11 Oktober
Ek hoop so dat jy sal leer om te kan hoor wanneer God met jou praat. Hier is Sy Boodskap vir vandag.
Tema: Die deur is oopgemaak! Vertel alles vir God!
Teks: “Vandag het ons ondervind dat God met mense praat, en hulle bly lewe” (Deut. 5:24)
- Is jy ook verwonderd dat jy met God kan praat sonder om te sterf – wat ’n voorreg!
- Daar is geen saak te groot, te klein of te skandelik om nie met die Here te deel nie.
- Die Here God weet in elk geval alles van jou af.
- Deel met Hom alles wat op jou hart is – Hy gee vir jou om. Hy hoor jou. Hy verhoor dit.
- Die deur na God is altyd oop – gebruik dit vandag. Hy wag al van vroeg af vir jou.
Gebed
Liewe Vader, help my om U stem te hoor wanneer U met my praat.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


