9 Oktober
My wens is dat jy nie die oorsaak sal wees dat ander mense foute maak nie. Hier is ’n Woord van God net vir jou.
Tema: Moenie ander laat struikel nie
Teks: “Deur julle toedoen het die Here vir my kwaad geword en dit met ’n eed bevestig dat ek nie deur die Jordaan sou gaan nie…” (Deut. 4:21)
- Soms maak mense jou so kwaad dat jy self sonde doen – ons optrede beïnvloed ander.
- Jou lewe, woorde en dade het ’n ingrypende invloed op die mense rondom jou.
- Maak seker jy stap agter die Here aan sodat jy nie die oorsaak is dat ander mense skade kry nie (Matt. 5:29–30).
- Bou ander mense op. Wees ’n positiewe invloed in die samelewing.
Gebed
Liewe Vader, gee my wysheid om ander mense eerder op te bou.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


