10 Maart
Liewe Vriend
Mag jy die uitkoms wat onverwags kom, raaksien en dit met oop arms aangryp. Hier is God se Woord vir jou.
Tema: Die uitkoms is daar – sien dit raak.
Teks: “Here my God, as ek dinge gedoen het wat nie in U oë reg is nie, wys dit vir my!”(Ps. 7:4 – Die Boodskap)
- Die Here God stuur soms oplossings op onverwagte maniere – wees oop en verwag dit.
- God wil jou nie net help nie – Hy wil ook jou oë oopmaak sodat jy self jou deel kan doen.
- Wees eerlik voor God oor jou eie aandeel in jou probleme – so maak jy ruimte vir Sy hulp en groei.
- Sien raak hoe God reeds besig is om dinge reg te maak, al is dit nie altyd sigbaar nie.
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U uitkoms vir my beplan as dit moeilik gaan. Help my om eerlik voor U te staan en U uitkoms raak te sien.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


