Skep asem vir vandag: 27 Oktober 2025

Dagstukkies April

27 Oktober

My wens en gebed is dat jy vandag sal kies om eenvoudig gehoorsaam te wees aan wat God vra. Hier is God se wil vir vandag.

Tema: Leef soos die Here wil hê jy moet leef

Teks: “Ons moet lewe soos Hy wil hê ons moet.” (Deut. 29:29 – Die Boodskap)

  • Soms raak ons so besig dat ons vergeet gehoorsaamheid aan God is belangriker as ons “besig-wees”.
  • Die dinge van jou lewe en wêreld kan jou fokus weglei van wat werklik belangrik is.
  • Maak vandag ’n punt om van voor af weer reg te fokus – jy sal verbaas wees oor die geluk wat daarmee saamkom.
  • Eenvoudige gehoorsaamheid bring wonderlike vreugde en vrede.

Gebed

Liewe Vader, ek wil regtig gehoorsaam wees. Help my daartoe.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 26 Oktober 2025

Dagstukkies April

26 Oktober

My wens en gebed is dat jy vandag daaraan sal werk dat jou hele gesin die Here sal ken en dien. Hier is die woord van die Here vir jou.

Tema: Belê in jou nageslag en familie

Teks: “Hy het vir ons en ons kinders en kleinkinders gewys wat Hy wil hê ons moet doen.” (Deut. 29:29 – Die Boodskap)

  • God se wil en geheime is nie net vir jou nie, maar ook vir jou kinders en kleinkinders.
  • Maak seker dat jou gesin en nageslag die Bybel ken – lei hulle na Jesus toe.
  • Leer hulle deur jou voorbeeld en manier van dinge doen om God voluit te dien.
  • Die grootste geluk en vreugde wat jy kan ervaar, is dat jou hele familie die Here saam met jou dien – werk daarvoor.

Gebed

Liewe Vader, help my om aan my familie en nageslag U liefde, genade en wil te wys.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 25 Oktober 2025

Dagstukkies April

25 Oktober

My wens en gebed is dat jy vandag sensitief sal wees om te hoor wat God aan jou wil openbaar. Hier is God se boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Wat vir mense sin maak, maak nie vir God sin nie

Teks: “Maar die dinge wat Hy wél aan ons geopenbaar het, moet ons doen.” (Deut. 29:29 – Die Boodskap)

  • Daar is dinge wat God deur die Bybel en Sy Gees aan ons wys – soms maak dit nie sin nie.
  • Nogtans vra dit vertroue en geloof om daardie “onverstaanbare” dinge te doen.
  • Doen moeite om jou Bybel te lees en deur die Heilige Gees gelei te word.
  • God lei jou op elke terrein van jou lewe – werk, verhoudinge, besluite, finansies.
  • Doen net daardie dinge waarvan jy weet dit is die wil van die Here – dan sal Hy jou gelukkig maak.

Gebed

Liewe Vader, maak my sensitief om te hoor wat U aan my wil openbaar.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 24 Oktober 2025

Dagstukkies April

24 Oktober

My wens en gebed is dat jy vir die toekoms sal vertrou dat jy veilig in God se hande is. Hier is God se Boodskap net vir jou vandag.

Tema: In die onbekende is jy steeds veilig

Teks: “Daar is geheime dinge wat net die Here ons God weet. Hy het dit nie aan ons geopenbaar nie” (Deut. 29:29 – Die Boodskap)

  • Dinge wat in die toekoms of hede gaan gebeur, is nie in jou hande nie – dit is net in God se hande.
  • Jy kan juis daarom rustig wees: jy bly veilig in Sy hande.
  • Moenie bang wees vir vandag se uitdagings nie – gryp dit aan, want in God se veilige hande is daar altyd grense.
  • Jou onbekende toekoms is in die hande van die Alwetende, Liefdevolle God.
  • Hy versorg jou! Hy gee vir jou om! Hy beskerm jou ook!

Gebed

Vader, dankie dat U van my lewe deeglik kennis dra.
In die Naam van Jesus Christus die Here. Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 23 Oktober 2025

Dagstukkies April

23 Oktober

My wens en gebed is dat jy vandag sal kies om vol vreugde en blydskap te leef. Hier is God se Boodskap vir vandag.

Tema: Wees bly en positief

Teks: “As jy die Here jou God nie met vreugde en blydskap dien nie omdat jy baie besit…” (Deut. 28:47)

  • Omdat die Here jou goed versorg, moet jy gelukkig, vol vreugde en blydskap wees.
  • Wys dit aan ander. Dra dit aan ander oor! Steek dit aan!
  • Wees iemand wat die hartseer, stukkende en gebroke wêreld ’n aangenamer en mooier plek maak.
  • Jou positiewe houding is ’n getuienis van God se goedheid in jou lewe.

Gebed

Vader, gee my die vermoë om positief te wees.
In die Naam van Jesus Christus die Here. Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 22 Oktober 2025

Dagstukkies April

22 Oktober

My wens en gebed is dat jy vandag sal onthou dat God, wat goed is, alle goeie dinge gee. Hier is God se Boodskap vir vandag.

Tema: Wat jy besit, kom van die Here af

Teks: “As jy die Here jou God nie met vreugde en blydskap dien nie omdat jy baie besit…” (Deut. 28:47)

  • Alles wat jy besit – jou geld, huis, gesin, gesondheid – is geskenke van die genadige Here spesiaal net vir jou.
  • Al het jy hard daarvoor gewerk, dit bly die Here wat gesorg het dat jy dit kon verkry.
  • Hy sorg in goeie én slegte tye – Hy het dit in die verlede gedoen en sal aanhou om dit te doen.
  • Erken dat alles wat jou gelukkig maak, alle goeie dinge, ’n bewys van Sy liefde en sorg vir jou is.

Gebed

Vader, maak my hart rustig en gee my vrede omdat U altyd vir my sorg.
In die Naam van Jesus Christus die Here. Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 21 Oktober 2025

Dagstukkies April

21 Oktober

My wens en gebed is dat jy die seën van God in jou lewe sal ervaar. Hier is Sy Woord.

Tema: Leef met positiewe verwagting

Teks: “Die Here sal die seën beveel om oor jou te kom, oor jou graanskure en oor alles wat jy aanpak” (Deut. 28:8)

  • Hy belowe Sy seën wanneer jy binne Sy riglyne leef – dit is ‘n belofte.
  • Maak seker jou hele lewe – denke, verhoudinge, werk, finansies en bydrae tot die gemeenskap – is in lyn met Sy wil.
  • Staan terug en wag op Sy seën – wees positief en vriendelik.
  • God se goedheid sal sigbaar word in elke area wat jy met Hom deel.
  • Wees daarom gelukkig! Wees vol hoop!

Gebed:

Vader, dankie dat U my seën. Laat ek dit raaksien.
In die Naam van Jesus Christus die Here. Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 20 Oktober 2025

Dagstukkies April

20 Oktober

My wens en gebed is dat jy vandag sal kies om na God se stem te luister eerder as na die wêreld se wysheid. Hier is die Woord vir vandag.

Tema: Wat vir die mense sin maak, maak nie vir God sin nie

Teks: “Jy moet na die Here jou God luister en jy moet lewe volgens die gebooie en die voorskrifte wat ek jou vandag beveel” (Deut. 27:10)

  • Wil jy gelukkig wees?
  • Onthou! Dinge in die samelewing bied opsies wat soms beter as die antwoorde van die Gees lyk.
  • Onthou! Wat vir mense sin maak, maak nie noodwendig by God sin nie (1 Kor. 1:27-28).
  • Dit is noodsaaklik dat jy eerder God se dinge doen as die oënskynlik goeie argumente van ander mense.
  • God se wysheid mag soms vreemd voorkom, maar dit lei altyd tot ware sukses, vreugde en geluk.

Gebed

Vader, gee my die oortuiging om na die Bybel te luister.
In die Naam van Jesus Christus die Here. Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 19 Oktober 2025

Dagstukkies April

19 Oktober

My wens en gebed is dat jy vandag sal stilword en luister na God se stem – jy is Sy kind. Hier is God se Boodskap net vir jou.

Tema: Word rustig en stil – hoor God se wil en plan

Teks: “Bly stil en luister, Israel! Vandag het jy die volk van die Here jou God geword” (Deut. 27:9)

  • Wees stil en weet, die Here is die Almagtige God – Hy doen die onmoontlike.
  • Wat Hy besluit, gebeur (Jes. 41:1).
  • Maak spesiale tyd om stil te word – Hy praat met jou in tye van stilte (1 Kon. 19:13).
  • In stilte hoor jy Sy stem! In stilte kry jy vrede! In stilte kry jy nuwe krag!
  • In stilte kry jy ‘n nuwe visie!

Gebed:

 Vader, dankie dat U ook in my stil tye met my werk.
In die Naam van Jesus Christus die Here. Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 18 Oktober 2025

Dagstukkies April

18 Oktober

Ek bid vir jou. Ek hoop dat jy die nuwe geleenthede wat God aan jou bied, sal raaksien. Hier is ‘n gedagte net vir jou.

Tema: Sien jou nuwe seisoene raak

Teks: “Julle staan op die punt om deur die Jordaan te trek om die land in besit te neem wat die Here julle God aan julle gee” (Deut. 11:31)

  • Die Here van nuwe geleenthede bied ook aan jou geleenthede waarvoor jy al lank bid.
  • Jou nuwe seisoen en nuwe tydperk is om die draai – dit kom.
  • Al moet jy dalk nog ‘n kort rukkie wag, dit is op pad en niemand kan dit keer nie.
  • Wees gereed om te beweeg. Nuwe deure gaan oop.
  • Wees bly en opgewonde! Wees gelukkig! Glimlag en leef rustig in vrede.

Gebed

Vader, gee my die moed om elke nuwe geleentheid aan te gryp.
In die Naam van Jesus Christus die Here. Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 17 Oktober 2025

Dagstukkies April

17 Oktober

My wens en gebed is dat jy vandag sal kies om die mense naby jou gelukkig te maak. Hier is God se wil uit die Woord.

Tema: Jy kan seën of straf spreek

Teks: “Let op, ek hou julle vandag die seën en die straf voor” (Deut. 11:26)

  • Dikwels spreek ons dood oor mense, sake, dinge of selfs die natuur – deur ons woorde, styl en ingesteldheid.
  • Jy kan ook lewe of dood oor mense spreek.
  • Christusgelowiges is geroep om lewe oor ander mense te spreek.
  • Selfs teenoor jou grootste vyande moet jy goeie dinge uitspreek, nie slegte dinge nie.
  • Seën ander mense. Maak hulle gelukkig deur jou woorde.
  • Fokus daarop om iemand te wees wat lewe en hoop oor ander uitspreek.

Gebed

Vader, help my om iemand van seën en lewe te word.
In die Naam van Jesus Christus die Here. Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 16 Oktober 2025

Dagstukkies April

16 Oktober

My wens en gebed is dat jy vandag sal vertrou dat die Here vir al jou fisiese en materiële behoeftes sal sorg. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Die Here sorg vir al jou emosionele, geestelike, fisiese en materiële behoeftes

Teks: “… sal Hy vir julle land sy reën gee op die regte tyd, lente- en somerreëns, en julle sal koring, wyn en olie oes” (Deut. 11:14)

  • Soms kom jy in ervarings waar dit voel asof alles doodloop – jou planne werk nie meer uit nie.
  • Onthou dan: Dit is die Here wat voorsien en sorg.
  • Wanneer jou planne nie meer werk nie, doen God die onmoontlike.
  • Hy sal verseker in voorspoed én teenspoed vir jou sorg.
  • Soms moet jy net leer om te wag. Wees net gelukkig!

Gebed

Vader, gee my die geloof om U te vertrou vir die regte uitkomste vir my lewe.
In die Naam van Jesus Christus die Here. Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 15 Oktober 2025

Dagstukkies April

15 Oktober

My gebed is dat jy vandag sal ervaar hoe ononderbroke die Here vir jou sorg. Hier is God se Boodskap spesiaal vir jou vir vandag.

Tema: Hy sorg ononderbroke vir jou


Teks: “Dit is ’n land waarvoor die Here jou God sorg: van nuwejaarsdag af tot oujaarsdag toe hou Hy ononderbroke sy oog daarvoor” (Deut. 11:12)

  • “Ononderbroke” beteken sonder om te stop – die Here sorg heeltyd vir jou.
  • Hy sluimer nie en slaap nie (Ps. 121:4) – elke sekonde, minuut, uur, maand en jaar is Hy by jou.
  • Ongeag watter spanning of probleme jy beleef, jy is altyd ononderbroke onder Sy beskermende hand.
  • Sy liefde en sorg het geen tydsbeperkings nie – dit is 24/7, 365 dae per jaar.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U heeltyd en altyd vir my sorg.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 14 Oktober 2025

Dagstukkies April

14 Oktober

My wens en gebed is dat jy vandag sal weet die Here sorg die hele jaar vir jou. Hier is ’n Woord net vir jou vir vandag.

Tema: Die Here sorg die hele jaar


Teks:Dit is ’n land waarvoor die Here jou God sorg: van nuwejaarsdag af tot oujaarsdag toe hou Hy ononderbroke sy oog daaroor” (Deut. 11:12)

  • Daar is nooit ’n tyd wanneer die Here nie in jou lewensverhaal betrokke is nie.
  • Van Januarie tot Desember is Hy teenwoordig – in jou gesin, familie, werk, ja, elke area van jou lewe.
  • Wanneer jy dink jy is alleen, weet dat die Here by jou is. Hy help jou om te oorwin.
  • Hy sorg nie net vir ’n rukkie nie – dit duur die hele jaar en jou hele lewe lank.
  • Wees nou rustig en word gelukkig!

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U van die begin tot die einde van die jaar, heeltyd by my is.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 13 Oktober 2025

Dagstukkies April

13 Oktober

My wens en gebed is dat jy vandag sal besluit om die Here heelhartig lief te hê in elke area van jou lewe. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Gee jouself heelhartig oor aan God


Teks: “Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag” (Deut. 6:5)

  • God vra nie vir halfhartige toewyding nie – Hy wil jou hele hart, siel en krag, jou hele menswees.
  • Ondersoek jou lewe: in watter plekke van jou lewe is jy nie so lief vir die Here nie?
  • Heelhartige liefde beteken totale oorgawe in jou persoonlikheid, gesin, werk en finansies.
  • God maak jou gelukkig wanneer jy met alles wat jy is en het Hom volg – hou niks terug nie.

Gebed

Liewe Vader, help my om U met al my krag, al my verstand en emosie heelhartig lief te hê.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 12 Oktober 2025

Dagstukkies April

12 Oktober

Ek hoop só dat die Woord van God jou hele denke en optrede sal oorneem. Hier is ’n spesiale boodskap van die Here vandag.

Tema: Maak jou vol van God se dinge


Teks: “Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly” (Deut. 6:6)

  • Die Bybel moet jou gedagtes oorneem en die Gees moet jou denke beheers.
  • Dit word jou kompas.
  • Almal moet deur die manier hoe jy dink, praat en optree weet jy is ’n Christusgelowige.
  • Jou identiteit moet so deur God se Woord gevorm wees dat mense Jesus in jou raaksien.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U vir my riglyne in die Bybel gee vir hoe ek moet leef.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 11 Oktober 2025

Dagstukkies April

11 Oktober

Ek hoop so dat jy sal leer om te kan hoor wanneer God met jou praat. Hier is Sy Boodskap vir vandag.

Tema: Die deur is oopgemaak! Vertel alles vir God!


Teks: “Vandag het ons ondervind dat God met mense praat, en hulle bly lewe” (Deut. 5:24)

  • Is jy ook verwonderd dat jy met God kan praat sonder om te sterf – wat ’n voorreg!
  • Daar is geen saak te groot, te klein of te skandelik om nie met die Here te deel nie.
  • Die Here God weet in elk geval alles van jou af.
  • Deel met Hom alles wat op jou hart is – Hy gee vir jou om. Hy hoor jou. Hy verhoor dit.
  • Die deur na God is altyd oop – gebruik dit vandag. Hy wag al van vroeg af vir jou.

Gebed

Liewe Vader, help my om U stem te hoor wanneer U met my praat.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 10 Oktober 2025

Dagstukkies April

10 Oktober

My wens en gebed is dat jy vandag sal weet die Here hoor jou gebede en antwoord wanneer jy opreg soek. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Die Here verhoor jou gebede


Teks: “As julle die Here julle God dáár aanroep, sal Hy julle gebed verhoor as julle Hom nader in onverdeelde trou” (Deut. 4:29)

  • Die Here het belowe om jou gebede te verhoor. Bid tot Hom met ’n opregte hart (Matt. 6:6).
  • Die Almagtige Drie-enige God het lankal antwoorde vir elke uitdaging van jou – Hy wag dat jy vra.
  • Soek slegs hulp by die Here en hou jou oë oop vir die uitkomste wat Hy gee.
  • Bid met geloof, vertroue en verwagting – Hy wat beloof het, is getrou om te antwoord en te gee.
  • Word nou rustig. God maak alle toe deure vir jou oop.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U my gebede verhoor.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 9 Oktober 2025

Dagstukkies April

9 Oktober

My wens is dat jy nie die oorsaak sal wees dat ander mense foute maak nie. Hier is ’n Woord van God net vir jou.

Tema: Moenie ander laat struikel nie


Teks: “Deur julle toedoen het die Here vir my kwaad geword en dit met ’n eed bevestig dat ek nie deur die Jordaan sou gaan nie…” (Deut. 4:21)

  • Soms maak mense jou so kwaad dat jy self sonde doen – ons optrede beïnvloed ander.
  • Jou lewe, woorde en dade het ’n ingrypende invloed op die mense rondom jou.
  • Maak seker jy stap agter die Here aan sodat jy nie die oorsaak is dat ander mense skade kry nie (Matt. 5:29–30).
  • Bou ander mense op. Wees ’n positiewe invloed in die samelewing.

Gebed

Liewe Vader, gee my wysheid om ander mense eerder op te bou.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 8 Oktober 2025

Dagstukkies April

8 Oktober

My wens en gebed is dat jy vandag goeie raad sal ontvang en ook wysheid met ander sal deel. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Wees ’n wyse adviseur


Teks: “Gee vir Josua sy opdragte, praat hom moed in en gee hom raad…” (Deut. 3:28c)

  • God se wysheid kom dikwels na ons deur ervare gelowiges wat gewillig is om te deel.
  • Wees nederig genoeg om te luister na raad van mense wat al ver op die geloofspad geloop het.
  • Jou eie ervaring – beide suksesse en mislukkings – kan kosbare lesse vir ander wees.
  • Goeie advies op die regte tyd gegee, kan iemand help om groot foute te vermy.
  • Goeie advies op die regte tyd gegee, kan iemand help om groot foute reg te maak.
  • Geniet God se wysheid! Leef tevrede!

Gebed

Liewe Vader, maak my hart oop om U wysheid te ontvang en dit met ander te deel.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.