Dankfees 25 Oktober 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier

Dankfeeslyste sirkuleer tans. Bydraes kan ook by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word.

Enige bestanddele is ook baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Die bestanddele moet asb ‘n week voor die dankfees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.

Ons rekening is:

NG Kerk Groot-Brakrivier,
FNB, Rek no 53083186511,
takkode 210314.
(Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “DFees” & Bloknr  & Van,  merk).

INDIEN U GRAAG WIL BETROKKE RAAK/ ‘N SKENKING WIL MAAK KAN U ASB DIE VOLGENDE PERSONE KONTAK:

🧁 Roosterkoeke Tafel – “Kole & Konfyt”: Vars van die kole – vuurwarm stoomtrek-lekkerte soos net ‘n roosterkoek kan wees! Heel (Plein) R20 elk / Konfyt R25 elk / Kaas R25 / Konfyt & Kaas R30 elk / Hoender Mayo R30 elk. Enige bydrae van tuisgemaakte konfyt sal waardeer word. 📞Pieter v/d Merwe – Kontak ons vorm.

🐘 Wit Olifant Tafel – “Skatte & Snaaksighede”: Kommervrye koop met reuse winskopies – iets vir elkeen! Skenkings welkom by Lokaal 6 (Ma, Wo, Vr). 📞 Annalene de Swardt –Kontak ons vorm.

📚 Boek Tafel – Kom snuffel rond tussen pragtige tweedehandse boeke! Lees en Lag en Leer ! Skenkings welkom by die kerkkantoor (Ma, Wo, Vr). 📞 Annalene de Swardt – Kontak ons vorm.

🍨 Smullekker Nagereg Tafel – “Soet Sondes”: Nog steeds die beste in die Weste! Poedings en nageregte teen net R18 per bakkie. ONS BENODIG ASB KOUE- OF GEBAKTE POEDINGS, BOKSE VLA, HANDE OM TE HELP SKEP. Roomys- en  foeliebakke beskikbaar. 📞 Dirk & Dorette Visser – Kontak ons vorm.

🍛 Kerrie & Rys Tafel – “Kerrie ‘n Bietjie”: Geurig en vol huislike smaak – Ouma sou trots wees! Ons benodig asb 8 pakke 1kg “mixed vegetables”. Skenkings kan asb by die kerkkantoor afgegee word. R40 vir ‘n lekker groot porsie.      

📞 Barbara Gericke –Kontak ons vorm 📞Corita du Preez – Kontak ons vorm.

🍢 Sosatie Tafel – “Stok en Smul”: Ons skakel hoenders om in ‘n feesmaal op ‘n stokkie – perfek gebraai en propvol geur! R18 per sosatie. Indien jy lief is vir braai en ‘n handjie wil bysit, kontak gerus vir 📞 Eddie – Kontak ons vorm.

🥪 Jaffles –­ R25 elk. Kom geniet ons kraakvars Jaffles met geurige maalvleis vir oud en jonk!👨‍👩‍👦‍👦 Wenk: Jaffles kan gevries word, kan skoolpouse ‘n lafenis wees en bejaardes ‘n maaltyd soos van ouds.🤹‍♀ 🍪🍴Kom koop en geniet! 📞 Annatjie Janse van Rensburg – Kontak ons vorm 📞 Corrie Pieters –Kontak ons vorm.

🍰 Tee Tuin – “Koek & Klets”: Kom sit onder die sambreel en geniet ’n koppie koffie of tee met ’n stukkie vars gebakte koek. Ons benodig skenkings van koeke, terte ne ander gebak.☕ Koffie/Tee – R15 | 🍰 Koek – R20 📞 Michelle Roon – Kontak ons vorm.

🍽   Pannekoek Tafel – “Strooi & Rol”: Ons pannekoeke is sag, warm en vol geur. R6 elk. Ons benodig asb

eiers, meel, olie en suiker. 📞Piet Snyman – Kontak ons vorm 📞 Elsabé Richards – Kontak ons vorm

🥕 Groente Tafel – “Kraakvars natuurlekkers”: Vars uit die tuin – gesond, geurig en g’n preserveermiddels! 📞 René Vorster –Kontak ons vorm.

🥳 JAM (Jesus And Me) KINDERTAFEL – Treintjie – R5 per rit, “Dunk Tank” – R5 vir 2 gooie, Springkasteel – eenmalige R10, Tombola – kom geniet jou gate uit! Ons benodig asb geldelike bydraes, lekkers en oulikhede om op die dag by die kindertafel te verkoop. 📞 Tanya Heath –Kontak ons vorm

🥩Vleistafel– Ons benodig asb skenkings van vleis. Indien u hier wil betrokke raak of op die dag help met die bemanning van die tafel, is u  welkom om vir Adolf Jonker te kontak – Kontak ons vorm

🍴 Lewerkoekies – Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal. Groot (9cm deursnit) @ R10 elk of 6 vir R50. Bestellings sluit Maandag 20 Oktober. Vries goed. 📞 Corrie Pieters – Kontak ons vorm.

Dankfees 25 Oktober 20525
Dankfees 25 Oktober 20525