefde wat deur God, Christus en die Heilige Gees so mildelik aan ons gegee is, moet hierdie wonderlike boodskap wat ons uit die Woord ontvang het, asook uit eie ervaring, met ons nageslag deel. Ons moet die lig wees vir ons kinders en kinds-kinders. Ons moet hulle wys dat om Christen te wees die een keuse is wat volkome vrede in jou gemoed kan bring, in teenstelling met die aardse keuses wat voor hulle deur gelê word.

Ons moet ook in ag neem dat woorde wek, maar voorbeelde trek. Dit help nie net om te praat nie, jou hele lewe, in taal en in handel, moet aan jou nageslag wys dat jy glo. Jou woorde, jou dade en jou omgang met ander mense moet sorg dat jou geloofskeuse onbetwyfel in die gemoed van jou nageslag lê. In Matt. 5: 14-15 stel Christus dit so mooi. “Julle is die lig vir die wêreld. ‘n Stad wat op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek mens nie ‘n lamp op en sit dit onder ‘n emmer nie, maar op ‘n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis.”

Stof tot nadenke: ‘n Soliede anker

“Maar God get Hom van die smarte van die dood verlos en Hom uit die dood laat opstaan. Dit was immers vir die dood onmoontlik om Hom gevange te hou. Van Hom sê Dawid: Ek het die Here altyd voor oë. Hy is aan my regterhand; ek sal nie wankel nie. Daarom is my hart bly en my tong jubel, ja meer en meer…”

Hand. 2: 24-26

Ons het ons eie keuses en voorkeure. Ons besluit na wie se preke wil ons luister, al dan nie. Ons kritiseer en lewer kommentaar. Wanneer hierdie mense met klei voete en prinse wat ons nie kan vertrou nie, verlei raak, wankel ons geloof in God. Wanneer gaan ons besef dat ons geloof nie gebaseer moet wees in doodgewone mense, met hulle eie swakhede en tekorkominge, hetsy of hulle goeie predikante, vooraanstande, bekende gelowige of ongelowige mense is wat ook daagliks aan die aardse verleidings blootgestel word nie.

Wanneer ons met ‘n geloofsoor luister na elke mense wat ons pad kruis, sal ons besef dat God op baie maniere met ons gesels deur mense, gebeurtenisse, vinnige verbygaande ontmoetings en lang innige verhoudings. Ons moet ons oor instel na God se frekwensie. Ons moet verby kyk na aarddse persepsies van wat reg is en ons instel om net die boodskap wat God vir ons stuur, te ontvang. Deur jouself oor te gee aan die beheer van die Heiige Gees, word jou frekwensie daagliks opnuut ingestel om God se aanraking te beleef, net soos jy jou radiokanaal in jou motor, op reis deur die Karoo, gedurig moet instel.

Die geloof in, en vashou aan die Heilige Gees (Die anker), is die enigste konneksie wat ons het deur die dood en opstanding van Jesus Christ (Die kabel) sodat ons die lig kan beleef wat ons deur die Woord en by God kan vind. Dis die anker waaraan ons aardse skepies, in al die storms wat om ons woed, kan vashou. Net soos Dawid van ouds moet ons God altyd voor oë hê en dan kan ons virseker weet dat ons nie sal ondergaan nie.

Stof tot nadenke: Waar vergader ons skatte?

Julle rykdom sal tot niet gaan en julle klere sal deur motte opgevreet word, julle goud en silwer sal verroes. Die roes sal teen julle getuig en aan julle vreet soos vuur. Julle maak skatte bymekaar, en dit terwyl dit die laaste dae is.”

Jak. 5: 3-4

Deur al die eeue heen struikel ons voor die vergadering van aardse skatte. Ons betreur die tot niet gaan van hierdie aardse skatte. Ons beskerm en vernietig mense om ons, van wie ons glo dat hulle dalk kan lei tot die verlies van ons aardse skatte. Konings, regerings, gewone mense en selfs  godsdienste het al menigmaal deur die eeue geval oor hierdie groot struikelblok. So dikwels kon hulle nie staande bly nie. Hulle het nie besef, dat skatte op hierdie wêreld maar min waarde het wanneer die ewige lewe voor die deur kom staan.

Paleise, kastele en massiewe huise is deur die eeue opgerig en het menigmaal as ruïnes tot niet gegaan. Die nageslagte het in die veranderde wêrelde nie kon byhou met die onderhoud en onkostes en weelde van hierdie aardse skatte nie. Oorloë het sy eie impak op verwoesting van hierdie aardse skatte.

Daarom die oproep tot vergadering van skatte nie in hierdie wêreld nie, maar om die ewige lewe te beërwe. Dit is binne elkeen van ons se reik. Deur die koms van Jesus Christus om vir ons sondes te sterf, het hy dit vir ons moontlik gemaak om onder leiding van die Heilige Gees vir ons die enigste skatte wat waarde het, bymekaar te maak. Ons moet nederig wees, goedgesind teen ons naaste, nie opgeblase wees nie of onsself hoêr ag as ander nie. Ons moet in wysheid, sonder bybedoeling, vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig en opreg wees soos so mooi uiteengesit in Jak 3: 13-18.

Stof tot nadenke: Hoe sê mens dankie?

Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi” Psalm 16: 6

Hoe sê mens dankie, vir alles wat jy so mildelik ontvang? Die siekte van ons tyd, selfsug, soos Ds Kobus Smit so mooi uitgewys het is die kanker van ons lewens. Dit maak ons ondraaglik en onvergenoegd. Dit spruit uit ons persepsie van wat menseregte is. Dit lei ons om meer te verwag as wat ons nodig het, of wat vir ons bestem is.  

Dit maak dat ons, wat elkeen uniek is, se oë gerig is op ons buurman, buurvrou, broer of suster, om seker te maak dat ons darem aan hulle standaarde kan voldoen. So verloor ons God uit die oog. Ons is so besig om te begeer wat ‘n ander het, dat ons nie eers besef dat dit wat ons het voldoende is vir ons behoefte nie. In die proses vergeet ons om ons dankbaarheid aan God te openbaar.

Ons kan ook nie voorgee om dankbaar te wees nie, want God ken ons elkeen se harte, elke gedagte nog voordat dit gevorm is. God sien elke opregtheid en valsheid raak. So rig jou oë op die Here? Die Een waarvandan ons hulp en krag vandaan kom. Moet Hom nie uit die oog verloor nie. Dan sal jy volkome gelukkig wees.

Kyk om jou rond om die wonderlike gawes van God elke dag raak te sien. Daardie sagte rol-klank van die vleiloerie en die vrolike klanke van die Knysna ruigtesangertjie in die kusbos. Die lekker-kry plas van die logge walvis wat deur die see-oppervlak breek met ‘n grootse waterspat, of die asemrowende saam-geniet van die dolfyne wat in die voor-brander-breek die branders ry. Ons moet net ingestel wees om elke liewe gawe wat God oor ons pad bring te waardeer en te geniet.

Dankie vir die liefkry, lekker-kry en lag; maar ook dankie vir die seerkry, hartseer en trane. U vorm ons deur elke ervaring om ons die unieke skepsels te maak wat U wil hê ons moet wees. U help ons in tye van voorspoed en ook in die tye van swaarkry. Deur U smeltkroes en U genade kan niemand anders ‘n beter ek wees, as ekself nie. Ja, voorwaar, ek kan ook soos my skoolhoof van ouds së: “Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi” (Ps. 16: 653)

Stof tot nadenke: ‘n Gebed

Gebed

Here maak my ‘n instrument van u vrede.
Waar daar haat is, laat my liefde bring.
Waar daar leed is, laat my die gees van vergifnis bring.
Waar daar twyfel is, gee dat ek u geloof mag versprei.
Waar daar wanhoop is, help my om hoop te bring.
Waar duisternis, ek die lig mag bring.
Waar daar droefheid is, ek vreugde mag skep.
O Heiloge Meester, gee dat ek
nie soseer sal trag om vertroos te word nie,
as om te vertroos;
om begryp te word nie, as om te begryp;
om bemin te word, eerder as om lief te hê nie.
Want dit is deur te vergewe dat ons vergewe word;
dit is deur te sterwe dat ons tot die ewige lewe gebore word!

Amen

Gebed van St Francis van Assisi

Stof tot nadenke: Die onuitputbare Kragbron!

Stof tot nadenke Carin van Ginkel

Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees ” Psalm 27: 1

In hierdie tyd waar ons dikwels onderwerp word aan kragonderbrekings, gryp ons dadelik na gastofies, flitse en kerse, sodat ons tog net nie in die duister hoef te sit nie. Ons het so gewoond geword om op ons eie krag staat te maak. Die lewe het so gemaklik geword, dat dit ons dikwels onkant van wanneer hierdie kragonderbrekings ons tref.

In ons geestelike lewe weet ons egter dat daar ‘n onuitputbare kragbron aan die werk is. Dit is nie op onsself wat ons hoef staat te maak nie. Ons sterkte en lig lê by God, Christus en die Heilige Gees. Die Psalmdigter, Dawid het so dikwels God se lof en bystand besing. Ps. 8:2 noem hoe glansryk alles is wat God in die hemelruim geplaas het.

Ps 16: 5 leer ons dat God vir ons sorg. Alles wat ek het kom van Hom af. Kan ons anders as om dankbaar te wees vir die pragtige deel wat vir elkeen van ons afgemeet is, en die mooi daarvan raaksien (Ps 16: 6). Self in die donkerste tye laat die Here ons lampe helder skyn, wan God gee ons lig wanneer dit donker om ons is (Ps 18: 29). God omsingel ons met krag (Ps 18: 33 en Ps 18: 40).

In Ps 19: 8 verseker Dawid ons dat die woord van die Here lewe gee en Ps 23:3 stel dit so mooi: “Hy gee my krag. Hy lei my op die regte paaie…”

Kan ons dan anders as om by hierdie ewigdurende kragbron in te skakel. Hy wat vir ewig was, is en sal wees. Hy wat die heerser van die uitspansel is. Hy wat ons nooit verlaat nie, al voel dit of ons deur donker skaduwees gaan. “U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.” (Ps 23: 6).

Stof tot nadenke: Wysheid van Bo…

Stof tot nadenke

Maar die wysheid wat van Bo kom, is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg. Hierdie wysheid bring jou in die regte verhouding met God, en jy moet dit gebruik om vrede te maak ” Jakobus 3: 17-18

Jakobus begin in vers 13 met die vraag : “Is daar ‘n wyse en verstandige mens onder julle?” Daar is so baie van ons wat wysheid in die aardse boekekennis en eie ervaring soek. Ons lees elke boek wat ons kan kry. Ons luister na al die rate en ‘wyshede’ wat op die radio of TV aan ons verkondig word. So dikwels aanvaar ons hierdie ‘waarheid’ as die begin en einde van kennis en dus ook wysheid.

Ons bevraagteken die bestaan van God, Christus en die Heilige Gees asook Sy skeppings vermoë. Ons staan skepties oor mense en al die aardse pogings om hierdie wêreld ‘n beter plek te maak. Ons word vasgevang in ons politiese oortuigings, kerklike leeringe, sosiaal aanvaarde lewenswyse, in so ‘n mate dat ons dikwels die basiese van wysheid totaal miskyk. Dit word so duidelik in Jakobus 3:13-18 uiteengesit.

As ons harte gevul is met jaloesie en naywer, in ons werkplek, of in ons woonplek, kan ons nie spog dat ons wysheid het nie. Dit is ‘n soort aardse wysheid wat sosiaal skynbaar aanvaarbaar is, en dikwels deur die boelies van hierdie wêreld gebruik word, om hulleself te bevorder. Die soort aardse wysheid lei tot wanorde en allerhande gemene dade, wat uit ons sogenaamde wysheid geregverdig word.

Wanneer iemand waarlik wysheid het, word dit gesien in sy gedrag van nederigheid, bedagsaamheid, medelye met ‘n ander se seerkry, onpartydigheid en opregtheid. Dis nie ‘n wysheid wat uit onsself kom nie, maar is ‘n genadegawe wat God aan ons skenk. Die geskenk kom deur die geloof in Christus wat vir ons sondes gesterf het, en die bystand en ewige nabyheid van die Heilige Gees wat ons lei en reghelp, elke keer as ons struikel. Ons moet gedurig onthou dat ons vir wysheid kan vra in gebed, wat ons kan help deur enige situasie. Dit bring ons ook in die regte verhouding met God, wat ons vul met ‘n vrede wat alle verstand te bowe gaan! Mag God jou seën met Sy wysheid.

Stof tot nadenke – Verskillende boodskappe

Deur: Carin von Ginkel

Ek het gekom om vuur op die aarde te werp, en hoe wens ek dat dit al aangesteek was!” Lukas 12: 49

Ds Danie Goosen se preek van Sondag 7 Augustus het ingelei met die teksvers. In die verse wat op hierdie teksvers volg sê Jesus dat hy eerder verdeeldheid bring, selfs in families. Wat is dit wat Jesus hiermee bedoel? Die verdeeldheid waarvan Christus hier praat, wat selfs in families tot uiting kan kom, kan moontlik wees omdat nie almal tot volle geloof in die Drie-enige God kom nie. Die basiese oortuigingsverskille kan tot groot verdeeldheid in ‘n familie lei, en selfs tot skeuring, want gelowiges en ongelowiges kan nie in een juk trek nie.

Lees meer “Stof tot nadenke – Verskillende boodskappe”