“Moenie ou grense verskuif wat jou voorouers gelê het nie.”
Spr. 22: 2820
Dwarsdeur ons lewe stel ons grense aan alles om ons en in ons. Sommiges se grense is nou en beperk, terwyl ander wye ruimtes nodig het, en dus hulle grense daarby aanpas. Dis lewens grense, dorp grense en landsgrense. Dit is grense oor wie ons toelaat om ons lewensruimte binne te kom, of buite te hou. Dis grense van wat ons doen of nie doen nie. Hoe bepaal ons hierdie grense? Wie gee ons leiding om hierdie grense daar te stel? Die beste voorbeeld is sekerlik die Tien Gebooie wat deur God self aan sy volgelinge gegee is. Sy vereiste was dat hierdie grense nagevolg moet word om kinders van God genoem te word.
“Hy het op die kliptafels die woorde van die verbond, die Tien gebooie geskryf. ” (Eks. 34: 2820)
“…maar troue liefde bewys aan duisende, aan hulle wat My liefhet en my gebooie nakom.” (Eks. 20: 620)
Mense hou daarvan om grense te verskuif om by hulle leefstyl aan te pas. Maar het ons werklik die insig en vaste fondamente om dit te doen? Of leef ons in die illusie dat ons die mag het om grense te verskuif? Dit is God wat alle grense vasgestel het. Hy het selfs die seisonale grense daar gestel by die skepping. Dit is God wat besluit wat hier op aarde aanvaarbaar is of nie. Binne en buite Israel.
“Mense verskuif grense, hulle buit troppe vee en laat dit wei.” (Job 24: 220);
“U het al die grense van die aarde vasgestel; somer en winter, U het dit gevorm.” (Ps. 74: 1720);
“…omdat hy gesê het: “Met krag van my hand het ek opgetree, en in my wysheid – ja, ek het insig. Ek verwyder die grense van volke, hulle voorraadkamers plunder Ek, en as die sterke, slaan ek wie op trone sit, neer.” (Jes. 10: 1320);
“Ja, Edom sê: “Ons is verpletter, maar ons sal weer die puinhope opbou.” Maar so sê die Here, Heerser oor alle magte: “Húlle kan maar bou, maar Ék sal afbreek. Hulle sal die goddelose gebied genoem word, en die volk vir wie die Here vir altyd vervloek het. “Met julle eie oë sal julle dit sien en julle sal self erken: “Die Here is groot buite die grense van Israel.”” (Mal. 1: 4-520)
Ons as gelowige Christene word ook gemaan om nie ons grense te verskuif wat deur ons gelowige voorouers vir ons daar gestel is nie. Dit wat gabaseer was op wat God in hulle harte ingelê het. Mens kan ook nie dink om verkeerd teen vaderlose kinders op te tree nie, want God sal self as hulle losser optree. Ons word gebind om die regte ding dwarsdeur ons lewe te doen, want daar sal onvermydelik nagevolge wees, indien ons nie gedurig poog om binne God se wet te bly nie. Ons moet alles in ons vermoë doen om nie struikelblokke vir ander te wees nie, sodat hulle nie van God weggehou word nie.
“Moenie ou grense verskuif nie, en in die landerye van vadderloses moet jy nie kom nie. Want hulle losser is sterk; Hy sal hulle regstryd teen jou voer.” (Spr. 23: 10-1120);
“Uit een mens het Hy al die nasies van die mensdom gemaak om die hele aarde te bewoon. Hy het vir hulle vasgestelde tye gegee en die grense van hulle woongebied bepaal.” (Hand. 17: 2620);
“Ek wil julle daaraan herinner – al weet julle dit alles – dat die Here, nadat Hy een keer die volk uit Egipteland gered het, die tweede keer diegene wat nie geglo het nie, omgebring het.” (Jud. 1: 620);
“Dit wat die wet ken – dat die wet seggenskap het oor mense vir solank as wat hy leef nie?” (Rom. 7: 120);
“Jesus het vir sy dissipels gesê: “Dit is onvermydelik dat daar struikelblokke kom, maar wee die een deur wie dit kom.”” (Luk. 17: 120);
“Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle sluit die deur van die koninkryk in die mense se gesig toe. Julle gaan self nie in nie, en julle verhinder dié wat wel ingaan. ” (Matt. 23: 1620)
Hoe dankbaar kan ons nie wees dat ons ‘n liefdevolle God het nie. Wat ook vir elkeen van ons, wat in Hom glo, verlossing te weeg gebring het, deur Jesus Christus, wat alles gelei en gedoen het, om die wat in Hom glo, te verlos. Ook gee die Heilige Gees ons daagliks leiding, deur deure oop of toe te maak, van waar die Vader ons heen wil lei, net soos Paulus ook ervaar het in Troas. Laat ons ons grense bepaal deur die liefde van die genadegawes wat ons ontvang het, sodat ons ook God kan verheerlik in alles wat ons doen.
“Daar sal nie langer iets oor geweld in jou land gehoor word nie, of oor verwoesting en vernietiging binne jou grense nie. Jy sal jou mure Verlossing noem, en jou poorte Lof.” (Jes. 60: 1820);
“Hulle het deur Frigië en die landstreek van Galasië gereis, omdat hulle deur die Heilige Gees verhinder is om die woord in Asië te verkondig. Toe hulle naby Misië kom, het hulle probeer om na Bitinë te gaan, maar die Gees van Jesus het hulle nie toegelaat nie. Hulle het toe by Misië verbygereis en afgegaan na Troas. Daardie nag het Paulus ‘n visioen gehad. ‘n Macedoniese man het daar gestaan en hom gesmeek met die woorde: “Kom oor na Macedonië en help ons!”” (Hand. 16: 6-920);
“Toe Ek by hulle was, het Ek hulle wat U My gegee het, in u Naam bewaar. Ek het hulle beskerm; en niemand van hulle het verlore gegaan nie, behalwe die seun van die verderf, sodat die Skrif vervul sou word.” (Joh. 17: 1220)