10 Oktober
My wens en gebed is dat jy vandag sal weet die Here hoor jou gebede en antwoord wanneer jy opreg soek. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.
Tema: Die Here verhoor jou gebede
Teks: “As julle die Here julle God dáár aanroep, sal Hy julle gebed verhoor as julle Hom nader in onverdeelde trou” (Deut. 4:29)
- Die Here het belowe om jou gebede te verhoor. Bid tot Hom met ’n opregte hart (Matt. 6:6).
- Die Almagtige Drie-enige God het lankal antwoorde vir elke uitdaging van jou – Hy wag dat jy vra.
- Soek slegs hulp by die Here en hou jou oë oop vir die uitkomste wat Hy gee.
- Bid met geloof, vertroue en verwagting – Hy wat beloof het, is getrou om te antwoord en te gee.
- Word nou rustig. God maak alle toe deure vir jou oop.
Gebed
Liewe Vader, dankie dat U my gebede verhoor.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


