Afkondigings 22 – 29 Oktober 2023

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Ned. Geref. Kerk Groot-Brakrivier
22 Oktober 2023 – 29 Oktober 2023

Vandag – Sondag 22 Oktober 2023 :

• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Frans Hancke wat vanoggend se erediens lei.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Joh 20 en Rom 10.

Die tema van die prediking is: Hoor jy die voetstappe?
• Kategese.
• Spesiale Offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Neem asb kennis dat die nagmaal van Sondag 22 Oktober 2023
skuif na Sondag 29 Oktober 2023.

Woensdag 25 Oktober 2023 :

• Kooroefening - 17:15 by die orrel. Marida - 082 471 0751. 

Alle belangstellendes is welkom.

Vrydag 27 Oktober 2023 :

• Gemeentekonsert om 18:00.

Saterdag 28 Oktober 2023 :

• Dankfees om  09:00.

Sondag 29 Oktober 2023 :

• Erediens om 09:00.
• Prediker: ds Danie Goosen.
• Nagmaal.
• GEEN Kategese.
• Spesiale Offer vir Kindersorg by die deure.
• Nuwe Lidmate 2022-2023 word verwelkom in die kerksaal na afloop van die erediens. Tee en eetgoed sal bedien word. Almal is welkom. 

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Oktober 2023 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

JEUG :
• Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
Indien u enige verdere inligting verlang skakel asb vir Pauline – 079 557 8591.

Daar is “dankbaarheidskoevertjies” beskikbaar in die voorportaal, waarin u enige
bydrae kan insit. Dié koevertjies sal tydens die diens op 29 Oktober opgeneem word. Alternatiewelik kan koeverte by die kerkkantoor ingegee word.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.

Ds Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.

Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak.

  • Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.

    Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
    Skakel ons gerus:  Riana Briers –  081 039 8853 /                   Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood se uitreike vir die laaste deel van die jaar geskied op 1, 15 & 29 Nov. Ons wil graag vir elke getroue ondersteuner van hierdie uitreike baie dankie sê vir julle deurlopende en liefdevolle bydraes.  
• Ons nooi almal weereens uit om deel te neem aan die sopprojek en te help om 100 gesinne te kan bedien. Die voorsiening van sop is ’n deurlopende behoefte en na 18 Oktober se uitreik is ons sop voorrade nóg laag. Baie dankie vir u getroue ondersteuning.
• Behoeftes vir Getuienisprojekte

    ◦ Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, material, gare, borduurgare en keramiek. Baie dankie vir alles wat reeds voorsien is – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.

    ◦ Ons benodig van tyd tot tyd hulp met die fisiese uitdeel van die boodskap, sop en brood as ‘n lid van die span siek, uitstedig of op die spesifieke Woensdag dit nie kan maak nie. Geliewe vir Emile Hurter by 082 554 1979 per WhatsApp of sms te verwittig, aangesien hy nie oproepe wat nie van een van sy gelyste kontakte kom, antwoord nie. Hy sal u dan kontak.

Omgeebediening : 
• In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
• Indien u bewus is van iemand wat hulp nodig het kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ens. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

NG Klub 50 nooi sy lede uit!!!

Klub 50 funksie : Afsluitingsete
Datum: Woensdag 1 November
11:30 vir 12:00
Plek: Cattle Baron Langeberg Mall
Koste: R70 pp – Die klub borg die res.

Reël asb eie vervoer.

Bespreek asb voor 27 Oktober per Whatsapp of deur die bestuur te kontak.

Estelle Uys – 072 675 6696‬‬‬‬‬‬
Marie Snyman – 082 229 8316‬‬‬‬‬‬
Johan Snyman – 083 736 5747 ‬‬‬‬‬‬
Faan Muller – 084 8703 236‬‬‬‬‬‬

SSSSS-Konsert

Die tyd raak min vir die koop/bespreek vir kaartjies van ons Sop- en Sjerriekonsert op
Vrydag 27 Oktober om 18:00. 

Buiten ons skitterende plaaslike talent, is Desiré Gardner (Magda Louw), ook op die verhoog te sien. Jy mag dit nie mis nie. 

Kaartjies is tydens kantoorure by die kerkkantoor, of Sondag by die saal tydens teedrink, beskikbaar.

Prys: R100pp; R50pp vir deelnemers en laerskool kinders; voorskoolse kinders en persone bo 90jaar gratis.

Groenewaldfonds
Aansoeke deur persone wat kwalifiseer vir studielenings uit die Groenewaldfonds sluit op 30 November 2023. Die voorgeskrewe vorm is by die kerkkantoor beskikbaar. Skakel asb die kerkkantoor indien u enige verdere inligting benodig.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Thailand

In Thailand, waar Boeddhisme oorheersend is, doen meer as 20,000 studente FEBA se Bybel-korrespondensiekursus. Baie van die studente is in die tronk en het Christus gevind deur die Bybel te bestudeer.

Ons gebed vir die week: Bid dat die studente God se Woord met oop harte en denke sal bestudeer, en dat selfs dié in die tronk, die vryheid wat in Christus is, sal beleef.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
22 Oktober 2023
1. Erediensbediening:

  a)    Skakel na die YouTube Preek van 22 Oktober 2023.
  1. Bybelstudiereeks: a) Die Weeklikse: “‘Stof tot nadenke: Bekommernis.”
  2. Getuienisbediening: a) Maandelikse nuusbrief van ‘Innovation of the Blind’.
  3. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Gemeentefees – Saterdag 28 Oktober 2023 om 09:00

Kom geniet ‘n koppie koffie of tee en iets lekkers te ete en kuier saam.
Ons tema vir die jaar is dankbaarheid. Daar is “dankbaarheidskoevertjies” beskikbaar in die voorportaal waarin u enige bydrae kan insit. Ons sal daardie naweek afsluit met ‘n dankbaarheidsdiens in die kerkgebou. Geldelike bydraes is altyd welkom by die kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening. (Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “GFees” & Bloknr & Van, merk).

•  Jafels:

Ons benodig asb skenkings vir Flora margerine en “Cook ’n Spray” vir die jafel tafel. Indien u kan help kan u dit afgee by die kerkkantoor of skakel Annatjie Janse van Rensburg – 082 871 0927. Onthou ook om u bestellings te plaas, ons maak alle bestellings vars op die oggend van die basaar.

 Pannekoektafel:
Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoek, asook donasies (suiker, meel, olie, eiers en kaneel), wat by die kerkkantoor kan afgegee word. Indien u kan help skakel asseblief Piet Snyman – 082 297 3476.

 Gebak en Poeding:
Ons benodig produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Liana – 084 764 6155.
Ons benodig ook asb koue of warm poedings vir die poedingtafel. Dirk – 082 416 3281 / Dorette – 072 400 1991 / Elmari – 073 979 8868.

 Kindertafel:
Ons benodig asb geldelike bydraes en/of spesiale lekkergoed en speelgoed vir die jeug se basaartafel. Ook vrywilligers wat kan help met insamelings en by die tafel. Alle skenkings kan asseblief by die kerkkantoor of by De Kaap Eiendomme vir Pauline afgegee word. Pauline Richards – 079 557 8591.

 Enige bestanddele is baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Die bestanddele moet asseblief ‘n week voor die dankfees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.

SAMEROEPERS

  1. KERRIE-EN-RYS:
    250 ml @ R15 & 500 ml @ R30. Corita du Preez – 084 265 9487. Kontak ons indien u wil help deur maalvleis te skenk.
  2. JAFELS: @ R20 elk: Daar sal jafels op die dag beskikbaar wees, maar om teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit waardeer indien u asseblief u bestellings per WhatsApp of sms by Annatjie Janse van Rensburg – 082 871 0927 of
    Corrie Pieters – 082 327 9527 plaas.
  3. ROOSTERKOEKE: Heel @ R15 elk / Konfyt @ R20 elk / Konfyt en Kaas @ R25 elk / Hoender Mayo @ R25 elk. Amelia – 072 975 0917.
  4. PANNEKOEK: @ R5 elk. Piet Snyman – 082 297 3476.
  5. SOSATIES: Sosaties @ R16 elk. Asseblief geen bestellings! Eddie Drost – 082 920 1829.
  6. GEBAK EN TEETUIN:
    Liana Boshoff – 084 764 6155 / Michelle Roon – 064 674 9756 / Marie Snyman – 082 229 8316.
  7. GROENTE: Robert Crause – 071 243 9181.
  8. WIT OLIFANT: Bring asseblief enige goedere na die kantoor en ons sal dit daar sorteer. Ek sal goedere enige tyd by die huise gaan oplaai indien moeilik om self in te bring.
    Annalene de Swardt – 082 495 5011.
  9. KINDERTAFEL: Pauline Richards – 079 557 8591.
  10. POEDING: 350ml @ R15 elk: Kontak Dirk Visser – 082 416 3281 / Dorette Visser – 072 400 1991 / Elmari Olsen – 073 979 8868 indien u ‘n poeding wil skenk of graag wil help.
    Dui asseblief net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.
  11. BOEKE: Enige ou boeke sal waardeer word. Bring dit asseblief solank na die kerkkantoor of kontak Ina Blom – 083 651 4517.
  12. WORSBROODJIES: Heerlike worsbroodjies met ’n lekker sous daarby @ R25 elk.
    James Erasmus – 078 505 5880.
  13. LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal.
    Groot (9cm deursnit) @ R10 elk of R50 vir 6. Vries goed. Corrie Pieters – 082 327 9527.
  14. VLEISTAFEL: Daar sal ’n verskeidenheid vleisprodukte wees teen bekostigbare pryse. Kom egter vroeg om teleurstelling te voorkom.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning
van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen – 079 525 3624

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11

Stof tot nadenke: Selfondersoek na afgode

“Ek is die here julle God. Julle mag nie afgode dien nie en julle mag nie vir julle afgodsbeelde maak nie. Ek is die Here julle God” Lev. 19: 3-4

Ons persepsie van afgode is in die vorm van dooie beelde wat nie aanbid mag word nie, dit wat dikwels in die Ou Testament genoem word (Deut. 30:16; Jes 42: 17). Ons word gereeld gemaan om nie agter afgodsbeelde aan te loop nie. Wêreldwyd sien mens nog dikwels afgodsbeelde waar mense voor neerbuig, asof dié hulle kan hoor bid en hulle sou kon help. In Ps. 115 beskryf Dawid reeds baie raak hoe mens na die beeldende afgode moet kyk. Hulle het sienlose oë, gehoorlose ore, woordelose monde, stil hulpelose hande en voete wat nêrens heen kan gaan nie. Hy maan ook dat mense net soos hierdie dooie beelde sou word, indien hulle diesulkes sou aanbid (Ps. 135: 18) en dat God ons indien ons die afgode sou aanhang, Hy ons dienooreenkomstig sal behandel (Eseg. 14: 3-5; Eseg. 23: 49).

Lees meer “Stof tot nadenke: Selfondersoek na afgode”

Nuusflitse: Week 42+ van 2023

Nuusflitse

Woensdag 18 Oktober 2023 : • Kooroefening – 17:15
Sondag 22 Oktober 2023 : • Erediens om 09:00. • Prediker: dr Frans Hancke. • Kategese.
Nagmaal: Sondag 29 Oktober 2023
Groenewaldfonds sluit op 30 November 2023
Wolwedans uitreik 18 Okt en 1, 15 & 29 Nov
SSSSS konsert, op 27 Oktober om 18:00
Gemeentefees – Saterdag 28 Oktober 2023 om 09:00

Stof tot nadenke: Geestelike Groei

“Lê juis daarom alle ywer aan die dag om by julle geloof deug te voeg, by deug insig, by insig, selfbeheersing, by selfbeheersing, volharding, by volharding, godvresendheid, broederliefde, en by broederliefde, liefde vir alle mense.”
2 Pet. 1: 5-7

Ons hoor dikwels dat ons nie uit eie krag die ewigheid kan beërwe nie, want dit is ‘n genaddegawe van God. Dit is absoluut korrek, maar ons kan nou ook nie op ons louere sit en hoop dat ons die ewigheid sal erf nie. In Petrus 2 roep Petrus ons duidelik op om ons te beywer om geestelik te groei. Daar is dus tog ‘n sekere inset wat van ons kant af moet kom. Ons moet nadat ons besluit het om die genadegawe van God te aanvaar, ons beywer om al die deugde wat so mooi gestel word, in ons lewe ‘n werklikheid te maak.

Lees meer “Stof tot nadenke: Geestelike Groei”

Mildelik vir die Gideons

Op 8 Oktober het ons insameling by die gemeente se deure vir die Gideons. Hulle voorsien Nuwe Testamente aan mense wat daagliks hul pad kruis, asook aan jongmense. Menige van ons, wat bevoorreg was om te reis in Suid Afrika, het ook op verskeie plekke ‘n Gideons bybeltjie raakgeloop.

Die Gideons versprei Bybels en Nuwe Testamente aan Graad 8 leerders, studente by universiteite en kolleges, polisielede, lede van die gewapende magte, gevangenisse, hotelle, gastehuise, spreekkamers en prokureurs-kantore, swangerskap-sentrums, klinieke, sowel as ouetehuise met ʼn kliniek. Daar is meer as 44 miljoen Bybels en Nuwe Testamente sedert die totstandkoming van Die Gideons Internasionaal in Suid Afrika in 1950 uitgeplaas.

Laat ons hulle net so mildelik ondersteun, as wat hulle mildelik die Woord van God versprei.

Word ‘n Gideon: https://gideons.co.za/afr/become-a-gideon/

Nuusflitse Week 41 van 2023

Nuusflitse

Woensdag 11 Oktober 2023 : • Kooroefening – 17:15 by die orrel
Sondag 15 Oktober 2023 : • Erediens om 09:00. • Prediker: dr Frans Hancke. • Kategese.
SSSSS Konsert – Vrydag 27 Oktober 20234
Gemeentefees – Saterdag 28 Oktober 2023 om 09:00
 Wolwedans boodskap, sop en brood 18 Okt en 1, 15 & 29 Nov

Afkondigings 8 – 15 Oktober 2023

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Vandag – Sondag 8 Oktober 2023 :

• Baie welkom by die erediens.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Matt 21: 33-46.

Die tema van die prediking is: Die gevaar van binne?
• GEEN Kategese.
• Spesiale Offer vir Alta du Toit-Skool (Kuilsrivier) by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Daar is “dankbaarheidskoevertjies” beskikbaar in die voorportaal, waarin u enige bydrae kan insit, vir die tydperk van die Dankbaarheidsfees wat strek oor die naweek van 27-29 Oktober.

Woensdag 11 Oktober 2023 :

• Kooroefening - 17:15 by die orrel. Marida - 082 471 0751. 

Alle belangstellendes is welkom.

Sondag 15 Oktober 2023 :

• Erediens om 09:00.
• Prediker: dr Frans Hancke.
• Biddag vir Gesondheidsdienste.
• Kategese.
• Spesiale Offer vir Gideons by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom. 

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.

Ds Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.

Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak.

  • Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.

Neem asb kennis dat die nagmaal van Sondag 22 Oktober 2023 skuif na Sondag 29 Oktober 2023.

Neem asb kennis dat ds Danie Goosen en Willem du Preez vanaf 15-22 Oktober die algemene sinode sitting in Boksburg bywoon. Dr Frans Hancke sal gedurende hierdie tyd vir ds Danie instaan en sal beskikbaar wees om te kontak – 082 490 5737.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Oktober 2023 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.

    Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
    Skakel ons by Riana Briers –  081 039 8853 /                        Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood se uitreike vir die laaste deel van die jaar geskied op 18 Okt en 1, 15 & 29 Nov. Ons wil graag vir elke getroue ondersteuner van hierdie uitreike baie dankie sê vir julle deurlopende en liefdevolle bydraes.  
• Ons nooi almal weereens uit om deel te neem aan die sopprojek en te help om 100 gesinne te kan bedien. Die voorsiening van sop is ’n deurlopende behoefte en na 4 Oktober se uitreik is ons sop voorrade nóg laag. Baie dankie vir u getroue ondersteuning.
• Behoeftes vir Getuienisprojekte

    ◦ Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, material, gare, borduurgare en keramiek. Baie dankie vir alles wat reeds voorsien is – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.

    ◦ Ons benodig van tyd tot tyd hulp met die fisiese uitdeel van die boodskap, sop en brood as ‘n lid van die span siek, uitstedig of op die spesifieke Woensdag dit nie kan maak nie. Geliewe vir Emile Hurter by 082 554 1979 per WhatsApp of sms te verwittig, aangesien hy nie oproepe wat nie van een van sy gelyste kontakte kom, antwoord nie. Hy sal u dan kontak.

Omgeebediening
• In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
• Indien u bewus is van iemand wat hulp nodig het kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ens. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

Dankies
Bloedskenking
:

Die bloedskenking op 28 September 2023 het 51 volpinte bloed opgelewer.

Baie dankie vir die 61 mense wat opgedaag het om te skenk, u skenkings kan lewens red. Ons sal u in kennis stel wanneer die volgende geleentheid plaasvind.

SSSSS-Konsert

Baie dankie vir die oorweldigende belangstelling om deel te wees van die SSSS-Konsert.

Die kaartjies kan by die kerkkantoor, gedurende kantoorure, of Sondae na die erediens by die saal by Johan Smit gekoop word.
– 084 500 4296.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA se luisteraars

Prys God vir die miljoene luisteraars wat die Goeie Nuus al deur FEBA se radiostasies, internet-uitsendings, klanktoestelle en sosiale media-bediening gehoor het. Ongeag die land, taal, kultuur en uitdagings – ons is almal een in Christus.

Ons gebed vir die week: Bid dat ons Vader Sy teenwoordigheid onder Sy kinders bekend sal maak, en hulle die moed sal gee om die waarheid te deel met dié wat oor hul pad kom.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
8 Oktober 2023
1. Erediensbediening:
a) Skakel na die YouTube Preek van 8 Oktober 2023.

  1. Boeke:
    Nuwe boek van Neels van Tonder is beskikbaar: ‘Paulus – van Fariseër tot kerkleier.”
  2. Bybelstudiereeks:
    a) Die Weeklikse: “‘Geestelike Groei.”
  3. Getuienisbediening:
    a) FEBA se e-gebedsgids is beskikbaar.
  4. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Gemeentefees – Saterdag 28 Oktober 2023 om 09:00

Kom geniet ‘n koppie koffie of tee en iets lekkers te ete en kuier saam.

Lyste met die oog op die gemeentefees sirkuleer tans in die gemeente. Ons tema vir die jaar is dankbaarheid. Daar sirkuleer ook “dankbaarheidskoevertjies” waarin u enige bydrae kan insit. Ons sal daardie naweek afsluit met ‘n dankbaarheidsdiens in die kerkgebou. Geldelike bydraes is altyd welkom by die kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening.

(Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “GFees” & Bloknr & Van, merk).

Pannekoektafel:
Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoek, asook donasies (suiker, meel, olie, eiers en kaneel), wat by die kerkkantoor kan afgegee word. Indien u kan help skakel asseblief Piet Snyman – 082 297 3476.

Gebak en Poeding:

Ons benodig produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Liana – 084 764 6155.

Ons benodig ook asb koue of warm poedings vir die poedingtafel. Dirk – 082 416 3281 / Dorette – 072 400 1991 / Elmari – 073 979 8868.

Kindertafel:

Ons benodig asb geldelike bydraes en/of spesiale lekkergoed en speelgoed vir die jeug se basaartafel. Ook vrywilligers wat kan help met insamelings en by die tafel. Alle skenkings kan asseblief by die kerkkantoor of by De Kaap Eiendomme vir Pauline afgegee word. Pauline Richards – 079 557 8591.

Enige bestanddele is baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Die bestanddele moet asseblief ‘n week voor die dankfees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.

SAMEROEPERS

1. KERRIE-EN-RYS:
250 ml @ R15 & 500 ml @ R30. Corita du Preez – 084 265 9487. Kontak ons indien u wil help deur maalvleis te skenk.

2. JAFELS: @ R20 elk: Daar sal jafels op die dag beskikbaar wees, maar om teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit waardeer indien u asseblief u bestellings per WhatsApp of sms by Annatjie Janse van Rensburg – 082 871 0927 of

Corrie Pieters – 082 327 9527 plaas.

3. ROOSTERKOEKE: Heel @ R15 elk / Konfyt @ R20 elk / Konfyt en Kaas @ R25 elk / Hoender Mayo @ R25 elk. Amelia – 072 975 0917.

4. PANNEKOEK: @ R5 elk. Piet Snyman – 082 297 3476.

5. SOSATIES: Sosaties @ R16 elk. Asseblief geen bestellings! Eddie Drost – 082 920 1829.

6. GEBAK EN TEETUIN:

Liana Boshoff – 084 764 6155 / Michelle Roon – 064 674 9756 / Marie Snyman – 082 229 8316.

7. GROENTE: Robert Crause – 071 243 9181.

8. WIT OLIFANT: Bring asseblief enige goedere na die kantoor en ons sal dit daar sorteer. Ek sal goedere enige tyd by die huise gaan oplaai indien moeilik om self in te bring.

Annalene de Swardt – 082 495 5011.

9. KINDERTAFEL: Pauline Richards – 079 557 8591.

10. POEDING: 350ml@ R15 elk: Kontak Dirk Visser – 082 416 3281 / Dorette Visser – 072 400 1991 / Elmari Olsen – 073 979 8868 indien u ‘n poeding wil skenk of graag wil help.

Dui asseblief net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.

11. BOEKE: Enige ou boeke sal waardeer word. Bring dit asseblief solank na die kerkkantoor of kontak Ina Blom – 083 651 4517.

12. WORSBROODJIES: Heerlike worsbroodjies met ’n lekker sous daarby @ R25 elk.

James Erasmus – 078 505 5880.

13. LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal.

Groot (9cm deursnit) @ R10 elk of R50 vir 6. Vries goed. Corrie Pieters – 082 327 9527.

14. VLEISTAFEL: Daar sal ’n verskeidenheid vleisprodukte wees teen bekostigbare pryse. Kom egter vroeg om teleurstelling te voorkom.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen – 079 525 3624

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Stof tot nadenke: ‘n Nuwe mens

“Nikodemus sê vir Hom: “Hoe kan ‘n mens weer gebore word as hy reeds oud is? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die moederskoot ingaan en gebore word nie?” Jesus antwoord: “Amen, amen. Ek sê vir jou: as iemand nie uit water én Gees gebore word nie, kan hy die koningkryk van God nie binnegaan nie”
Joh. 3: 4-5

Die vraag waarmee baie mense worstel, en tog so eenvoudig deur Christus beantwoord word. Ons moet deur water gebore word, die normale geboorte in die menslike konteks. Dit is egter die tweede geboorte wat so dikwels vir ons ‘n duister saak is. Uit ons menslike perspektief wil ons dinge beheer. Ons wil die vermoë hê om dinge te doen, wat vir ons beheer gee oor die uitkomste. Ons wil nuwe mense wees in Christus, want ons leef met die natuurlike drang, soos God ons geskape het, om nader aan God te kom.

Lees meer “Stof tot nadenke: ‘n Nuwe mens”

Nuusflitse Week 40+ van 2023

Nuusflitse

Woensdag 4 Oktober 2023 : • Daar sal GEEN Kooroefening
Sondag 8 Oktober 2023 : • Erediens om 09:00. • Prediker: ds Danie Goosen. • GEEN Kategese
Wolwedans boodskap, sop en brood se uitreike 4 & 18 Okt en 1, 15 & 29 Nov
SSSSS-Konsert 27 Oktober 2023
Gemeentefees – Saterdag 28 Oktober 2023 om 09:00

Ondersteuningsgroep besoek Youth Cafe en ander aksies

Die Ondersteuningsgroep bied hoofsaaklik rygeleenthede aan persone in die gemeenskap vir doktersafsprake en so meer. Wat dit so besonders maak, is die feit dat die bestuur van ons Kerk ons so goed gesind is en ons finansieël bystaan om dit te doen. Ek het ook groot waardering vir die gewillige groep mense wat soms op kort kennisgewing bereid is om iemand te help. Kosbare vriendskappe word ook hierdeur gesmee.

Ons het as groep die Youth Cafe in Greenhaven besoek op 7 September.

Lees meer “Ondersteuningsgroep besoek Youth Cafe en ander aksies”

Afkondigings 1 tot 7 Oktober 2023

Afkondigings

Vandag – Sondag 1 Oktober 2023 :

• Baie welkom by die erediens.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Matt 21: 23-32.

Die tema van die prediking is: ‘n Gesplete persoonlikheid?
• Biddag vir Bejaardes.
• Bediening aan die Jode.
• GEEN Kategese.
• Spesiale Offer vir Eljada-Nasorg (Oudtshoorn) by die deure.
• Daar is GEEN tee die week na afloop van die erediens nie.

Woensdag 4 Oktober 2023 :

• Daar sal GEEN Kooroefening wees gedurende die skoolvakansie nie. Oefening hervat weer op 11 Oktober 2023. Marida - 082 471 0751. 

Sondag 8 Oktober 2023 :

• Erediens om 09:00.
• Prediker: ds Danie Goosen.
• GEEN Kategese.
• Spesiale Offer vir Alta du Toit-Skool (Kuilsrivier) by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom. 

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.

Ds Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.

Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak.

  • Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Oktober 2023 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Neem asb kennis dat die nagmaal van Sondag 22 Oktober 2023 skuif na Sondag 29 Oktober 2023.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.

    Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
    Skakel ons by Riana Briers –  081 039 8853 /                    Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood se uitreike vir die laaste deel van die jaar geskied op 4 & 18 Okt en 1, 15 & 29 Nov. Ons wil graag vir elke getroue ondersteuner van hierdie uitreike baie dankie sê vir julle deurlopende en liefdevolle bydraes.  
• Ons nooi almal weereens uit om deel te neem aan die sopprojek en te help om 100 gesinne te kan bedien. Die voorsiening van sop is ’n deurlopende behoefte en na 20 Sept se uitreik is ons vrieskaste dolleeg. Baie dankie vir u getroue ondersteuning.
• Behoeftes vir Getuienisprojekte

    ◦ Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, material, gare, borduurgare en keramiek. Baie dankie vir alles wat reeds voorsien is – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.

    ◦ Ons benodig van tyd tot tyd hulp met die fisiese uitdeel van die boodskap, sop en brood as ‘n lid van die span siek, uitstedig of op die spesifieke Woensdag dit nie kan maak nie. Geliewe vir Emile Hurter by 082 554 1979 per WhatsApp of sms te verwittig, aangesien hy nie oproepe wat nie van een van sy gelyste kontakte kom, antwoord nie. Hy sal u dan kontak.
• Die gesin van 4 (kinders 7 en 12), wat hul werk tydens covid verloor het en nou werk in Groot-Brakrivier gekry het, kon tydelike verblyf kry tot Desember, maar soek asseblief na permanente verblyf vanaf Januarie 2024 (maksimum R7 000 pm). Indien enige een kan help kontak asseblief vir Cassie Erasmus – 064 759 9212.

Omgeebediening : 
• In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
• Indien u bewus is van iemand wat hulp nodig het kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee ens. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asb. vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

JEUG :
• Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
Indien u enige verdere inligting verlang skakel asb vir Pauline – 079 557 8591.

Klub 50
Klub 50 nooi alle lede, en moontlike nuwe lede, om op
Woensdag 4 Oktober
deel te hê aan ‘n pretdag van speletjies en ‘n bring en braai.
Tyd: 10:00
Plek: NG Kerkgrond
Om saam te bring: kampstoel, bord, beker, eetgerei, vleis en drinkgoed.
Die klub verskaf: pap en slaai, koffie/tee en kole vir braai.

Maak solank litte los. Dit gaan groot pret wees!

Navrae: Estelle Uys
– 072 675 6696

SSSSS-Konsert

Dit is op 27 Oktober 2023 weer ons jaarlikse sagtebaard SSSSS (Sop, Sap Sjerrie, Stoepstories en ander Stuitighede) – konsert!

Enige “vermaaklikheidskunstenaar” wat ’n storie het om te vertel of iets “lafs” wil opvoer, kan vir Johan Smit kontak – 084 500 4296.

Gemeentefees – Saterdag 28 Oktober 2023 om 09:00

Kom geniet ‘n koppie koffie of tee en iets lekkers te ete en kuier saam.
Lyste met die oog op die gemeentefees sirkuleer tans in die gemeente. Ons tema vir die jaar is dankbaarheid. Daar sirkuleer ook “dankbaarheidskoevertjies” waarin u enige bydrae kan insit. Ons sal daardie naweek afsluit met ‘n dankbaarheidsdiens in die kerkgebou. Geldelike bydraes is altyd welkom by die kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening.
(Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “GFees” & Bloknr & Van, merk).

 Pannekoektafel:
Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoek, asook donasies (suiker, meel, olie, eiers en kaneel), wat by die kerkkantoor kan afgegee word. Indien u kan help skakel asseblief Piet Snyman – 082 297 3476.

 Gebak en Poeding:
Ons benodig produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Liana – 084 764 6155.
Ons benodig ook asb koue of warm poedings vir die poedingtafel. Dirk – 082 416 3281 / Dorette – 072 400 1991 / Elmari – 073 979 8868.

 Kindertafel:
Ons benodig asb geldelike bydraes en/of spesiale lekkergoed en speelgoed vir die jeug se basaartafel. Ook vrywilligers wat kan help met insamelings en by die tafel. Alle skenkings kan asseblief by die kerkkantoor of by De Kaap Eiendomme vir Pauline afgegee word. Pauline Richards – 079 557 8591.

 Enige bestanddele is baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Die bestanddele moet asseblief ‘n week voor die dankfees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.

SAMEROEPERS

  1. KERRIE-EN-RYS:
    250 ml @ R15 & 500 ml @ R30. Corita du Preez – 084 265 9487. Kontak ons indien u wil help deur maalvleis te skenk.
  2. JAFELS: @ R20 elk: Daar sal jafels op die dag beskikbaar wees, maar om teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit waardeer indien u asseblief u bestellings per WhatsApp of sms by Annatjie Janse van Rensburg – 082 871 0927 of
    Corrie Pieters – 082 327 9527 plaas.
  3. ROOSTERKOEKE: Heel @ R15 elk / Konfyt @ R20 elk / Konfyt en Kaas @ R25 elk / Hoender Mayo @ R25 elk. Amelia – 072 975 0917.
  4. PANNEKOEK: @ R5 elk. Piet Snyman – 082 297 3476.
  5. SOSATIES: Sosaties @ R16 elk. Asseblief geen bestellings! Eddie Drost – 082 920 1829.
  6. GEBAK EN TEETUIN:
    Liana Boshoff – 084 764 6155 / Michelle Roon – 064 674 9756 / Marie Snyman – 082 229 8316.
  7. GROENTE: Robert Crause – 071 243 9181.
  8. WIT OLIFANT: Bring asseblief enige goedere na die kantoor en ons sal dit daar sorteer. Ek sal goedere enige tyd by die huise gaan oplaai indien moeilik om self in te bring.
    Annalene de Swardt – 082 495 5011.
  9. KINDERTAFEL: Pauline Richards – 079 557 8591.
  10. POEDING: 350ml @ R15 elk: Kontak Dirk Visser – 082 416 3281 / Dorette Visser – 072 400 1991 / Elmari Olsen – 073 979 8868 indien u ‘n poeding wil skenk of graag wil help.
    Dui asseblief net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.
  11. BOEKE: Enige ou boeke sal waardeer word. Bring dit asseblief solank na die kerkkantoor of kontak Ina Blom – 083 651 4517.
  12. WORSBROODJIES: Heerlike worsbroodjies met ’n lekker sous daarby @ R25 elk.
    James Erasmus – 078 505 5880.
  13. LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal.
    Groot (9cm deursnit) @ R10 elk of R50 vir 6. Vries goed. Corrie Pieters – 082 327 9527.
  14. VLEISTAFEL: Daar sal ’n verskeidenheid vleisprodukte wees teen bekostigbare pryse. Kom egter vroeg om teleurstelling te voorkom.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
1 Oktober 2023
Nuut op 1 Oktober 2023
1. Erediensbediening:
a) Skakel na die YouTube Preek van 1 Oktober 2023.

  1. Bybelstudiereeks:
    a) Die Weeklikse: “‘n Nuwe mens.”
  2. Getuienisbediening:
    a) Lynette se nuusflits uit Madagskar.